Die byeenkoms in Esikhawini het in chaos ontaard en beamptes van die polisie se openbare orde-eenheid is na die toneel ontbied. Die beamptes het ʼn versperring tussen ʼn groep ANC-ondersteuners en nagenoeg 1 000 EFF-ondersteuners gevorm.
Malema is met klippe bestook enkele minute nadat hy op die verhoog verskyn het. Sy lyfwagte het hom teruggedruk terwyl klippe na die verhoog gegooi is. Malema het EFF-ondersteuners versoek om nie terug te baklei nie.
Die polisiebeamptes het rubberkoeëls na die groep ANC-ondersteuners gevuur. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het na afloop van die byeenkoms gesê ʼn “georganiseerde en gefinansierde skare” was verantwoordelik vir die geweld.
Nonhle Mkhulisi van die ANC het egter ontken dat dit die party se ondersteuners was wat klippe gegooi het. “Ek het gesien hoe EFF-lede klippe gooi.”
Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het intussen gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. “Die polisie ondersoek egter ʼn oortreding van die Wet op Openbare Byeenkomste aangesien die EFF se aansoek om die byeenkoms te hou glo afgewys is.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Lyk my die anc gooi net so sleg klip as wat hulle regeer. Juliaas lyk nog ongeskonde.
As ek moet kies wie ek wil glo dan kies ek anc eerder as eff .
Gooi heeltemal mis
Genade kan nie eers raak gooi nie ..breek net af …het niks gebrand nie ?
As skare anc klipgooiers gefinansier was, is my belasting geld darem een keer reg aangewend.