Juffrou gesleep: Verdagte weer in hof

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie waarmee Suzanne Leyden glo etlike meter ver in Sandton, Johannesburg gesleep is, sal na verwagting Vrydag weer in die hof verskyn.

Schoeman het op 22 Januarie vlugtig in die Hillbrow-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur asook tref-en-trap. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Hy het in November vir die eerste keer in die hof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Leyden (36), ʼn Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was op 20 November op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het destyds aan Maroela Media gesê ʼn ooggetuie wat langs die pad gestaan het, het gesien hoe ʼn wit man in ʼn wit bakkie (ʼn Hilux of ʼn Isuzu) glo Leyden se wit Audi A4 van agter tref. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het na bewering begin wegry en Leyden saamgesleep.

Schoeman is kort daarna deur die ondersoekbeampte versoek om homself aan die polisie oor te gee nadat nog ooggetuies se verklarings geneem is. Schoeman het ʼn teensaak van padwoede en intimidasie teen Leyden aanhangig gemaak.

Leyden het tydens die voorval ʼn ernstige breinbesering opgedoen. Sy was vir ʼn week en ʼn half lank in ʼn geïnduseerde koma en is in Desember uit die hospitaal ontslaan. Die spiere aan die linkerkant van haar gesig is verlam, wat tot gevolg het dat sy sukkel om te praat en nie behoorlik kan eet nie. Sy moet steeds fisio- en spraakterapie ondergaan.

Lees die vorige berigte oor Suzanne Leyden hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bruno Stef ·

Etlike meters kan seker enige iets beteken.Ek hoop net dat die dame nie weer RAMBO of AMERIKAANSE verkeerspolisie probeer speel deur die sleutels te probeer gryp as die ander motor al beweeg nie.Ek sien ook nie n strale kransie bokant haar kop nie maar vermoed sy het ook maar die pap lekker dik aangemaak met die padwoede sy kon net die nommer geneem het en n klag by die polisie gele het.Dit was alles so onnodig albei partye het onverantwoordelik opgetree.

Tammy ·

Ek volg hierdie berig noukeurig. Mag Mnr Schoeman sy lisensie verloor en nooit toegelaat word om n wapen te besit of enige iets wat ander mense kan seer maak nie. Sy ego het met hom weg gehardloop, daai “ek sal jou wys” houding. As iemand jou kar stamp is jy mos kwaad of kry ons karre verniet. Nee wat hy het droog gemaak en moet lekker vet gestraf word. Hy voorspel niks goed nie!!!!!

Tammy ·

Ja Elize, uitstekend gedink….ons soek sy foto om te sien hoe hy lyk. Ek dink …so n dik vet man met n boepens en wange wat hang, want die meeste van die onbeskofte bestuurders met die groot bakkies lyk so. Die res wat anders lyk is dun gesaai. Ha-Ha

ladybug ·

slapgat! om n saak teen die vrou te maak! Hoe het sy hom aangerand terwyl hy in sy bakkie sit? Hy lieg! Wys ons hoe lyk hy! Trash!

Behandel seker sy vrou ook soos ‘n brak!

Marlize Leyden ·

Liewe Bruno Stef. Woorde kan doodmaak. Ek sit hier en ek huil oor die veroordelings wat mense soos jy van die kantlyn af maak. Van wanneer af is dit verkeerd om na n ongeluk uit te klim en iemand se besonderhede te neem? Dis wat mens doen. My pa het ons so geleer. Hys n makelaar. Sy kon nie n foto neem nie. Haar foon se datakaart was vol. Die kar was haar vriendin s’n en n maand vantevore het n ander persoon in die kar vasgery en weggery. Versekering kon nie geëis word nie. Jy sien, liewe Bruno Stef, wat dink hy kan woorde soos “stralekransie” links en regs rondgooi, daar is altyd konteks en stories agter stories, waarvan jy nie weet nie. Die manier waarop sy gesleep is, is ondenkbaar en grusaam. Iets wat hopelik in die hof sal uitkom. As jy vandag kon sien hoe daardie man met absolute haat en arrogansie aangekyk het … Suzanne se hart het daardie dag 3 keer gaan staan. Sy kan nie sien nie, nie hoor nie, kos smaak vir haar na niks. Haar seuntjie het skeidingsangs, sy het nie n inkomste nie en ek het baie geld verloor. Ek bid dat sy nie jou opmerking sien nie, want waaragtig, sy het nie nog seer nodig nie.

charles ·

Ja nee die pad is vol van hulle die wet moet n voorbeeld maak van sulke slapgatte maar bygese party vrouens is net so ongeskik op die paaie vra my

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.