Juffrou wil veg ‘sodat dit nie met ander gebeur’

Kymie du Toit (Foto verskaf)

“Ek is bang en verward omdat die instansies van ons land, wat veronderstel is om ons te beskerm, my te nagekom het.”

Kymie du Toit (28) sê sy sal tot die bitter einde veg vir elke persoon wat dieselfde as sy moes deurgaan “al is dit hoe moeilik en hard”.

Du Toit, ʼn kleuterskooljuffrou, is die aand van 26 November omstreeks 23:25 by ʼn vulstasie in Moreletapark deur beamptes van die Tshwane-metropolisie uit haar motor gepluk en rondgestamp voor hulle haar geboei en in ʼn gemerkte metropolisie-bussie gestop het.

Du Toit het vroeër die aand kinders opgepas in die Cornwall Hill-landgoed. Sy het omstreeks 23:12 by die landgoed se hek uitgery en ʼn bussie van die metropolisie opgemerk. Haar handsak wat op die passasiersitplek was, het omgeval toe sy by ʼn rooi verkeerslig stilgehou het en daar het geld uitgeval. Sy het die binneliggie aangeskakel en die geld opgetel en die handsak regop gesit.

In dié stadium het sy die bussie langs haar sien staan. Sy het vriendelik geglimlag waarna die bussie vooruit gejaag en dwars oor ʼn deel van die pad stilgehou het.

Du Toit is in Februarie beroof deur vier mans wat hulle as polisielede voorgedoen het. Sy het dadelik weer teruggedink aan die voorval en haar noodligte aangeskakel en verby die bussie gery terwyl sy vir hulle gewys het om haar te volg.

Die bestuurder van die bussie het Du Toit se motor glo twee keer van die pad probeer druk. Sy het toe by die vulstasie stilgehou. Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wat hierna gevolg het, word wyd op sosiale media versprei.

“Ek sidder om te dink wie volgende gaan deurloop onder die magsmisbruik en sukkel om sinvol te antwoord as iemand my vra wat ʼn mens anders kan doen.

“My aaklige ervaring met die skelms wat hulle as polisie voorgedoen het in Februarie en die bewusmaking daarvan het tot niks gekom nie. Nou soveel erger met egte metropolisie. Ek voel nog fisiek seer en verneder.”

Du Toit is later na ʼn polisiestasie geneem en teen 04:00 die volgende oggend op polisieborgtog vrygelaat. Sy is van daar af saam met familielede huis toe voor sy na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

ʼn Saak van roekelose en nalatige bestuur is teen Du Toit aanhangig gemaak en sy het op 28 November in die hof verskyn. Die aanklagte teen Du Toit is egter teruggetrek. Du Toit het op haar beurt aanklagte van aanranding aanhangig gemaak.

“Dit grief my dat die mense naaste aan my weer saam met my ly en dat ek as kleuterskooljuffrou nie vir my kindertjies kan vertel dat die polisie ʼn veilige toevlug is nie.”

JP van der Merwe, Du Toit se regsverteenwoordiger, het bevestig dat hulle verdere stappe gaan doen en tans siviele optrede finaliseer.

“Ek is opreg dankbaar vir almal se liefdevolle boodskappe van ondersteuning,” het Du Toit gesê.

Die Tshwane-metropolisie en die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Dankie ·

Ja sterkte!

Dankie dat jy nie stilbly nie. Jy maak ‘n verskil vir almal se veiligheid

Nannie Lombard ·

Alles is op kamera waarvoor vat die ondersoek so lank. Ek weet elkeen moet n verklaring gee maar Metro lede is nog steeds by werk en Kymie moet elke dag worstel.

Genieve ·

Dis waar ja wies volgende??? dis reg juffr maak n plan met hulle.

Petrus ·

Hoop haar Regsverteenwoordiger maak hul lewe hel! Sies, skande – hoe lank gaan OPOD vat vir “ondersoek?” Voorspoed Dame, jy’t jou lekker teëgesit.

Helen ·

Ek gaan virseker NIE vir METRO of SAPD stop nie! Ek hoop hul neem goed kennis!

