Julius Malema weer in hof

Malema Vrydag in die hof. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag weer in die hof verskyn en kort daarna voortgegaan met uitsprake wat juis tot sy hofverskynings gelei het.

Malema het vlugtig in die Newcastle-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn en die saak is tot Oktober uitgestel.

Malema, wat in sy kenmerkende rooi oorpak in die hof verskyn het, het kort hierna ondersteuners buite die hof toegespreek en sy uitlatings is via die EFF se amptelike Twitter-kanaal versprei.

Hy het onder meer gesê wit mense sal nooit die stryd om grond verstaan nie. “Gaan asseblief en beset grond terwyl jy nog leef anders sal jy net grond kry wanneer jy dood is, naamlik ʼn graf.”

Volgens Malema probeer die ANC wit mense paai. “Hulle doen alles net om wit mense gelukkig te maak. Al die grond behoort aan ons, selfs al die dagga. [Pres. Jacob] Zuma is nie die probleem nie. Hy is net ʼn irritasie. Die werklike probleem is wit monopolie op kapitaal waaraan ons aandag sal gee wanneer ons Zuma verwyder.”

ʼn Dagvaarding is in Oktober by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, aan Malema beteken. Hy is gebied om in die hof te verskyn op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging van EFF-ondersteuners om grond te beset.

Malema word aangekla vir sy beweerde verontagsaming van die Wet op Oproerige Byeenkomste. Die aanklagte hou verband met twee voorvalle van die onwettige besetting van grond.

Die eerste voorval was in Junie verlede jaar, naby Madadeni in Newcastle, waar Malema glo EFF-lede “aangehits, beveel of gekry het” om onwettig grond te beset. Die ander voorval was in Desember 2014, naby Mangaung in Bloemfontein.

Malema het tydens ʼn vorige hofverskyning aangedui hy gaan ʼn hooggeregshofaansoek indien om die Wet op Oproerige Byeenkomste ongrondwetlik te laat verklaar. Volgens Malema is dit ʼn apartheidswet.

Daar word intussen gewag vir die uitspraak in die bogenoemde hofaansoek vir die saak teen Malema om voort te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan Pretorius ·

Daarsy, nou gaan daar weer vanaand plaasmoorde wees. Want elke keer as Malema sulke uitlatings maak, kan julle maar kyk daar word plaasaanvalle en moorde uitgevoer. Niks maar absoluut niks sal met die nar gebeur nie. Hy werk steeds saam die ANC en hoekom sal die ANC sy maatjies in die tronk wil sien? Die ding wat hy met Zuma het is net n front!!!

Bietjie bietjie ·

Nee wat Johan
Daar gaan nie plaasmoorde wees a.g.v M se gepraat !
Die onmoontlike is steeds moontlik reg.
Verskil is besig om te gebeur .
Kom ons glo dit eerder my mede Afrikaner

Tikkel Tokkel ·

AG julle mors julle tyd . wat het hy al oorgekom van al die hofsake en aanklagte teen hom? Miljoene wat hy aan SARS skuld, die tenders wat onreelmatig toegeken is, sy haatspraak en aanhitsing van geweld . WAT HET HY AL OORGEKOM ? Hy loop daar uit en maak PRESIES dieselfde stellings as wat hom in die eerste plek in die hof laat beland het en WEEREENS kom hy niks oor nie ..

ek voel.... ·

hoekom kom hy niks oor nie? omdat ek en jy en sy en hy nie n dag afgevat het by die werk om “no bail for Malema” te gaan skree met n swart pop wat aan n plankie hang nie. daarom kan hulle hom nie vir sy veiligheid aanhou nie. wat makeer ons? Dis reg ons is nie aanmekaar gesit met haat nie.

Julius wit mense wilbook “land” hê. maar ons kan dit nie bekostig nie daarom betaal ons maar ander mense se huisverbande vir die reg om in n huis te kan woon.

Johann ·

Hoeveel keer wil hulle nog sy saak uitstel al ou grondjie wat hy ooit sal rondsleep is die stukkie wat hy met rooi oorpak bedek

Boertjie ·

Ek gaan nou by Malema se huis betoog en plunder dis my reg!!! Wonder of hy nog so happy gaan wees!!!

Lollie ·

Hy sal nooit end kry nie! Gee vir hom sy klein stukkie grond, dalk is dit dan die einde.

Michael ·

Die media gee te veel dekking aan hierdie onverantwoordelike man wat nie sy mond in die openbaar behoort oop te maak nie. Die media is net so skuldig soos hy dan in die nagevolge van sy uitsprake

M ·

Michael, jy is reg, die wyse waarop die media verslag gelewer is daarop gemik om sensasie te soek en mense op te werk.

Manie ·

Wat van die duisende hektaar grond wat in besit is van swartes. Eks nou in Natal en sover as wat jy ry langs die kus is hier duisende hektaar grond waarop swartes woon. Hierdie nar van die eff moet nie dink almal bewe as hy praat. Sy bangmaak praatjies laat miskien sy oningeligte aanhangers goed voel

AL ·

Die oningeligtes en die ongeletterdes is waarop sy fokus is. Dis sy kortpadkaartjie om in die politieke poundsheets te sit. Sy grootste droom is mag en rykdom en Zums se stoel.

Johann cb ·

Ai tog, hoekom trek almal die arme man so uitmekaar? Hy beoefen net sy demokratiese reg…

Pork Chop ·

Dis agv mense soos jy wat ons volk verdeeld sal bly. Is dit sy reg ook om moord en haat te preek? So jy ondersteun dit. Al die boere wat vermoor is agv sy haat spraak keer jy ookhet seker goed. F Haas.

leon pit ·

malema swart mense sal ook nie verstaan waar en hoekom die land is waar hy is nie erger as rommelstatus. Die eens mooi S.A. is n rommelhoop.

Han ·

Hy behoort net daar in hegtenis geneem te word en toegesluit word!

Johannes Meintjes ·

Intussen het alle wetsgehoorsame burgers op grondvlak in SA nou lankal reeds gulde geleentheid om in die aangesig van soveel haatlike en aanvegbare uitspraake deur leiers in SA, alles moontlik en binne die nasionale en internasionale wet te doen om burgerlike beveiliging en besitreg regdeur SA ordelik en gestruktueerd in plek te bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.