Juffrou ongedeerd ná soektog

Charmaine van Staden (Foto: Verskaf)

ʼn Onderwyseres van Limpopo wat Maandag as vermis aangemeld is, is veilig.

Charmaine van Staden (55) is ʼn onderwyseres by die Hoërskool Ben Vorster op Tzaneen waar haar man, Jan, die skoolhoof is.

Hy het Woensdagoggend gesê Charmaine is veilig terug by haar geliefdes.

Charmaine is glo Saterdag omstreeks 10:00 die laaste keer gesien toe sy haar huis in Premiapark in Tzaneen verlaat het. Sy het glo vir haar dogter gesê sy gaan dorp toe, maar het nie weer teruggekeer huis toe nie.

Die polisie is Maandag van haar verdwyning in kennis gestel en het dadelik ʼn soektog van stapel gestuur.

Jan het gesê hulle is dankbaar sy is veilig.

“Ons is dankbaar vir almal se omgee, ondersteuning en liefde in hierdie tyd. Dit word baie waardeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

domheks ·

Baie bly sy is ongedeerd gevind! Mens bly maar bekommerd as jou geliefdes verdwyn. Sterkte

Adrian ·

Nog baie mooi vrou op 55 – kan sien sy sy kyk mooi na haarself. Bly sy is veilig…!

Drico ·

Mens se 1st reaksie is verligting en dankbaarheid sy is veilig. Ongelukkig het dit nuushooftrekke gehaal en om geen verduideliking van die familie te kry nie gaan net veroorsaak dat ongegronde afleidings en stories die rondte gaan doen. Dis normaal van die mensdom om te wil weet wat gebeur het. Daarom hoop ek dat die familie n aanvaarbare verduideliking sal verskaf om enige onaangename stories en afleidings vroegtydig te stop en hierdie gebeurtenis af te sluit vir die publieke aandag. Sterkte vir die familie.

Mariaan ·

Ek stem Renata..mens is bly sy is veilig…MAAR hoe op dees,aarde verdwyn mens net so..almal op hol..en dan? Dit sal veroorsaak dat mens nie meer die tipe goed ernstig opneem nie…ek voel wel jammer vir haar dat dinge dat net veel geword het…maar onthou…ons lewe in n wrede land!

Agietjie ·

En, boonop is sy Saterdag al vermis en eers Maandag by die polisie aangemeld. Soos Renata sê, dit kan lei tot spekulasies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.