Juffrou in hof wat glo skolier skop

Foto: ANA

ʼn 55-jarige onderwyseres, wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn skolier aangerand het, sal na verwagting Vrydag in die Bafokeng-landdroshof in Noordwes verskyn.

Die juffrou het na bewering ʼn negejarige seun met ʼn hoëhakskoen op sy knie geskop. Die seun het ʼn besering aan sy knie opgedoen.

Sy is vroeër op ʼn waarskuwing vrygelaat en die saak is tot 5 Julie uitgestel, sodat die staat getuies kan ondervra en die verdediging hul saak kan voorberei.

Sy is die tweede onderwyseres van dieselfde skool in Tlhabane naby Rustenburg om op aanklag van aanranding, met die doel om ernstig te beseer, in ʼn hof te verskyn. Haar 53-jarige kollega het op 3 Julie in die hof verskyn ná ʼn 10-jarige meisie glo met ʼn besem geslaan is toe sy in die reën gespeel het. Die meisie se hand het opgeswel. Dié onderwyseres se saak is tot 23 Julie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Wonder of die juffrou dalk uit selfverdediging opgetree het? Dit gaan deesdae maar rof in die skole…

BlinkStephaans ·

Kom kom lesoefi… ons wag vir jou twitter bohaai… het jy gesien dis die tweede geval by dieselfde skool? Kan ons jou môre oggend op die skool se verhoog verwag saam met jou kabaal opskoppers?… of is hierdie gedrag nou heeltemal aanvaarbaar vir jou?

Onnie ·

BlinkStephaans, Lesufi is die LUR van Onderwys in Gauteng… Rustenburg val onder Noord Wes, so nee, Lesufi sal nie ‘n bohaai opskop nie, want dit is nie sy plek of provinsie nie.

Magda ·

Ek se nie die onderwysers is onskuldig nie, maar ouers deesdae dink dit is hulle plig om ongemanierde kinders maniere te leer. Dit is n ouerlike plig, en ja kom ons wag om te hoor wat die rede was vir die skop en slaan. Maar my opnie is, die onderwysers is nie altyd skuldig nie, en word gedryf tot n punt. As hulel skuldig is, moet hulel van die skoolrol geskraap word want dan is hulle nie n onderwyser se agterend werd nie. Sterkte aan albei, onderwysers / kinders. Wag om te hoor wat regtig gebeur het.

Penelope ·

Waar ‘n rokie trek, moet ‘n vuurtjie brand…. Mens wonder dadelik of die kind nie die onderwyser uitgetart het nie. Vandag se leerlinge kom met moord weg. Die onderwysers het beskerming nodig. Maar ja, ons wag geduldig vir die uitslae…

tw ·

@Onnie
Schweizer Reneke is ook nie in Gauteng nie, en dit het hom nie gekeer met sy ongevraagte ingmengery nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.