Chris ·

Absoluut pateties, skokkend, verseker ras gebaseerde optrede, geen twyfel nie. Juffrou my innige simpatie en maak voorbeeld van hulle. Moet nie stop nie, BREEK HULLE. Die land is agter jou. Hulle is duidelik nie bevoeg om hul werk te doen nie.

Marietjie Human ·

Kymie, ek is saam met almal baie ontsteld oor wat met jou gebeur het. Maar ek wil jou asb. vra om versigtig te wees vir mense wat jou wil help en met hul eie agenda van die storie ‘n ras-ding wil maak. Bly koelkop en vertrou die mense wat die verkeerde daad van individue wil aankla en nie dié wat weer swart teenoor wit wil opstel nie. Sterkte! Mag die uiterlike en innerlike letsels genees. En mag geregtigheid seëvier!

Ronéll ·

Liewe mens, al sal geen bedrag geld wat jy moontlik uit jou nare ondervinding met die mense, wat hul magsposisie op so n gereelde basis misbruik, opmaak vir die angs, spanning, diskriminasie en fisieke pyn nie, hoop ek jy gaan kry professionele hulp.
Hierdie nare ondervinding kan jou later jare emosioneel baie benadeel.
Sterkte met die kriminele sowel as siviele saak.

Victoria ·

Dankie die metrohoof EN sy makkers af, want hul blyk ‘n klomp boewe te wees. Die burgemeester en sy maats moet ook gedagvaar word.

Petrus ·

Hoop haar Regsverteenwoordiger maak hul lewe hel! Sies dis ‘n skande. Hoe lank gaan (OPOD) vat met “ondersoek?” Sterkte aan jou Dame.

Kobus ·

Vol punte vir die juffrou! Boor hulle! Level met die gravel!

cr ·

Kry vir Gerrie Nel om haar te help. Dis mos waarvoor ons byAfriForum aangesluit het om sulke onregverdighede stop te sit.

Sean ·

Ja gaan Afriforum toe indien hulle nie reeds na die saak kyk nie

Jurie Vermeulen ·

Gaan hierdie geval hof toe, word prokureurs aangestel en belastingbetaler moet weereens opdok. Hulle moet hul eie onkoste betaal en indien onskuldig bevind, kan hulle terug eis..

Pieter ·

Hoekom gebruik afriforum nie ons lede se geld vir sulke gevalle nie en staan haar by of het ons lede nie n se nie

Willie ·

Ek is seker as die dametjie Afriforum om hulp nader, sal hulle alte graag help. Ek dink dit sal voorbarig van Afriforum wees om sommer tussenbeide te tree sonder dat hulle gevra word. Miskien brand hulle in afwagting om in te gryp.

Stuiwer ·

Ek wonder as die storie nie soveel media aandag getrek het nie of die beamptes hulle sou probeer veronskuldig het.
Ook baie vreemd dat die klag so met die eerste verskyning terug getrek is. Sal gewoonlik uitgestel word vir verdere ondersoek. Hulle het darem maar vrek vinnig ondersoek af gehandel.

Ebp ·

Ek het gehoor ‘n advokaat doen die saak pro-bona. Ek is seker hy sal ‘n goeie werk doen met die saak.

Afriforum kan net optree indien die slagoffer om hulp aanklop nie.

Strandloper ·

Whow! Jys n vrou van staal. N regte jong boerin wat stuit vir niks. Wees gerus elke regdenkende Suid Afrikaner staan agter jou. Moenie toelaat dat die nare ondervinding jou ry nie hulle is dit nie werd nie!

JZ ·

Ek het al twee verneem van voorvalle dat geregs mense mense dreig met “laat ons n voorbeeld van hulle maak”en altwee die voorvalle was vroue wat alleen was .

