Juffrou kritiek ná voertuig haar sleep

Suzanne Leyden. Foto's: Verskaf.

Suzanne Leyden. Foto’s: Verskaf.

Suzanne Leyden, ʼn 36-jarige ma en onderwyseres van Randburg, is in ʼn kritieke toestand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg nadat sy Donderdagoggend deur ʼn motor gesleep is.

Marlize Leyden, Suzanne se suster, het aan Maroela Media gesê sy het kopbeserings opgedoen en het bloeding op die brein. “Sy gaan in ʼn geïnduseerde koma gehou word totdat die bloeding en swelling gesak het,” het Marlize gesê.

Skade aan Leyden se motor wat tydens die geringe botsing opgedoen is.

Skade aan Leyden se motor wat tydens die geringe botsing opgedoen is.

Maroela Media het vroeër berig Leyden, ʼn onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was Donderdagoggend op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was.

Sy het glo uit haar motor geklim om besonderhede met die bestuurder uit te ruil toe laasgenoemde glo probeer wegjaag en Leyden etlike meters ver gesleep het. Die bestuurder van die ander motor het glo van die toneel weggejaag.

Leyden het ʼn vyfjarige seuntjie.

Die Johannesburgse metropolisie was op die toneel en is besig om die voorval te ondersoek. Hulle kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Klik hier vir meer stories oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

amelia ·

Kan raai is nie wit persoon nie Seker weer n taxi en wat daar net weer gese word “sorry” dis mos al wat hul ken Het seker ook nie lisensie nie en sekerlik ook nie sa burger nie Dit is moord maar sal seker in hul oe net mansslag wees

Nina ·

As ek mag vra: Wat op dees aarde gee jou die idee dis nie ‘n Suid Afrikaner nie? Weet jy, dis iets wat so maklik gebruik word: Dit was ‘n Mosambieker/Zim/Lesoto drywer/inbreker/aanvaller. My man het vir ‘n paar jaar in Mz gewerk. Ek en my kinders was daar op vakansie. Nie EEN keer het ons daar onveilig OF onwelkom gevoel nie. My man het ook gereeld in plekke rondgery wat ons hier as ‘lokasies’ sal bestempel, maar daar is dit eintlik maar net normale plekke. Vensters oop, laptop op sitplek, ens. Altyd veilig. Ek en my meisiekinders was elke dag alleen terwyl hy gewerk het, en ons is met die grootste respek behandel. Moenie dat ons Polisie julle flous met die storie van ‘dis buitelanders nie’. TWAK. Ons het daar met handsakke rondgeloop, kameras en dies meer. Iets wat ek nie eens in ons dorpe hier sal doen nie! Hulle voel nie daar ons SKULD hulle iets nie, maar weet ons bring geld in. En oor die algemeen, baie vriendelik, behulpsaam en gaan uit hul pad om mens te help.

Nina ·

Nou ja…as jy nou die opvolg artikel lees, sal jy sien die wetter was WIT.

Gideon Erasmus ·

Amelia, ek kon nie uit die berig agterkom dat die persoon dood is nie! Dit bly natuurlik verskriklik en omrede daar sulke wetteloosheid is in dié land gebeur daar sulke dinge.

Marlize Leyden ·

Hallo almal. Ek is Suzanne se sussie. Kan ek dit sommer nou onmiddellik hier regstel. Ek is moeg vir algemene stereotiperende menings wat gemaak word. Die verdagte is n wit man in n wit bakkie!

Marlize Leyden ·

Hallo almal. Ek is Suzanne se sussie. Kan ek dit sommer nou onmiddellik hier regstel. Ek is moeg vir algemene stereotiperende menings wat gemaak word. Die verdagte is n wit man in n wit bakkie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.