Geraldine Leonie Sheldon-Lakey (39), ʼn voormalige onderwyser van Hoërskool Mahikeng in Noordwes, is Vrydag gevonnis vir statutêre verkragting, het Beeld Saterdag berig.
Sheldon-Lakey het onskuldig gepleit op ʼn aanklag dat sy seks gehad het met ʼn 15-jarige seun.
Sy is vier jaar tronkstraf opgelê. Die Molopo-landdroshof het haar toestemming verleen om appèl aan te teken teen haar skuldigbevinding en vonnis. Haar borgtog is verleng hangende die uitslag van haar appèlaansoek.
Die getroude ma van twee is in Desember 2012 afgedank by die skool toe die skool se beheerliggaam haar skuldig bevind het aan onsedelike gedrag. Volgens die koerant het Thandi Modise, premier van Noordwes, die seun se ma geprys dat sy foto’s en klankopnames op haar seun se selfoon opgespoor het wat bewys het dat Sheldon-Lakey ʼn onbehoorlike seksuele verhouding met die tiener aangeknoop het. -SAPA
Aitsa. En die meneertjie loop punt innie wind skotvry. Waarskynlik al spoggend n “hero” onder sy maats.
Nee wat. Hy verdien verban te word na Riemvasmaak of Kapaterhoogte.