Elizabeth ·

Hierdie is geensins ‘n geïsoleerde geval nie. Metropolisie het my ook al op die N12 naby Soweto geïntimideer, na hulle vuurwapens gegryp, gedreig om my in hegtenis te neem en na die Soweto-polisiestasie toe te neem, my motor te konfiskeer, gesê ek het onbetaalde boetes (gekry op ‘n pad wat ek nooit ry nie) … Ek het toe gelieg en gesê ek is ‘n regsgeleerde en my prokureur se besigheid as my werksadres gegee, en binne ‘n minuut het hulle my laat ry. Toe ek hulle wou aankla, kon ek egter nie ‘n saak open nie …

Thinus Erasmus ·

Vir almal wat dit nie weet nie die siviele saak moet Onregmatige Arrestasie wees. Verder moet ‘n kriminele klag van Poging tot Moord teen die beampte wat die metro voertuig bestuur het, aanhangig gemaak word omdat dié haar probeer van die pad af druk het. Sterkte dame.
Ns. Net skelms sal dink dit is verdag as jy by ń rooi verkeerslig stop en jou binne lig vir rukkie aansit, en dan vir “spietkops” vriendelik met ‘n glimlag groet. Daai tipiese boelie reaksie van : “vír wie lag jy!”

Derek ·

Geoordeel aan die video-opname van die voorval, is Kymie ontvoer terwyl haar motor asook die inhoud daarvan (sleutels/ handsak met geld daarin) net so agtergelaat is – regverdig dit nie ook ‘n klag van diefstal/poging om te roof nie? Sal interessant wees om die mening van ‘n regskenner hieroor in te win.

James ·

Ons staan saam jou dame, al kan ek in my hoedanigheid dit die wereld in stuur.

Gerda ·

Sterkte Kymie! Ek hoop van harte jy wen hierdie saak. Nie weens wraak maar sodat hierdie skermunkels agter die “badge” vir eens en altyd op hul plek gesit word en sal begin om die trots van n uniform te verteenwoordig.
Kap hulle siviel waar moontlik. Dis wanneer hulle ore oopgaan

ElLe ·

Sterkte! Ongelukkig werk hulle op Afrika-tyd, jy sal hare op jou tande moet hê. Moenie verbaas wees as hulle drie- viermaal hulle verklaring verander nie. Dis toelaatbaar vir hulle, nie vir jou nie. Vuilspel. Op die einde van die dag lieg hulle hulself vas, kry net n goeie regspan. Sterkte.

Johann M van Heerden ·

Gaan ons nou later hoor wie skuldiges is en foto’s elke tweede dag op TV kry asb.

George in Bloem. ·

Net ‘n total onbevoegde onnosele sot sal enigsins daai mooi gesiggie sien as verdag of ‘n geharde krimineel. Spul rassiste. As die rasse omgeruil was,was al vyf die blanke polisiemanne al lankal in die tronk en wonder werk. En hierdie is glad nie ‘n geisoleerde voorval nie. G’n wonder daai blanke ou het nou die dag daai metrolid ‘n goeie snotklap gegee nie. Gewone mense raak stadig maar seker goed keelvol vir die spul lafhartige skurke.

A ·

Stel eise in teen hulle persoonlik. Dagvaar hulle vir alles wat hullle het

wicus ·

Jy is te wit vir die land!! Hulle is uit om ons te teiken en te kleineer. Sterkte hoop jy wen die saak, en laat hulle opdok. Net jammer nog belasting geld..

JohanR ·

Soeveel mense agter jou Kymie du Toit. As jy geld soek vir jou prokereur gee net die bank besonderede, en ek sal ‘n EFT doen. Ry hulle tot by Tant Sanie daar by die Egyptiese Pyramide! Net pasop vir die liegbekke se lieg stories!

KP ·

Doen elke stap en proses wat jy kan volg, moenie opgee of skik, vervolg hulle sover as wat jy kan. Ek is seker daar is senior advokate wat hulle dienste verniet sal aanbied.

Johan Maritz ·

Wat help dit om hulle te dagvaaar die belastingbetaler gaan vir dit betaal en hulle gaan skotvry ander kant uitstap.

Anoniem ·

Johan Maritz, met so houding gee jy op nog voor jy begin het! Probeer ten minste!!!

Sterkte Kymie ·

Sterkte, boor hulle vir die wat dit ook oorgekom het.

