Julius Malema in hof

Julius Malema tydens die perskonferensie op 13 Oktober 2016 (Skermskoot uit EWN-video van die konferensie)

Julius Malema tydens die perskonferensie op 13 Oktober 2016 (Skermskoot uit EWN-video van die konferensie)

Julius Malema, leier van die EFF, moet Maandag in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste en die Wet op Betreding nadat hy sy ondersteuners aangemoedig het om grond te beset.

Die dagvaarding is verlede maand by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, aan Malema beteken, waarin hy beveel word om Maandag in die hof op Newcastle te verskyn. Hy moet op 14 November weer in die Bloemfontein-landdroshof op dieselfde aanklagte verskyn.

Malema het op 16 Desember 2014 tydens ʼn EFF verkiesingskonferensie in Bloemfontein vir die eerste keer sy ondersteuners aangemoedig om onbeboude grond te beset. Hy is by hierdie selfde konferensie tot EFF-president verkies.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in die dagvaarding gesê Malema het, deur hierdie uitspraak, sy EFF-volgers aangemoedig of opdrag gegee om ʼn misdaad te pleeg. In Junie vanjaar het Malema die uitspraak naby Madadeni, Newcastel herhaal, het die NVG gesê.

Malema het teruggekap deur te sê die NVG probeer mense stilmaak wat hulle uitspreek teen die korrupsie en beweerde politieke vervolgings in die ANC-regering. “Die NVG is so desperaat dat hulle ʼn apartheidswet van 1956 gebruik om mense te vervolg wat opstaan teen [pres. Jacob] Zuma en sy korrupte regering. Ek sal volgende week in die hof wees,” het Malema Woensdag aan duisende EFF-ondersteuners op Kerkplein in Pretoria gesê.

Die EFF het gesê die party ondersteun sy leier, aangesien die omstrede uitsprake verteenwoordigend is van dit waarvoor die party staan wanneer oor grond gepraat word. “Die EFF staan vas agter sy leier en president, Julius Malema, want alles wat hy sê verteenwoordig die resolusies van die EFF se eerste nasionale vergadering en die politieke program van die EFF,” het die party gesê.

“Ons is ten volle bewus daarvan dat die aanklagte [teen Malema] ʼn politieke besluit van ʼn gekaapte regering is, wat ongetwyfeld besig is om ʼn outoritêre regime te word en enigiets moontlik sal doen om sy korrupte winste te verdedig.”

Die EFF se grondbeleid moedig mense aan om onbeboude grond te beset en huise daar te bou. Talle EFF-ondersteuners sal na verwagting Maandag buite die hof betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

stephanus jesaja Heunis ·

Die wannabe party(effies) staan ook vir alle kriminele aksies!!! As jakopsuma gefire word kruip hy terug African national corruption(anc) toe met die oog om n party te kaap!

PW Growee ·

Julius volg darem baie mooi in die voetspore en voorbeeld van Nommer 1. Meer in die beskuldigingsbank as in sy kantoor.

Johannes ·

Julius is ‘n wolf in skaaklere wat hom probeer voorhou as die rooi ridder op die with uhm Ferrari. Die feit is dat Julius ongelukkig nie die kennis of ondervinding het om enige iets ordentlik te bestuur nie, en dat hy plase en onderwys as sy politieke revolusie gebruik en die vakuum wat Zuma veroorsaak wil vul. Waar kom al die geld vandaan vir hom om mense rond te ry om te betoog? En wat is die mense se agenda? Hierdie mannietjie moet deur die howe gaan en sy dae in die tronk kry.

Raymond Bastone ·

Hahaha!!” Met die k!! Wat hy maak hoort hy lankal in die tronk

charmaine ·

En wat van al die skade wat sy mense Woensdag aangerig het?

Koos1 ·

hokaai, stop die lorrie! Ek is vir ‘n feit nie ‘n Malema aanhanger nie, maar ek vir wel ‘n aanhanger vir wat reg en verkeerd is, en hierdie is verkeerd. Hierdie saak is net soos die Gordan saak. Die NVG gebruik enige iets on enige opposiesie van Zuma te probeer smoor, en ek se nou vir julle “Dis verkeerd!”

Ek google en kry die volgende wet : “In South Africa it is illegal to sit closer than 2 Meters from person of the opposite sex, if he or she wears nothing but a swimming costume.” Hoe sou julle daarvan gehou word om volgens die wet aangekla te word?
Dis die kort en die lank hiervan. Dis alles ‘n politieke spel en ons howe word gebruik om die doelpunte aan te teken!

Koos1 ·

Veritas en kie, dit is duidelik dat julle my nie verstaan nie. Ek probeer geensins wat Malema gese het of sy aanhangers doen, goed praat nie, inteendeel soos julle in my eerste kommentaar gelees dit is verkeerd en ek veroordeel dit.
De regering (lees ANC) het teen apartheid baklei en elke dag hoor ons hoe sleg dit was, en nou na apartheid wil hulle die apartheidswette (lees ou, slegte wette volgens hulle) gebruik om hulle politieke teenstanders te probeer bykom. Dis wat ek probeer se het. Dis die brood aan albei kantte gebotter te he.
In Zimbabwe word hierdie taktiek ook gebruik deur Mugabe. Sy teenstanders word ook vir weke toegesluit as hulle iets slegs se oor hom, en daarvoor word ook ‘n oeroue wet gebruik.
Dit is nie die daad waarvan ek hier praat nie maar wel die toepassing van die wette.
Aag, ek weet nie hoekom ek die moeite doen om dit te probeer verduidelik nie, die persoonlike aanval op my, wat julle van geen kant af ken nie, wys vir my dat ek my tyd mors om die konsep te verduidelik.

Oom Walker ·

Rêrig Koos1? Om gedurig oproerige skares aan te hits tot onwettige grondbesetting en plundery is volgens jou heel aanvaarbaar?

Manie ·

Hierdie man is meer gevaarlik as sy siek vriend Mugabe. Hy is altyd besig met blatante rassisme. Dit is altyd alle wittes wat hulle plase gesteel het. Ek het ook een gehad wat ek ten duurste gekoop het en weer verkoop het want dit is te moeilik en te duur om kleinskaal te boer. Ek sou dit dalk gemaak het as ek n plaas kon steel soos hy nou sy mense aanhits om grond net te vat. Die man is sieker as wat baie mense dink. Hy moet so wees want dit is al hoe hy sy ondersteuners in sy siek party kan hou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.