Juffrou gesleep: Bakkiebestuurder opgespoor, lê teensaak

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Die bestuurder van die bakkie wat glo betrokke was by die voorval waar Suzanne Leyden, die 36-jarige ma en onderwyseres van Randburg, Donderdagoggend etlike meter ver in Sandton, Johannesburg saamgesleep is, is opgespoor.

Sersant Lloyd Ramovha, polisiewoordvoerder van die Parkview-polisiestasie waar die saak ondersoek word, het Maandag aan Maroela Media gesê die 48-jarige man het Donderdag by die polisie aangemeld waar hy ʼn teensaak van padwoede teen Leyden aanhangig gemaak het.

“Die polisie kan bevestig dat ʼn ongeluk en ‘n padwoedesaak ondersoek word,” het Ramovha gesê.

Volgens hom moet die polisie nog Leyden se amptelike verklaring ontvang, en hulle moet wag totdat sy in staat is om dit te kan doen. Sy is egter nog in ʼn geinduseerde koma in die hospitaal.

“Die ondersoek duur nog voort. Die polisie versoek enigiemand wat die voorval gesien het, maar nog nie ‘n verklaring afgelê het nie, om die polisie by 011 486 5000 te skakel. Hoe meer inligting ons het, hoe beter is dit,” het Ramovha bygevoeg.

Hy het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die man verskaf sy volle samewerking aan die polisie en word nie as ʼn vlugrisiko beskou nie.

Maroela Media het vroeër berig Leyden het ʼn ernstige breinbesering opgedoen en word tans onder verdowing en aan gekoppel ʼn ventilator in die hoësorgeenheid van die Millpark-hospitaal gehou om seker te maak dat die swelsel op haar brein en bloeding op haar brein sak.

“Wanneer ʼn mens aan haar raak, beweeg haar bene bietjie,” het Marlize Leyden, Suzanne se sussie, Maandag aan Maroela Media gesê. “Sy wys ook reaksie as ons met haar praat, en haar seuntjie se naam noem. Ons dink dit gaan onder omstandighede goed met haar.”

Daar moet nog toetse op Leyden gedoen word om te bepaal wanneer haar dokters haar gaan begin bybring.

Leyden, ʼn Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was Donderdagoggend op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 glo in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê ʼn ooggetuie wat langs die pad gestaan het, het gesien hoe ʼn wit man in ʼn wit bakkie (ʼn Hilux of ʼn Isuzu) glo Leyden se wit Audi A4 van agter tref. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het na bewering begin wegry en Suzanne saamgesleep.

Suzanne het ʼn vyfjarige seuntjie, Armand.

Lees die vorige berigte oor die voorval hier. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Marietjie ·

Mnr. in jou Wit bakkie – jy het ten minste die ruggraat gehad om jouself by die Polisie aan te meld, maar met ‘n padwoede klagte in verweer teen ‘n vrou in ‘n koma (let wet wat jou toedoen was). Jy moes darem seker ‘n verskoning hê vir jou patetiese gedrag. Wonder by wie lê die padwoede probleem eintlik?

Leilani Zietsman ·

Jy is n opperse barbaar meneer. Ek verstom my aan jou reaksie, wat ñ geringe ongelukkie was het nou ontaard in n vieslike tameletjie vir jou en baie seer vir haar gesin

anet ·

As ek die padreels reg verstaan, mag jy nie ‘n ongelukstoneel verlaat as daar ‘n persoon beseer is tot en met die polisie by die toneel opgedaag het nie.

Jana Ferreira ·

Jy mag enige situasie verlaat waar jy bedreig word. En sy was toe nog nie beseer nie. Snaaks hoe alles altyd 2 kante het!

Zan3 ·

Bedreig word deur ‘n vrou??? Sjoe moes seker ‘n baie klein en bang MAN gewees het

Koos Venter ·

Soos ek dit nou verstaan volgens jou kommentaar, mag jy dan maar ‘n vrou se lewe in gevaar stel of moontlik neem as ‘n man bedreig voel.

Ijani ·

Nee dit is glad nie snaaks nie en alles het nie altyd twee kante nie. Hierdie is niks anders as ‘n geval van lafhartigheid en doelbewuste gemeenheid nie. As jy dit nie kan insien nie verdien jy so ‘n man.