Kaspaas Breekwater ·

Nou wonder ek sommer. As ‘n juffrou in haar klas kindertjies wat ‘n ander taal praat by ‘n tafel eenkant laat sit dan wil die DA in hulle broeke dinges.
Wyd en syd word alarm gemaak en die ontstoke span media manipuleerders braak gal.
Hoe is dit dan nou so stil vanuit die geledere?
Dis byna asof die geval nie lekker inpas by julle agenda van ‘blankes is almal rassistiese kolonialiste’ nie.
Reken ‘n bietjie!

Adam ·

Sterkte na wat uiters traumaties moes wees. Ook verfrissend om te lees dat kommentators hier nie soos gewoonlik in neerhalende terme na regsgeleerdes verwys nie.

Johanna Botha ·

Goedso …dit is verkeerd en jy doen die regte ding ! Sterkte !

Sarel ·

Juffrou ek is ‘n man. Ek sou presies dieselfde gedoen het onder omstandighede. Dit sou dalk anders daaruit gesien het. Ek wil jou bedank dat jy hierdie saak verder neem dat ons breër publiek ook uit jou omstandighede kan leer wat die regte optrede sou wees. Sonder om jou saak te benadeel, doen navraag by Afriforum soos ander kommentators die ook genoem het. ‘n Senior regspan met ‘n “SC – Senior Councellar” kan die saak verder bevoordeel. Ons is van mening dat hierdie lede se optede teen jou 1. krimineel is en 2. Moenie jammer wees om ‘n gat in hul begroting te eis vir daardie emosionele letsel..
Sterkte.

Christa ·

Moet darem net noem nie alle polisie / metropolisie is korrup nie. Weet van party wat geld aangebied is wat dit nie vat nie

Zel ·

Dis waar. Dankie aan die eerlike polisie wat hulself opoffer, ons waardeer dit.

Derek ·

Insidente waarby boewe in uniform betrokke is raak al hoe meer algemeen. Die invloed wat hierdie verskynsel het op die handhawing van wet en orde mag nie geringskat word nie. Tog gebeur dit met reelmaat dat die sogenaamde “hoofstroom media” bitter min aandag hieraan gee. Binne enkele dae bly insidente soos hierdie vergete, maar wanneer ‘n paar jolige studente hul gesigte swart (eintlik pers) verf; of wanneer ‘n “aktivis” homself sensitief verklaar oor iets soos die kleurpatroon van ‘n rugbyspeler se skrumpet, dan bars alle hel los in die media asof die voortbestaan van ons brose demokrasie daarvan sou afhang. Geen wonder dus dat die rol van die hoofstroom media onder denkende lesers al hoe meer aan die kwyn is.

AndrewL ·

Dankie dat jy dit verder voer. Te veel mense wil sulke gevalle liewer vergeet.

Christo ·

Juffrou, ry hulle…… tot by oom Daantjie in die kalwerhok. Almal sal jou ondersteun.

Frans C ·

Na my mening is hul niks meer as boelies in ‘n uniform wat aan ‘n magskompleks ly.
Hoop die hangende regsgeding waarin hopelik die Metropolisie en die betrokke lede gesamentlik en afsonderlik vervolg word,sal positiewe gevolge oplewer en ‘n einde aan die soort optrede bring.
Sterkte vorentoe want in tydperk van ‘The 16 Days of Activism for No Violence against Women and Children Campaign’ wat me tsoveel fanfare deur die regering afgeskop is ,is hierdie geval ‘n voorbeeld van wie die oortreders kan wees,onder ‘n rookskerm
van regstoepassings.

Kas ·

Ek was nooit in my 37 jaar as wetstoepasser(immigrasiebeampte) ongeskik en arrogant net omdat ek ‘n uniform gerda het nie.In hierdie geval het ras ‘n rol gespeel.Die roekeloos en nalatige gestuur was net om hulle opted te probeer regverdig maar nou dat die saak uit die hof gehoor is het sy die hef in die hand.Sterkte Kymie.

