Julius Malema verskyn in hof

Malema tydens Maandag se hofverskyning. Foto: EFF/Twitter

Malema tydens Maandag se hofverskyning. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, het Maandagoggend in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Streng veiligheidsmaatreëls het by die hof gegeld en verskeie strate om die hof is afgesper. EFF-lede het buite die hof byeengekom, nadat hulle ʼn nagwaak by die Batho-gemeenskapsaal gehou het.

Malema het vlugtig in die hof verskyn voordat sy saak tot 5 Junie 2017 uitgestel is. Die saak is uitgestel, aangesien Malema tydens sy vorige hofverskyning, op 7 November in die Newcastle-landdroshof, aangedui het hy wil die Wet op Oproerige Byeenkomste as ongrondwetlik laat verklaar, aangesien hy meen dit is ʼn apartheidswet.

Tydens sy vorige hofverskyning het Malema te kenne gegee hy gaan ʼn aansoek in die hooggeregshof bring om die wet ongrondwetlik te laat verklaar. Landdros Ian Colditz het die aansoek toegestaan en gesê indien Malema se aansoek nie teen 7 Desember gebring is nie, moet hy weer in die hof verskyn.

Malema se ondersteuners buite die hof. Foto: ANA

Malema se ondersteuners buite die hof. Foto: ANA

Indien hy voor dan bewys lewer dat die aansoek wel gebring is, moet Malema eers weer op 5 Mei 2017 in die hof verskyn.

ʼn Dagvaarding is verlede maand by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, op Malema beteken. Hy is versoek om in die hof te verskyn op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging van EFF-ondersteuners om grond te beset.

Malema het op 16 Desember 2014 tydens ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein vir die eerste keer sy ondersteuners aangemoedig om onbeboude grond te beset. Hy is by hierdie selfde konferensie tot EFF-president verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Netjies ·

Waar is die rooi Themp nou of probeer hy beskaafd lyk? Hy gaan soos gewoonlik weer NIKS oorkom nie, hy gaan die saak wen op grond van die feit dat dit ‘ou apartheidswette’ is, enigiets met apartheid te doen word deur die ander partye gewen.

sdp ·

Wie het sy toespraak na hofverdaging geluister? Was dit n blanke, was hy nou toegesluit oor die toespraak..

Elizabeth ·

Die rooi comrade raak nou maer nê?!
Sou hy op n diet wees

Grassie ·

Elizabeth – ek het dieselfde gesê maar my kommentaar is terstond verwyder. Miskien het ek net so effens gewonder of daar daar dalk nie ‘n dieet betrokke is nie, maar ek het dit nie gesê nie.

Callie van der Merwe ·

Hy gaan waarskynlik weer sy sin kry! Maar grond waarvoor ons gesweet het is nie sommer vir vat nie!

Leendert ·

Malema weet hy is verkeerd. Hoe langer hy die hofverskyning en uitspraak uitstel, hoe langer kry hy grasie om met sy disinformasie en opruiery voor te gaan. Hy het by Zuma geleer om alle paaie eers te volg en enigiets te doen om jou dag in die hof te vermy, dan wil hy nog seker grondwethof toe ook.

Dis hoekom ons in die land sit waar ons sit, daar word gedurig verdag gemaak, soos deur die twee hier bo genoem. Alle rasse ly daaronder, die een word willens en wetens teen die ander afgespeel. En die howe kan dit nie tot ‘n punt bring nie. Die Burokrasie is nie deel van die oplossing nie.

Akram ·

Genugtig. Ek oorweeg ook om somige wette aan te vat. Dit beteken dat enige persoon nou wat n ootreding begaan, die wet die skuld kan gee en hom beroep om dit nietig te verklaar. wat is volgende?

Rina Pretorius ·

Ek sien volgens Beeld se Malema dat Afrikaansie blanke mans hulle plek moet ken en dat hulle die grond moet teruggee. hahahahaha wat ‘n groot grap. Hy moet bykom en sy plek begin ken, hy loop op baie dun ys dit kan ek se want hy ken nie ‘n boer nie, hy gaan sy moses teekom op groot skaal baie binnekort

m ·

Hy sal tog niks oorkom nie. Dis ma weer net n vermorsing van ons tax gelde.

