Jugomaro-katte weer in visier

'n Onlangse foto van Rosa Fernandes. Foto: Facebook

‘n Onlangse foto van Rosa Fernandes. Foto: Facebook

Rosa Fernandes, een van die eienaars van Jugomaro Predator Park in Limpopo, is Woensdagoggend glo met pepersproei in die gesig gespuit toe daar weer ʼn groep mense by hul park opgedaag het om van hul geliefde eksotiese katte te verwyder.

Justin, haar seun, het Woensdag aan Maroela Media gesê die groep het omstreeks 08:00 weer daar opgedaag en is deur polisiebeamptes vergesel.

“My ma is deur iemand met pepersproei in die gesig gespuit toe sy ʼn pylgeweer uit iemand se hande wou gryp sodat hulle nie weer wild en wakker begin om ons katte te verdoof nie,” het Justin gesê. “Die polisie het opdrag gegee dat geen diere verdoof mag word nie tensy ons regsverteenwoordiger ook teenwoordig is. Volgens ons kennis het hulle geen reg om ons katte te verwyder nie. Ons wag nou vir ons prokureur om uit Springs te kom om te sien wat gaan gebeur.”

Op 8 Julie vanjaar was daar ook drama by dié park wat tussen Groblersdal en Marble Hall geleë is en die tuiste is van die alombekende tier, Panjo. ʼn Groep van sowat 20 mense het toe daar opgedaag en 12 van die katte, waaronder tien tiere en twee leeus, verdoof en in hokke gelaai om hulle na ʼn nuwe tuiste van ʼn koper in Lichtenburg in Noordwes te skuif.

Dit volg te midde van uitgerekte hofverrigtinge om ʼn likwidasiebevel ter syde te stel én ʼn uitsettingsbevel wat glo nog in die hoogste hof van appèl aangehoor moet word nadat die Fernandes-gesin se maatskappy ná ʼn drie jaar lange proses in Oktober verlede jaar gelikwideer is. Lees meer hier.

Die likwidateurs het glo reeds in Maart die katte aan die nuwe eienaar verkoop. Die koper is glo ook ʼn bewaarder en liefhebber van eksotiese diere.

SD Nel, die prokureur wat namens die koper optree, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy is tans op die plaas saam met verteenwoordigers van die departement van natuurbewaring. Hy het onderneem om later vandag kommentaar te lewer.

Panjo het in Julie 2010 groot opspraak gemaak nadat dié Bengaalse tier, ʼn geliefde troeteldier van Fernandes, uit sy eienaar se bakkie ontsnap het. Hy was vir twee dae lank op vrye voet tussen Bronkhorstspruit en Groblersdal en is na ʼn reuse-soektog met sy dankbare eienaar herenig.

Dié foto’s is deur Rosa Fernandes op Facebook gelaai:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius du Preez ·

Ek was al by die park en die mense is regtig lief vir die diere en is loshande die bes versorgde dierepark waar ek nog was.

Groblersdaller ·

Voorwaar ‘n feit Marius, vir Rosa en Justin gaan dit nie oor geld nie maar oor hul liefde vir hul diere! Die diere se kondisie is uitstekend en dit is ‘n belewenis om die park te besoek.

Emilia Duarte-Potgieter ·

I was at the park last year and i was there again today, the Fernandes family take excellent care of all the cats, the cats are healthy and get lots of love, we the public will continue to support them being morally and financially, we will join together as a nation joins together to support their rugby team and we will be there for the Fernandes family and the cats, these unlawful people will not harm the cats again. For a man to attack a defenceless tiny woman is pathetic, why does he not go for another man? Thats because he is a coward so he goes for the weaker sex, he must remember that a mother will die protecting her children and Rosa is a mother to all the cats!

Angela Sa Silva ·

I have been several times at Jugomaro. The Cats are part of the Fernandes family. There’s no one who would treat or love these Cats like the Fernandes does. I love these Cats myself and the Fernandes family too. Please stop pestering and traumatise the Fernandes Family and the Cats. How low can a person get, by pepper spraying a lady who is not at fault. These are savages, not human people.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.