Juffrou gesleep: Suzanne na gewone saal oorgeplaas

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden (36), wat op 20 November etlike meter ver in Sandton, Johannesburg deur ‘n bakkie saamgesleep is, is na ‘n gewone saal van die neurochirurgiese eenheid oorgeplaas.

“Daar is beslis skade, maar nou gaan net tyd kan sê hoe ernstig en hoe permanent haar beserings is,” het Marlize Leyden, haar suster, gesê. “In die afgelope drie weke het ek besef dat engele in verskillende gedaantes kom.”

Maroela Media het vroeër berig Suzanne (36) het ‘n ernstige breinbesering opgedoen en is in die Milpark-hospitaal onder verdowing gehou om seker te maak dat die swelsel en bloeding op haar brein sak. Sy was vir ‘n week lank in ‘n geïnduseerde koma.

Leyden, ‘n Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton was op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing met ‘n bakkie betrokke was. Toe sy glo die man nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het hulle begin stry en sy het glo haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het na bewering begin wegry en Suzanne saamgesleep.

Deon Schoeman (48), die bestuurder van die betrokke bakkie, het op 25 November in verband met die voorval in die Hillbrow-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur asook tref-en-trap. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op 22 Januarie volgende jaar in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Suzanne Leyden op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anet ·

Suzanne, ek is so bly dat dit beter met jou gaan en dat jy oorgeplaas is na die gewone saal.
Ons bid vir jou, en weet dat God jou sal dra waar jy nie kan loop nie.

Ek hoop dat die Reg sy pad sal loop met die roekelose en nalatige bestuur(tref-en-trap). Dankie ook aan Marlize wat ons op hoogte hou met die vordering van Suzanne. Jy is ‘n sussie duisend !. Sterkte aan die familie, asook drukkies en soentjies vir Suzanne se seuntjie

Eben ·

Suné van Heerden hoekom word my kommetaar verwyder? Kom vertel ons!!

Al wat ek gesê het dat ek Suzanne beterskap toewens en dat ek wonder hoe voel Deon Schoeman wat hom soos n vark gedra het oor haar beserings? Wat is my sonde hoekom word my kommetaar verwyder.

Sune van Heerden ·

Dagsê Eben,

Die persoon wat die bakkie bestuur het, is nog nie in enige hof skuldig bevind aan enige misdaad nie. Die kommentaar wat jy gelewer het stel ons as Maroela Media en jou as individu bloot aan moontlike regstappe.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.