Juffrou gesleep: Versoek dat saak weer bekyk word

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Deon Schoeman (48) wat tereg staan op aanklag van poging tot moord nadat hy Suzanne Leyden etlike meters ver met sy bakkie gesleep het, se prokureurs het versoek dat die hof weer die meriete van die saak moet ondersoek.

Leyden het aan Maroela Media bevestig Schoeman het Dinsdag weer in die Johannesburgse streekshof verskyn.

Indien Schoeman suksesvol is in sy aansoek, kan die saak moontlik teruggetrek word. Die hof moet bepaal of die staat voldoende bewyse het om hom te vervolg.

Die saak is uitgestel tot volgende week Woensdag.

Leyden sukkel nog steeds met haar gesondheid. “Ek was intussen weer by die oogkundige,” het sy verduidelik. “My linkeroog was voor die voorval bysiende, maar nou is ek versiende. Ek moet ʼn nuwe leesbril en sonbril kry.”

Sy het gesê sy sukkel ook met haar gehoor in haar linkeroor. “Meeste van die beserings is aan die linkerkant van my lyf.” Volgens Leyden, ʼn Afrikaans-onderwyseres aan die Sandown High School in Johannesburg, het sy onlangs ook baie gesukkel toe die leerlinge ʼn mondelinge eksamen moes aflê. “Ek kon glad nie hoor nie. Hulle moes reg voor my staan en ek moes soos ʼn ou mens bakhand om my oor sit en luister.”

Sy sukkel ook om selfs op die swartbord te skryf met die hand wat in die motor vasgeknyp is. Sy het ook nog gereeld terugflitse van die voorval.

Ondanks die beserings gaan dit goed met haar. “Ek sê vir die kinders hulle moet, elke keer wanneer hulle my sien, besef God leef.”

Schoeman en Leyden was op 20 November 2014 omstreeks 07:00 in ʼn ligte botsing betrokke. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Hy het na bewering begin wegry en Leyden saamgesleep.

Lees alle vorige berigte oor Suzanne Leyden op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Ons vra om verskoning vir die groot flater! Dit moet lees “poging tot moord”. Ons bring dadelik die wysiging aan.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

suzanne leyden ·

Ek was langs sy motor want wetgewing vereis dat alle betrokke partye moet stilhou en inligting uitruil. Ek het wette gevolg. Hy was n vark wat my gevloek het dat ek n vrou is. Ek stem saam. Nie eem van julle wat so vinnig oordeel was nie self daar nie. Julle weet niks van als wat vooraf gebeur het. Ek weeg 60kg en is 1,65m lank. Hoe kon ek hom bangmaak of tot skok laat ly?

Hennie ·

Cum Laude howmaak jy die gevolgtrekking, sy het probeer dat hy nie weg ry nie en hy het haar saam ggespeel en haar ernstig beseer. Hy kom ook vir ‘n rede probeer weg ry het onbekend aan haar.

B ·

In so geval loop mens maar altyd weg….kyk waar het haar wil om hom daar te hou haar gekry. Dit is sleg dat sy die beseering op gedoen het maar so moet elkeen daarvan leer. Somtyds moet jy wegstap al wil jy probeer reg wees, vat die persoon se kar reg en neem dalk video en fotos. Maak seker jy kry ooggetuies se kontak besonderhede. Hy het ook 10 teen 1 aan skok geluie en moontlik sy ook….skok laat mens stupid goed doen.

Andre ·

Hy klink vir my na die tipiese rugraatlose man wat nie sy man kan staan ..nie eens teenoor n vrou nie. Genade, die gewone man sou daar bly staan het en gedoen het wat nodig was.

Peet Schabort ·

Paplepel, wat van ‘n vervalste reg.nommer? Sy lyk ook maar tenger om ‘n man aan te val of sy voertuig se sleutels te vat. In ieder geval mag jy nie van ‘n ongelukstoneel sommer net wegry. Glo nie sy lewe was in gevaar om dit te doen.

Gina ·

Dis nou n rugraatlose man wat haar nie eers om die ongeluks toneel kon face nie. Nee hy moes haar eers vermink, nou in die hof wil hul die saak terug trek???Patetiese regter wat so iets sal doen. So agresiewe vark hoort agter slot en grendel. Mense wat so kwaad raak is n gevaar vir die samelewing, en dan sy prokureur kan hy nie met die vrou skik nie? Nee jy kry deesdae net n prokureur as hy vir jou moet lieg in die hof. Dis mos waarvoor prokureurs daar is. Maar mense moet net weet met die regstelsel kan jy wegkom, maar voor GOD sal jy nie wegkom nie.

Mary-Ann ·

Weet julle kan se dat Suzanne nie die sleutels moes uitrek nie. Maar jammer. Daardie man het nie eers die ordentlikheid gehad om uit sy voertuig te klim nie. As ek dit nie verkeerd het nie is daar ook voorheen berig dat hy in die dame vasgery het. Altwee het dalk verkeerd opgetree maar die man is verseker in my opinie meer verkeerd. Hy wou in die eerste plek nie verantwoordelikheid aanvaar nie en die feit dat hy net weggery het en homself eers n dag of twee later gaan aangee het is tel definitief teen hom. Hy het homself net gaan aangee omdat die net al nouer begin span het.

Marlize Leyden ·

1. Die ander voertuig was so naby dat sy nie die registrasienommer kon sien nie.
2. Haar selfoon se memory kaart was stukkend. Sy kon nie n foto neem nie.

Konteks, konteks, konteks! Dis hoekom daar n hofsaak moet wees sodat almal se kante van die storie gehoor kan word.

Knersus D ·

Dis verregaande – Shoeman was die oorsaak van die ongeluk in die eerste plek. En hy het gepoog om die toneel verlaat voordat sy besonderhede geneem was. Verder het hy haar arm vasgehou terwyl hy weg gery het.

Dus Paplepel – (stirrer!) tensy jou van Schoeman is, maak jy jou naam bollie!

Marietjie ·

Pop – jou kommentaar is onvanpas en ek voel eintlik jammer vir jou. Daar is 3 kante aan ‘n storie – syne, hare en die waarheid. Paplepel – wat as ‘n nommerplaat vervals is en die eienaar kan nie opgespoor word nie? Ek aanvaar jy is ‘n man….”sy het mos daarvoor gesoek” en “sou presies dieselfde gedoen het”. Sê nie veel van jou nie….

Clyvia ·

Ai POP en dit is onvanpas dat jy sommer net besluit dat sy glad nie so onskuldig is nie. Was jy daar??? Sjoe wonder wat jy sou gedoen het as so iets met jou moes gebeur??? As hy dan regtig gevoel het sy lewe is in gevaar, hoekom haar arm vashou as hy wil wegry? Sal jy nie so gou moontlik wil wegkom van haar af nie??? Hoekom haar saamsleep???

suzanne leyden ·

Dalk was die foon in haar handsak en nie in haar hand nie. Dalk kon haar foon a.g.v. die feit dat die geheuekaart uitgehaal is, nie fotos neem nie. Hoe moes sy die registrasienommer afskryf as sy nie pen en papier in haar onmiddelike omgewing gehad het nie. Dalk moet almal minder oordeel tot die volle waarheid uitkom

suzanne leyden ·

Haar slaan. N vroueslaner. In engels sê hulle: it takes one to know one. N vroueslaner

suzanne leyden ·

Dalk was haar foon nie by haad nie. Dalk kon sy nie fotos neem nie. Dalk het sy nie met pen en papier op haar skoot rondgery nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.