Juffrou red seun van verdrinking

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Onderwyseres se vinnige optrede en kennis van noodhulp het Maandag moontlik die lewe van ʼn 11-jarige seun gered nadat hy byna in ʼn swembad in Noordwes verdrink het.

Volgens Loanne Louw, woordvoerder van die Hartbeespoort-noodreddingseenheid, was die seun deel van ʼn onbekende skoolgroep wat ʼn vakansieoord in die Hartbeespoort-omgewing besoek het.

“Van die kinders het geswem en die seun het in die swembad in die moeilikheid beland. Lede van die groep het hom uit die swembad gered waarna ʼn onderwyseres dadelik noodhulp op hom toegepas het,” het Louw gesê.

Met paramedici se aankoms het hulle die seun op sy sy langs die swembad aangetref. Hy kon toe reeds self asemhaal.

Hy is na ʼn hospitaal in Brits geneem vir waarneming.

Louw het gesê ʼn moontlike tragedie is vermy omdat die onderwyseres noodhulp kon toepas en het mense aangeraai om noodhulpopleiding te ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.