Juffrou nie skuldig aan rassisme

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Onderwyseres van die Nasionale Kunsskool in Braamfontein is onskuldig bevind aan rassisme ná ʼn voorval vroeër vanjaar.

“Twee onafhanklike regsondersoeke en ʼn tugverhoor is afgehandel,” het Brenda Sakellarides, voorsitter van die skool se beheerliggaam, in ʼn verklaring gesê.

The Star-koerant het in Junie berig ʼn Gr. 8-geskiedenisonderwyseres het aan haar skoliere gesê die rede waarom die regering misluk, is omdat dit deur swartmense gelei word. ʼn 13-jarige het ʼn SMS aan haar ma gestuur om te sê die juffrou sê swartmense is “dom” om vir die ANC te stem, en die mense in die Wes-Kaap is “meer as tevrede met die DA, danksy witmense”. Klik hier om meer te lees.

Die onderwyseres, slegs bekend as mev. Nell, is voorlopig geskors nadat dié bewerings aan die lig gekom het. “Die Gautengse departement van onderwys en die skool het afsonderlike regsondersoeke gedoen,” het Sakellarides bygevoeg. Volgens haar kon nie een van die regsfirmas onweerlegbare bewyse vind dat die onderwyseres rassisties is nie, maar het al twee ʼn tugverhoor vir die skool aanbeveel weens ʼn moontlike oortreding van die gedragskode van die SA Raad vir Onderwysers.

Die tugverhoor het ook nie enige bewyse van rassisme opgespoor nie en mev. Nell is vrygespreek op dié aanklag. “Sy het egter sekere klousules van die gedragskode oortree wat verband hou met dissipline en onsensitiwiteit. Geen van hierdie oortredings dui egter op enige rassistiese vooroordeel nie,” het Sakellarides gesê.

Die onderwyseres se skorsing is met onmiddellike effek opgehef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Boesman ·

Ek is so gatvol om te hoor van wit op swart rassisme.

Wat van swart op wit??? BEE comes to mind!!!

Koos ·

Dit is onmoontlik vir swartmense om teen witmense te diskrimineer – ten spyte van BBBEE
Ons staan altyd weer op en veg terug en daar is net ‘n paar van ons wat altyd kla. Hoekom dink julle ons wit mense het nog steeds die ekonomiese mag in ons hande? As ons afgedank word begin ons ons eie besighede Ek ken baie sulke mense – en ek is ook een.

Shannon ·

Die toestel waarmee die kindjie haar SMS gestuur het was deur `n Afrikaan ontwikkel ?
Haar skool en (die konsep van) onderrig het hul oorsprong in Afrika ?
Haar land, Azanië, is een van die mees suksesvolste op die kontinent a.g.v. Afrikane ?
Haar hoofman, die wel belese Zuma, se nuutste rondawel paleis is ontwerp, geskoei en gebou op eg Afrika tradisies en vernuf ? … gefinansier met mielies, maer Nguni beeste en see skulpies ?

Elsje ·

“Hulle”‘ mag ons slegsê net soos hulle wil, ons belasting geld is goed genoeg vir hulle. Hulle hoef nie padreels of enige reels te volg nie want dit is mos hulle land en hulle leiers volg nie reels nie so hoekom sal hulle? Hulle is besig om hierdie land dood te druk, maar hulle gee nie om nie want dit is mos net ons wat gaan swaar kry want ons kan mos nie onder ‘n boom slaap nie, ons hou van vooruitgang. Ons hou daarvan dat waar ons gekamp het alles weer pragtig skoon is, hulle hou daarvan om al hul vuilgoed wat in hul voertuie is langs die pad uit te gooi. Ons (wit,bruin,swart) wat Suid Afrika wil sien groei is so moeg vir hulle wat hierdie land in korrupsie wil dompel, hul wil ons land verarm. Hulle dink as hul dit doen sal ons verdwyn maar wat van hulle kinders wat dalk ook graag SA wil sien groei?

Petrus Swanepoel ·

Ek was self al in die moeilikheid oor sogenaamde rassisme, bewyse het die teendeel bewys en is onskuldig bevind. Die klaer het nooit verskoning gemaak vir sy vals beskuldiging en het aangehou om ander mense te beskuldig van rassisme.

Die jong man het baie potensiaal gehad en het al sy energie en tyd op verkeerde goed gebruik, teen die einde van die dag is hy doodgeskiet in ‘n misdaad verwante insident.

Babs ·

Juffrou Nell het net die waarheid gepraat (indien sy dit so gestel het). As die swartes nou nog nie kan sien wat aangaan in die land is hulle mos baie dom of pleinweg onnosel. Ek was nie ‘n rassis maar ek is besig om een te raak. Alles die skuld van die ANC.

Marcel ·

Toe ek Sondag die program Voetspore kyk, en sien hoe daai mense lewe is dit presies wat die ANC nou besig is om dit doen met ons land, een van die dae lyk ons land ook so, miskien nie in my leeftyd nie maar as hulle so aangaan sal dit in my kinders se kinders se tyd so lyk. Dit is verskriklik om te dink wat besig is om te gebeur met ons mooi land.

Heidi ·

Mev Nell slaan die spyker op die kop! En die skolier wat die sms gestuur het moet eerder op let in die klas en van haar foon af bly anders gaan sy ook een van die “dom” swartmense wees wat ‘n aandeel gaan he in die land se ondergang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.