Julius Malema met klippe gegooi

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, is Saterdagmiddag tydens ʼn EFF-byeenkoms naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal met klippe bestook.

Die byeenkoms in Esikhawini het in chaos ontaard en beamptes van die polisie se openbare orde-eenheid is na die toneel ontbied. Die beamptes het ʼn versperring tussen ʼn groep ANC-ondersteuners en nagenoeg 1 000 EFF-ondersteuners gevorm.

Malema is met klippe bestook enkele minute nadat hy op die verhoog verskyn het. Sy lyfwagte het hom teruggedruk terwyl klippe na die verhoog gegooi is. Malema het EFF-ondersteuners versoek om nie terug te baklei nie.

Die polisiebeamptes het rubberkoeëls na die groep ANC-ondersteuners gevuur. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het na afloop van die byeenkoms gesê ʼn “georganiseerde en gefinansierde skare” was verantwoordelik vir die geweld.

Nonhle Mkhulisi van die ANC het egter ontken dat dit die party se ondersteuners was wat klippe gegooi het. “Ek het gesien hoe EFF-lede klippe gooi.”

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het intussen gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. “Die polisie ondersoek egter ʼn oortreding van die Wet op Openbare Byeenkomste aangesien die EFF se aansoek om die byeenkoms te hou glo afgewys is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Paul ·

Lyk my die anc gooi net so sleg klip as wat hulle regeer. Juliaas lyk nog ongeskonde.

Leonie ·

As ek moet kies wie ek wil glo dan kies ek anc eerder as eff .

GES ·

Ag maar dit gaan lekker. Baie interessant die verskonings en beskuldigings! Lyk my die faksiegrenslyne is dieper as wat beweer word.

Lance ·

Genade kan nie eers raak gooi nie ..breek net af …het niks gebrand nie ?

Asjas ·

As skare anc klipgooiers gefinansier was, is my belasting geld darem een keer reg aangewend.

Nic Grobler ·

Ek is nie ten gunste daarvan dat my belasting geld ENIGE klipgooiery finansier nie.

Luister ·

Lol, wonder wie het die tender gekry om klippe te verkoop?

Jef ·

So kinderagtig hierdie klipgooiery en die res van die wereld LAG.

Sê maar net ·

Hahahahahahahaha. Is dit dalk miskien ras gedrewe? Wie was nou eerste rassisties? Die anc ondersteuners of die eff ondersteuners? Moet saam Asjas stem, vir een keer as di gefinansier was, is my belasting geld reg gebruik vir iets

Tiger ·

So jammer die klipgooiers het nie eers goed gaan oefen voor die tyd nie!

Lance ·

Zulu teen pedi …dis ook rasisme wat nie altyd raakgesien word nie en wat vereker bestaan ….not alwys black and white hehe

Ekke ·

Julius is baie naif. Die wat hom PROBEER gooi het is nie noodwendig ANC ondersteuners nie.
Dit is mense wat logies kan dink wat besef EFF is besig om rassisme aan te hits, hulle verwoes Skole, Universiteite ens.
EFF wat staking op laat vlam lei tot werkloosheid.
Die mense raak keelvol vir Zuma’s en Malema’s.
N klomp geldgurige fandaliste. Hulle eie mense gaan hulle stop sit. Apartheid as verskoning gaan nie vir altyd as verskoning gebruik kan word nie!!! Het apartheis en rasisme klippe gegooi? Ek wonder.

Duitswes ·

Skotepetoors! So draai die wiel van die lewe.
Gee die klomp rekkers om te mik en ‘n merk te maak!!

Hendrik von Wielligh ·

Die geskiedenis is besig om hom te herhaal. Die pret voor Jan van Riebeeck waarna z so hunker.

Andre ·

Laat weet voor die tyd dat ek n vrag bakstene kan laat aflaai vir beide kante.

amelia ·

Hehehehe lag ek nou histeries. Wens kon dit sien. Hahahaha is erg as jy nie welkom is tussen jou eie mense nie. Of hul beyaal is of nie. WHO CARES THEY NEED MEDALS FOR DPING SOMETHING RIGHT.

Johannes Meintjes ·

… en laasnag se oorlog in plakkerkampe op die Walmansthalpad waar hutte afgebrand is en mense beseer of dood is. Hier word sterk aangevoer dat Burgerlike Beskerming ‘n groter poging in SA nodig het as blote reaktiewe polisieering en misbruik van die GPF om Staatsdeparte se werk gratis vir hulle te doen! Die SAPD en ambulansdienste is nie toegerus vir burgeroorlog nie, voer ek vanuit SAW ondervinding aan.

TTh ·

Malema is oningelig en swak opgelei – hy speel met vuur en hoort nie in hierdie land nie. Hoe gouer hy verdwyn hoe beter vir sy eie volgelinge en die res van die beskawing hier in SA.

Voorlaaier ·

Ou voorlaaier verstaan nie mooi nie!.. Het hulle die klippe gefinansier of wat? Waarvoor het hulle geld betaal?

Vramarnet ·

Ons pragtige mooi reenboog nasie. Malema het n vendetta teen Zuma. Zuma het hom oor ons grens gestuur om by die groot indoena te gaan leer. Nou byt sy haat hom op n plek wat seermaak. Hy en ons pres. en sy cronies is sleg vir ons land. Ons groeikoers is aangepas na 0.45% dit moet n wêreld rekord laagtepunt wees. So als word duurder, slegter, en dan sit ons nog met fatcats wat niks omgee nie. Ek wens die hele land se mense wil vir 3 maande hulle beladting terughou.

uhmm ·

Ons (Blankes) moet die geleendhede reg gebruik. Die fokus punt draai nou so bietjie in ‘n ander rigting. Ek is engels, so verskoon die spelling. History repeat itself in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.