Mitzi Viljoen ·

Dit sal veral goed wees as die betrokke amptenare in hul persoonlike hoedanighede tot verantwoording geroep word en nie die instansie nie wat neerkom op die belastingbetaler wat moet opdok. Wat met Kymie gebeur het is skokkend en betreurenswaardig. Sy was duidelik ‘n teiken om magsvertoon op uit te oefen onder die vaandel van hul amp, veral omdat sy van ‘n sekere ras is en alleen was. Sterkte vir haar en haar familie.

Nette ·

Ek wil ook net sê hats off vir die jong man wat haar probeer help het, kan iemand hom nie vra om ook te getuig nie?

Nella ·

Kymie, druk hom deur. Sulke gedrag is onaanvaarbaar. Gaan Carte Blanche toe. Ons is agter jou. Geen normale mens met normale denke sal so optree nie. Dit is soos leeus wat n gewonde bokkie aanval. Hulle is n skande vir SA en niks om op trots te wees nie. Sies vir julle!. Hoop julle het die fotos vir julle families gewys sodat hulle ook kan sien wat julle in die nagterlike ure aanvang terwyl julle veronderstel is om die publiek te beskerm. SIES SIES SIES! n skande. Ons moet dit uitroei.
Maroela Media hou ons asb op datum met al die verwikkelinge van hierdie saak.

Sonja ·

Ek stem saam, daai Metroplisie persone moet hulle werk verloor. Hulle hoort nie in die mag of in enge ander werk nie. Ons staan saam met jou.

Trien ·

Sterkte Juffrou! Ek het ook ‘n paar jong vroue (en manne) in my familie wat soms saans laat alleen moét ry, en ek ys oor hulle veiligheid in hierdie sogenaamde wetstoepassers se hande! Dagvaar hierdie boelies in hul privaat hoedanighede: hul moet self opdok en SELF hul regskostes dra! Te veel bullebakke skuil agter hul uniforms, en die bietjie mag wat hul daarmee in hul hande kry word totaal misbruik.

Mariette Hammann ·

Metropolisie is ‘n euwel en moet dadelik ontbind word!! Sterkte aan jou, Kymie!!!

Lorraine ·

Ry hulle meisiekind. As ek daar was toe dit gebeur het sou ek hul beslis geskiet het. My dogter is so oud soos jy en beslis sou ek dit nie daae gelaat het nie. My kind is in 2011 deur so ‘n ervaring waar sy amper verkrag en keel afgesny was en vandag nog kan sy nie die ervaring verwerk nie. Sy het altyd simpatie gehad met alle rasse soos ek haar geleer het maar nou? Glad nie. Ons staan agter jou. Ry hulle tot in die grond in

Sarie ·

Ek het simpatie maar my vraag is kon die mense wie se kinders sy opgepas het nie maar vir haar slaap plek aangebied het nie of weet hul nie dat haar lewe in elk geval daai tyd van die nag in gevaar was nie

JMC ·

Indien jy iemand se ware karakter wil ervaar, gee hom/haar/dit ‘n gesagsposisie

Al ·

Ons staan bankvas agter jou. Sulkr gedrag kan nie van wetstoepassers geduld word nie.
Dagvaar hulle, want hul was opsetlik en hul mag gruwelik misbruik. Ek sidder om te dink as daar nie ñ vulstasie daar naby was nie. En boonop CCTV.
Sterkte, ons bid vir jou.

HH ·

Dit is eendag met my ook gebeur die “polisie” het agter my aan gery in ‘n verlate plek en wou my aftrek en het net aangery en hulle het langs my ingery en wys ek moet aftrek en het geweier en my werk was daar naby. Toe hulle sien ek wou nie aftrek nie toe draai hulle om en ry weg, so dink maar vir jou self ek wonder of dit polisie was.

JB ·

Baie sterkte, dit moes verskriklik gewees het. Ek vrees vir my dogter wat alleen moet rondry in die aand. Die is vir my erg dat daar Polisie en Metropolisie het wat geen waardes het nie en n hulle magsposisies misbruik.

Pierre Prinsloo ·

Dit sal goed wees as die metro beamptes se name bekend gemaak word dat almal kennis dra wie die boosdoeners is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.