Juffrou gesleep: Man in hof

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie waarmee Suzanne Leyden glo etlike meter ver in Sandton, Johannesburg gesleep is, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

Schoeman het in November in die Hillbrow-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur asook tref-en-trap. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Ledyen (36), ʼn Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was op 20 November op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het destyds aan Maroela Media gesê ʼn ooggetuie wat langs die pad gestaan het, het gesien hoe ʼn wit man in ʼn wit bakkie (ʼn Hilux of ʼn Isuzu) glo Leyden se wit Audi A4 van agter tref. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het na bewering begin wegry en Suzanne saamgesleep.

Schoeman is kort daarna deur die ondersoekbeampte versoek om homself aan die polisie oor te gee nadat nog ooggetuies se verklarings geneem is. Schoeman het ʼn teensaak van padwoede en intimidasie teen Leyden aanhangig gemaak het.

Leyden het tydens die voorval ʼn ernstige breinbesering opgedoen. Sy was vir ʼn week en ʼn half lank in ʼn geïnduseerde koma en is in Desember uit die hospitaal ontslaan. Die spiere aan die linkerkant van haar gesig is verlam, wat tot gevolg het dat sy sukkel om te praat en nie behoorlik kan eet nie. Sy moet steeds fisio- en spraakterapie ondergaan.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Realis ·

Schoeman – as ‘n man wil ek vir jou se hoe pateties en siek hierdie optrede van jou was teenoor ‘n vrou!! Ek sou my kop in skaamte laat sak. As dit my vrou was sou dinge baie anders verloop het vir jou. Mag daar “justice” wees vir Suzanne!!

Bruno Stef ·

My opinie het albei van die betrokkenes ewe veel skuld. Die dame kon net die registrasie op die nommerplaat afgeneem het en nie volgens die Amerikaanse Polisie Styl die sleutel probeer verwyder het nie. Ek kan glo dat daar padwoede aan beide kante was maar as dit my vrou was sou ek haar skuldig of onskuldig baie kwalik geneem het om so onverantwoordelik op te tree. Ek wil nie veralgemeen nie maar sommige groter voertuie probeer ander padgebruikers intimideer deurdat hulle jou letterlik van alle kante af probeer afdruk en jou vingertekens gee as jy nie dadelik reageer nie

Henry ·

Stem saam.
In hierdie geval moes die vrou liewer niks gesê het nie.
Eerder met ‘n mond vol tande vasgebyt het, die ou se registrasienommer aanteken en die pad gevat het.
:-)

pop ·

Bruno, ek stem saam. Sy is self verantwoordelik vir haar beserings. het sy in haar motor gebly het sy niks oorgekom nie. Maar nou het sy erg seergekry en almal se simpatie is by haar.

Realis ·

Bruno en Pop – swak redenasie…. As iemand in jou vasry moet jy uitklim om 1. foto’s van die ongeluk te neem 2. details met die ander persoon te wissel. As die Schoeman vent “gevlug” het agv padwoede voel ek baie jammer vir hom dat ‘n fyngeboude vrou soos Suzanne hom kon skade aandoen….. En rerig, wanneer jy bo-oor iemand ry is die regte ding om te doen om te stop en te kyk of die person ok is…. Om te se sy is verantwoordelik vir haar beserings is absoluut belaglik. Liewe hel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.