Suzanne Leyden, die 36-jarige ma en onderwyseres van Randburg, wat Donderdagoggend etlike meter ver in Sandton, Johannesburg deur ʼn bakkie saamgesleep is, reageer op aanraking.
Leyden het ʼn ernstige breinbesering opgedoen en word tans onder verdowing gehou om seker te maak dat die swelsel op haar brein en bloeding op haar brein sak.
“Toe my oom Donderdagaand vir haar gebid het, en hy haar hand vashou, het sy met haar ander hand na my tannie sʼn gesoek,” het Marlize Leyden, Suzanne se sussie, gesê. “Wanneer ʼn mens aan haar raak, beweeg haar bene bietjie.”
Suzanne is steeds aan ʼn ventilator gekoppel, maar sy toon glo definitief reaksie. Marlize het Saterdag bevestig dat Suzanne die naweek onder ʼn dieper verdowing gehou gaan word om seker te maak dat haar brein so kalm as moontlik gehou word, aangesien dit die enigste manier is dat die swelling gaan sak.
Leyden, ʼn Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was Donderdagoggend op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê ʼn ooggetuie wat langs die pad gestaan het, het gesien hoe ʼn wit man in ʼn wit bakkie (ʼn Hilux of ʼn Isuzu) Leyden se wit Audi A4 van agter tref. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het begin wegry en Suzanne saamgesleep.
Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
ʼn Ondersteuningsgroep is intussen op Facebook vir Suzanne gestig. Klik hier om by die groep aan te sluit.
Suzanne het ʼn vyfjarige seuntjie, Armand.
Klik hier om alle vorige berigte oor Suzanne Leyden te lees.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Ek hoop en bid dat sy volkome herstel…as ek daai man is gee ek my liewer oor! Kry gaan hulle vir hom kry… So n gevoellose iets!!!
Wat word van ons mensdom..alle sterke word die familie toegebid..
Sterkte ons bid vir haar spoedige herstel. Mag die gereg Sy gang gaan
Jip, ek en my pa het besluit ons konsentreer nou op Suzanne en Armand, haar seuntjie. Ons kan nie nou energie mors deur polisie-polisie te speel nie. Die gereg moet dus sy gang gaan.
Jip, ek en my pa het besluit ons konsentreer nou op Suzanne en Armand, haar seuntjie. Ons kan nie nou energie mors deur polisie-polisie te speel nie. Die gereg moet dus sy gang gaan.