Juffrou lê kinders swye op oor ‘molestering’

Argieffoto

Die verhoor van die veiligheidsbeampte Johannes Molefe wat daarvan beskuldig word dat hy leerders by ʼn skool in Soweto gemolesteer en verkrag het, word Woensdag voortgesit.

Dié 58-jarige word aangekla van die seksuele misbruik van talle leerders tussen die ouderdomme van vyf en 13 jaar aan die AB Xuma Primary School. Hy het die misdrywe glo verlede jaar begaan en staan tereg op drie aanklagte van verkragting en 11 van molestering.

Dinsdag het die hooggeregshofsitting in Palm Ridge getuienis van ʼn 13-jarige meisie in gr. 7 gehoor wat vertel het hoe die beskuldigde aan haar bors gevat en “hallo, liefling” gesê het. Die leerder, wie se naam nie genoem mag word nie, sê ʼn vriendin het haar aangespoor om die voorval by hul onderwyseres aan te meld.

Nadat sy die juffrou daarvan vertel het, het dié al die meisies bymekaargekry – ook die leerders in die grondslagfase – en hulle na bewering daarteen gewaarsku om hul ouers van enige beweerde misbruik te vertel wat die veiligheidsbeampte hulle aangedoen het “omdat die skool die saak sou hanteer”.

Vroeër Dinsdagoggend het ʼn negejarige meisie getuig hoe sy ʼn “ontsteking” opgedoen het nadat die beskuldigde haar betas het. Sy het die skoolhoof, Maria Mthimkhulu, vertel van die ontsteking wat daartoe gelei het dat sy gereeld kamer moes verlaat.

Mthimkhulu het die meisie se ma van die infeksie vertel, maar glo niks gesê van die bewering dat die beskuldigde haar gemolesteer het nie. Die slagoffer se ma het haar na ʼn kliniek geneem.

Die negejarige het getuig tot die hoof haar ma gebel het, was sy te bang om haar ma te vertel dat die beskuldigde haar na bewering in ʼn waghuis by die skool gemolesteer het.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elaine ·

Ek lees en snak elke nou en dan na my asem omdat ek so geskok is. As die onderwysers en die skoolhoof nie eers meer vertrou kan word nie dan sien ek ‘n donker toekoms wat voorlê vir die kinders in Suid Afrika.

Ronel ·

Elaine, ek stemsaam! Dit is skokwekkend en maak mens siek om te dink dat almal hul kinders wil sien met ‘n toekoms en skool geleerdheid. Waar trek jy die streep????

Genoeg! ·

Kla sommer ook die onderwysers en skoolhoof aan! Hulle is medepligtiges! Hoekom word ons kinders nie beskerm nie?

Ella ·

Die arme kinders in SA. Op wie kan hulle vertrou as niemand hul klagtes aanhoor en iets daaraan doen?
Die feit dat die negejarige self te bang was om haar ma te vertel, spreek boekdele oor ouers se rol in kinders se lewens.
In die land het kinders nog geen se oor hule liggame maar hulke het wel baie oor ander sake wat soms bo hulle vuurmaakplek is.

Pensioenaris ·

Liewe hemel, wat gaan aan in ons land? Jou kind is veronderstel om veilig by die skool te wees, en die onderwysers te vertrou.

Koos1 ·

Kla hulle krimineel aan as medepligteges!
Waar is Lufisi nou?
Waar is die ANC vroue liga met hulle betogings?
Word hulle beskerm, omdat hulle comrades is?

MS ·

Kan die onderwysers en skoolhof nie ook aangekla word nie? Hulle is mos net so skuldig!

ctd ·

Daar gebeur baie goed in skole wat ek dink net toe gesmeer word . Dit gebeur ook dat kinders gewyer word om badkamer toe te gaan deur die onderwyser en dan het die kind (graad 1)n glipsie in die klas het voor hulle maats . Ons dogter was so n slagoffer gewees . Ek brand om die skool se naam maar hulle sal dit net ontken. Onderwysers wat hulle sout werd is is goud vir ons as ouers.

Juffrou ·

Kinderwet is baie duidelik oor hoe, wanneer, waar enige beweerde molestering aangemeld moet word. Onderwysdepartement het baie duidelike riglyne en beleide en baie goeie en deeglike opleiding vir onderwysers. Ek ag hierdie onderwyseres en skoolhoof nalatig en hulle moet dienooreenkomstig aangekla word. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.