Juffrou gesleep: Suzanne uit koma

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden se dokters het haar Saterdag uit haar geïnduseerde koma begin wakker maak, en sy het Maandag selfs ʼn entjie geloop.

Suzanne was sedert 20 November in die koma nadat sy vroeër die dag etlike meter ver in Sandton, Johannesburg deur ʼn bakkie saamgesleep is.

Haar sussie, Marlize Leyden, het Maandag aan Maroela Media gesê die dokters is tevrede met haar vordering tot dusver. “Sy verstaan wat ʼn mens vir haar sê, maar sy sukkel om te sluk en te praat, en wil net ontslae raak van al die pype,” het Marlize gesê. “Die linkerkant van haar gesig is tans verlam weens die breinswelling, en sy is nog bietjie deurmekaar, maar sy vorder goed.”

Marlize het gesê as sy die liedjie speel wat haar seuntjie Armand (5) vir haar opgeneem het, sing sy saam en sê sy “mis haar lyfie”.

“Armand mis sy mamma baie erg. Kinders word nie in die hospitaal se waakeenheid toegelaat nie,” het Marlize verduidelik. “Hy het haar 11 dae gelede gesien en was nog nooit so lank sonder haar nie. Hy het vandag by die skool gehuil van al die verlange.”

Maroela Media het vroeër berig Suzanne (36) het ʼn ernstige breinbesering opgedoen en is in die Milpark-hospitaal onder verdowing gehou om seker te maak dat die swelsel op haar brein en bloeding op haar brein sak.

Leyden, ʼn Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was op 20 November op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was. ʼn Ooggetuie wat langs die pad gestaan het, het gesien hoe ʼn wit man in ʼn wit bakkie glo Leyden se wit Audi A4 van agter tref. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het na bewering begin wegry en Suzanne saamgesleep.

Deon Schoeman (48), die bestuurder van die betrokke bakkie, het op 25 November in verband met die voorval in die Hillbrow-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur asook tref-en-trap. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op 22 Januarie volgende jaar in die hof verskyn.

Lees die vorige berigte oor Suzanne Leyden hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nadine ·

Dit is mos nou goeie nuus. Steeds baie sterkte aan elkeen van julle, spesiaal haar seuntjie. Mag jy spoedig heeltemal gesond wees.

anet ·

Baie dankie vir die terugvoer Maroela. Ek is so bly dat dit nou goed gaan met Suzanne , en moontlik kan sy dalk Kersfees saam met haar seuntjie wees. Ek bid vir jou Suzanne, en hoop elke treetjie wat jy daagliks gee,jou nader sal bring aan jou volledige herstel.

Marlize dankie dat jy so mooi na jou sussie kyk, en so ook na haar seuntjie, dit is vir ons wonderlik om te hoor as ‘n familie so mooi na mekaar omsien

Sterkte aan al die familie !

Theresa ·

Dis wonderlike nuus. Glo en vertrou dat sy heeltemal sal herstel. Gee maar ekstra liefde en aandag aan haar seuntjie. Hulle verstaan nie alles nie en dit is moeilik. Hopelik kan sy gou uitgeskyf word na ‘n gewone saal en kan hy haar sien en lekker styf by sy mamma op die bed lê. Sterkte vir julle as familie.

elli meyer ·

Dit is werklik ‘n wonderwerk dat Suzanne uit die koma is, maar hartseer oor haar seuntie wat so vreeslik verlang. Haar lewe kan nou weer op dreef kom na die nagmerrie en volle aandag skenk aan al haar geliefdes. Byt vas Susanne,jy is amper daar

zenta van heerden ·

Marelize. Wanneer Suzanne haar gebede kan hoor. Bid asb vir haar…dat sy my moet onthou. MSW en hul dagbesture. God het toegelaat dat dinge gebeur en my toe na jul gestuur vir gesond word. Ek bly nou ver in d Kaap. Maar as daar die geringste is wat ek en my kinders vir jou beteken. Van aansterk tot klankbord. Weet ons word nou heeltyd opnuut herinner hoe absoluut ALMAGTIG God is. Ons bid vir pragtige Armand, want hy gaan nou vir ewig jou beskermengel wees. Stuur asb kontak/korrespondensie na [email protected] Baie dankie. Zen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.