Malema is tydens die mediakonferensie meegedeel dat die polisie by die party se hoofkantoor opgedaag het om ʼn dagvaarding op hom te beteken. Die EFF het ʼn foto van die dagvaarding op Twitter gelaai. Volgens die dagvaarding hou die saak verband met die verontagsaming van die Wet op Oproerige Byeenkomste.
Daar word verwys na ʼn voorval in Junie vanjaar naby Madadeni in Newcastle waar Malema glo EFF-lede “aangehits, beveel of gekry het” om ʼn misdaad te pleeg. Die misdaad waarna verwys word, is die onwettige besetting van grond.
Daar word ook na nog ʼn voorval in Desember 2014 verwys naby Mangaung in Bloemfontein waar Malema van dieselfde oortreding beskuldig word.
Malema sal na verwagting van aanhitsing om ʼn misdryf te pleeg aangekla word. Dit is nog nie duidelik wanneer hy in die hof moet verskyn nie.
Meer besonderhede volg later.
Malema dink ook hy is verhewe bo die wet. Die universiteite brand, miljoene rande se skade
word aangerig, en dan is hy nog vermeteld om te se dat hy hulle aanhits om dit te doen. Hy is niks beter as zuma wat hyself ingestem het om president te word en die klagtes teen hom te laat vaar het nie. Dit is reg dat hy in die bek geruk word.
Hierdie is ‘n beplande aksie maar nou weer ‘n erge flater aan die teenoorgestelde kant van die spektrum. Dis nou om petrol op ‘n groot vuur te gooi…
Daar is somtyds goeie nuus! Hierdie is amper so goed soos om die lotto te wen… ok, ek speel nooit die lotto nie – so dis nog beter as om die lotto te wen.
EFF = ANARGIE .
wel nadat hy feitlik national been het dat hy die studente aanhits om amok te maak, weet die universiteite en howe mis waarheen om die rekeninge vir die skade te stuur.
Die 783 bestandele in die heksepot en nou is hy ook daarin.Die heks sal moet hol want daar is moeilikheid aan die kom.