Del ·

Shoe, sy toespraak na die tyd… bewys weer hoe skulig aan haatspraak en opsweep hy is. Hy moet pasop wat hy se. Hy dink die boere is dalk bang vir hom? Hy leef in ‘n droom wereld as hy dink hulle kan SA “terugvat”en ‘n sukses daarvan maak. Ai-Ai

callie ·

Wonder hoe het dit gebeur dat ene dame Sparrow se hofsaak so vinnig afgehandel is maar die knaap is 2 jaar later eers voor hof gedaag en dan daag hy wet iut. Mev Sparrow kan seker appel aanteken en wet uitdaag

Jacques ·

Julle het vergeet om sy bookskap vandag aan “Afrikaner mans” te noem.

snoefie ·

wie weet of daar ongebruikte grond by nkandla is? sauce for the goose ne. malema weet ook nie waar sy eievoorouers vandaan gekom het nie. hulle was die grondbesetters wat tie uiteindelik die grond aan die wit”DIEWE” verkwansel het.

Johan Pretorius ·

Ek se Malema hou op dreig en doen wat jy se jy gaan doen asb. Ek is nou moeg om dieselfde ou storie elke dag te hoor. So kom my bra. Kom try die boer asb dan kyk ons hoe ver jy kom. Julle is n klomp lafaards wat weerlose ou mense op plase aanval en mense wat slaap omdat hulle die hele dag kos produseer wat jou aan die lewe hou. Geen boer wat ek ken het die grond by enige swart mense gesteel nie. Hulle het almal bloed gesweet om geld te maak en elkeen van daai plase gekoop met bloed geld. So ek se vir jou Malema ken jou plek.

Stem saam ·

Ek stem 100% saam met jou Johan Pretoruis. Malema het meer mond as binne goed. Ons boere is nie bang nie ons is lus vir hom en ons wag vir hom! Niemand van ons het grond of huise verniet gekry nie ons het bloed gesweet en “gewerk” wat ons het nog minder het ons dit gesteel. Die storie kom van Jan Van Nkandla af(Zuma).

Annelize ·

Hy lyk vir my bietjie ongewoon maer, of is dit nou net ek wat my bril agterstevoor om aanhet?

Annelize ·

Uvonka, dink ook daai ding, as mens so baie loop en bollie praat, en haat en geweld loop en aanblaas, gaan daar maar min tyd oorbly vir spys en drank. Klein Mugabe is mooi opgelei…

callie ·

Sal dit nou mooier stel. Het fotos gesien van hom by, soos voorgeskrewe boek op skool dit stel, Hebt huiz waarvoor de liefden betaald worden. Kan dalk net sleg wees

Piet Piper ·

“If complete and utter chaos was lightning, then he’d be the sort to stand on a hilltop in a thunderstorm wearing wet copper armour and shouting ‘All gods are bastards!”
― Terry Pratchett, The Color of Magic

BOLANDER ·

Is daar nie asb iemand wat hierdie stuk gemors uit die samelewing wil neem nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Oom Kalahari ·

Die jong seun Malemma is nogal spraaksaam en uitdagend met sy negatiewe stellings. En intussen sak tussen 5 en 13 toe op plase en moor uit, waarom nie een-een sy troefkaart gaan speel of sy diensfooi gaan besleg nie. Lafhartige optredes op onskuldige mense word in die geskiedenisboeke opgeteken en sal voortleef. Laat staan die haat uitsprake en gaan om met die goeie mense op dinees, gesels oor sake wat gemeenskaplike belang is, neem hande tot uitbou van die land tot almal met vrede en versoenbaarheid en sodoende sal die stress nie ‘n impak op jou eetlus teweegbring nie.

Henry ·

Julies vertel vir ‘n handievol ondersteuners, meesal jongmans wat vroeg uit die skool is en nou werkloos is, die grond is hulle s’n. Nou wonder ek watter grond en wie van die handjievol gaan wat kry? Hierdie arme jongman staan daar en in sy geestesoog sien hy hoe hy op die stoep sit en pyprook en toekyk hoe 10 trekkers sy mielielande ploeg en hoe die reën presies op die regte tyd val, terwyl die res van die handievol op die lande vir hom werk vir ‘n sak meel per maand. Hy weet nie eers Julies het baie swak in die afgelope verkiesing gedoen nie en indien sy party sal groei, sal Julies moontlik oor 10 of 15 jaar president van Suid-Afrika wees, en dan gaan Julies die plaas vir himself vat.: of beplan hulle dalk ‘n staatsgreep??

FM ·

Ek wonder of julius se gewigsverlies is agv n dieet. ?!!!!Ek wonder maar net. Dit het vir hom gewerk. Hou so aan?!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.