Julius Malema se bestuurder vas

Malema met sy aankoms by die hof Maandagoggend. Foto: EFF

Malema met sy aankoms by die hof Maandagoggend. Foto: EFF

Julius Malema, leier van die EFF, se bestuurder is Maandagoggend in hegtenis geneem.

Daar was aanvanklik verwarring en verskeie media het berig dat Malema in hegtenis geneem is. Kabelo Moloabi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van vervoer, het egter bevestig dit is Malema se bestuurder wat in hegtenis geneem is.

Volgens Moloabi is Malema se bestuurder teen 187 km/h in ʼn 120 km/h-sone betrap naby die Vaal-tolplaza op die N1. “Die bestuurder het versuim om stil te hou en is uiteindelik eers naby Ventersburg deur verkeersbeamptes voorgekeer en in hegtenis geneem.”

Malema het glo self hierna verder bestuur na die Bloemfontein-landdroshof waar hy vanoggend moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Wha hahhahaha!!!!! Maar: dis weer JULIHAS so diskrimunasie…rasssisties…hy was laat…haastig…dis SY grond wat die.pad op gebou is so hy MAG ry soos hy wil….

lettie ·

Dis n helse spoed! Die Swaziland afkomstige opstokerige student wat onlangs uiteindelik op borgtog is, is by hof om sy ondersteuning aan Malema te wys.

Deon ·

Hier kom weer liegstories wat n boek van geskryf kan word…….

Apartheid ·

Die spoedbeperking van 120 km/h is OOK ‘n apartheidswet.

Jan maak n Plan ·

Nee dis Jan Van Riebeeck se skuld of dis die boere se skuld.

Theresa B ·

Ek stem Johann. Maar kyk mooi. Hier gaan niks van kom nie. Nie JuliaHas of sy bestuurder nie. Hy staan nie verniet met ‘n smile in die Hof nie.

Scalla ·

Ek vermoed dit is van al die spoed dat juju so baie gewig verloor deesdae

callie ·

Glo maar. Su bestuurder sal loskom. Was dit nou n gewone lid van publiek was dit ander storie. Maar as hy wegkom hoef niemand mos meer wet te gehoorsaam want geen verskoning is geldig

Dirk ·

Bestuurder het versuim om te stop,was dit sy besluit of die uwe malema sin.Vra maar net..

Amanda ·

Hy flippen maak nes hy wil en wat hy wil …. maar laat dit nou ek gewees het. ……… freaken hell……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.