Juffrou se seuntjie kritiek ná byna-verdrinking

Janlo Rademeyer (Foto: Facebook)

Die driejarige Janlo Rademeyer, seun van Carin Rademeyer, ʼn onderwyseres van Wierdapark in Centurion, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná ʼn byna-verdrinking.

Cert-SA het in ʼn verklaring gesê paramedici is vroeg Dinsdagaand na die toneel ontbied om ʼn landingsone vir ʼn Halo Aviation- mediese helikopter te verseker. Hy is in ʼn kritieke toestand na Garden City-kliniek in Johannesburg geneem ná hy in ʼn swembad geval het. .

Louis Dekker, skoolhoof van Laerskool Wierdapark, het in ʼn omsendbrief aan ouers gesê Janlo is na ʼn spesialis-eenheid oorgeplaas. “Onder omstandighede gaan dit goed met hom. Die gesin versoek asseblief dat hulle privaatheid gerespekteer sal word en dat u hulle in u gebede sal opdra,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.