Leana ·

As hy die situasie verlaat het sonder om haar te beseer, was dit nie’n probleem nie.
Hoekom het hy nie dadelik gestop toe hy sien sy sleep langs die bakkie nie?
Sy is’ n klein mensie, watse bedreiging hou sy vir’n man in’n bakkie in?

Sollie ·

@Jana . pffft ‘seblief man! As hy dan haar wou aankla hoekom het y nie DADELIK polisie toe gegaan nie? Nee natuurlik het die skobbejak gedink hy gaan wegkom hiermee! En dit verskoon steeds nie wat hy aan haar gedoen het nie.

Marietjie ·

Jana Ferreira – ‘n 48 jarige man wat bedreig voel deur ‘n vrou? Shame!

Alida Müller ·

Jana lyk my jy is familie van die bakkiebestuurder of hoe?? Hoekom kom jy met so ‘n patetiese antwoord?? Asof jy hom wil beskerm?? Hy het haar gesleep. Haar arm VASGEHOU!!! LW. VASGEHOU EN HAAR GESLEEP,,,,,,,,,

Nina ·

Weet julle, Jana het ‘n punt beet. Sover ek uit vorige berigte verstaan het, het dit wel voorgekom asof die dame die aggressor was (arm deur venster om sleutels af te neem ens.) Dit maak dit nie reg dat die man haar gesleep het nie! Maar weereens weet NIEMAND hier wat werklik gebeur het nie, so hoekom vir Jana aanval?

En Alida, kan jy asb die link plaas na die berig wat noem dat sy VASGEHOU is. Ek het dit glad nie raakgelees nie.

Julle moet dalk ook in ag neem; nie almal hanteer konfrontasies op dieselfde manier, ongeag of dit man of vrou is.

Delia ·

Nina, ek het wel gelees dat die man haar arm vasgehou het, dit uiteindelik gelos het en stadiger gery het om te kyk wat met haar gebeur nadat hy haar gelos het….weet nie of dit op News24 was nie, maar dit was glo wat ‘n toeskouer gesien het.
Ek wonder of die bakkie se bestuurder werlik ‘n MAN is….bang vir ‘n vrou!

Elfie ·

Nina, dit gee hom NIE die reg om op te tree soos hy het nie. En hoekom het hy so lank geneem voordat hy erken het hy was betrokke??? Klink nie so onskuldig vir MY nie!

Nina ·

Elfie, soos ek reeds gesê het, dit maak dit nie reg nie. Ek dink net die dame kon dalk die situasie ook anders hanteer het, ipv fisies te raak. Ons almal weet hoe maklik dinge handuit ruk. Neem ‘n foto van die voertuig, registrasie nr. Blote idees. Wie sal weet hoekom die man so opgetree het? Dalk skok. Mense doen snaakse dinge.

Delia, miskien sodat hy regshulp kon kry, siende alle skuld reeds net op hom geplaas is? Ek weet darem uit eie ervaring dat nie net mans aggresief op die pad is nie! Ek het self al op die ‘highway’ by ‘n ongelukstoneel uit my kar geklim en ‘n trokbestuurder aangevat uit blinde woede! Dom, maar dit gebeur! :)

Sollie ·

Dave – hy is gerapporteer agv van sy ondeurdagte en vieslike kommentaar en is verwyder

Skaap ·

Ek wil nou nie snaaks wees of iets nie, maar ek sal dit ook nou nie waardeer as ‘n wild vreemde persoon sy/haar arm in my motor steek om die sleutel af te neem nie… Sê maar net.

Leeutjie ·

Ek was ook ‘n slagoffer van padwoede waar ‘n persoon in my kar geklim het om my selfoon te gryp nadat ek vals beskuldig is dat ek my foon gebruik het terwyl ek bestuur het. Ek se ook maar net…. voel jammer vir haar en as sy net sy nommer afgeneem het sou dinge baie anders gewees het! Ek dink ons almal was al in ‘n situasie waar ‘n mens doen voor jy dink!

Dave ·

Ruggraat Marietjie? Ruggraat? Ek dink hy het bloot na die polisie gegaan omdat hy geweet het hulle soek hom en waarmee hy ry.

netta ·

Ons word gereeld geboelie deur sulke mense, dat ek partykeer anderkant toe kyk.

Riaan Slabbert ·

Om watter rede sou sy die sleutel wou afneem, my skapie? Dalk omdat die gemors duidelik van plan was om weg te ry….????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.