Julius Malema trou

Julius Malema en Mantwa Matlala Foto: @kuliroberts, Twitter

Julius Malema en Mantwa Matlala Foto: @kuliroberts, Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomies Vryheidsvegters (EFF), en Mantwa Matlala het Saterdag tydens ʼn privaat seremonie in Seshego, Limpopo, trou aan mekaar beloof.

Die Sunday Times berig meer as 20 veiligheidsbeamptes geklee in swart pakke en rooi dasse, het seker gemaak dat slegs uitgenooide gaste die saal betree. Meer as 500 mense het die seremonie in die groot, wit markiestent buite Matlala se ouerhuis bygewoon.

Van die gaste het glo in ʼn helikopter opgedaag en is met ʼn Golf 7 na die plegtigheid vervoer.

Malema het glo voor die troue ʼn duur verloofring gekoop met blou diamante, het die City Press berig.

EFF-voorsitter Dali Mpofu, Malema se prokureur Tumi Mokwena, voormalige Muvhango-aktrise Lerato Moloi en voormalige premier van Limpopo Cassel Mathale was onder die gaste.

Malema, sy seun Ratanang en sy ouma het omstreeks 13:00 opgedaag, aldus die Sunday Times.

ʼn Tweede partytjie vind Sondag voor Malema se ouma se huis plaas.

Maroela Media het vroeër berig Matlala kom uit ‘n gesin wat baie gesteld is op hul privaatheid. Sy is ‘n rekenmeester.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Malema onthou kind, die man is op aarde om ons vrouens en kinders en natuur te beskerm. Nie om almal in werkloosheid en oorlog te bring nie.

Christel ·

Nou hoekom nie in rooi over alls en voorskote getrou nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.