Julius Malema weer in hof

Julius Malema Vrydag in die hof. Foto: EFF

Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag vlugtig in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956.

Malema se regspan het versoek dat die saak tot 8 November uitgestel word om die hooggeregshof in Pretoria kans te gee om ʼn besluit te maak oor Malema se aansoek rakende die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste.

Malema se regspan het in Desember in die hooggeregshof in Pretoria geargumenteer dat Malema nie ʼn misdaad gepleeg het met sy uitlatings nie. Uitspraak in die saak is voorbehou. Malema beskuldig die staat daarvan dat hy “wette uit die apartheidsera” gebruik om kritici stil te maak.

Die staat het Vrydag tot Malema se regspan se versoek ingestem en die saak is tot 8 November uitgestel.

Malema word aangekla nadat hy lede van die EFF aangemoedig het om oop grond te beset. Hy staan tereg op aanklag van aanhitsing. Hy het die uitlatings in 2014 tydens die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein gemaak sowel as in Junie 2016 tydens ʼn byeenkoms naby Madadeni in KwaZulu-Natal.

Malema moet weer op 8 Julie in die Newcastle-landdroshof verskyn in verband met die aanklagte daar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Malema is meer in die hof as op die “job”!
En elke keer VERLOOR hy!
Gaan hy nooit leer nie?

stoney ·

Los hom. Elke keer moet sy party betaal. Hoe langer hulle aanhou om uitsprake te maak en die hof beslis dat EFF moet betaal, word die geld al minder!

Blommie ·

Mooi so, een van die dae is hy meer in die hof as in die Parlement en hopelik daarna tronk toe!!!

Lee ·

As mens so baie geld vir regskostes moet betaal raak geld vir kos min.

eff ·

Probeer julle die apartheids wette toepas of regstellend aksie wette of gebruik julle “white monopolistic capital” om ons maer-wordende leier te kritiseer?

Anoniem ·

Agnee dit is uitstel op uitstel op uitstel, daar kom niks van nie, die haatspraak is al in 2016 gemaak en as ek reg kan onthou was die eerste veskyning ook dan! Waarom so lank vat op so patetiese verweer?

Sakkie ·

Hy moet mos eers tronk toe voor hy president kan word of hoe

Lana ·

Hy moet so baie hof toe – hulle het besluit om dit altyd op die 8 ste van die maand te doen. Dan is dit maklik om datum te onthou.

M ·

Mors net ons belastingbetalers se geld, hierdie hof uitstellery!

Gert van Wierdapark ·

Skynbaar het hy maar vir homself ‘n Hof-Seisoenkaartjie gekry wat nogal parkering verge maklik!

George ·

Dink solank wanneer die” uitsteldatum” op 8 November gegee sal word.

???? leser ·

@lukie carelson
met ‘n druip punt in houtwerk, dink jy daai kop kan so ver dink om uit die moeilikheid te bly

Robert ·

Wet van 1956? Is dan ń apartheids wet. Het nie geweet hulle is nog wettig nie.

Adriaan ·

Politici is ‘n skandvlek, veral as hul gewoonte misdadigers is. Waarom verdra Jan Alleman hierdié elemente? Verwyder hul uit die samelewing!!

Kommentaar ·

Hierdie man Malema staan in die hof geklee met die beste stel klere. En dan in die Parlement dans al sy rooi mensies om hom. Hy sal wegkom weer en dan sal die saak weer hersien word. Wanneer gaan hy tronk toe net soos Zuma. George ek stem saam – daar gaan weer ‘n uitstel datum gegee word, niks verder nie.

George in Bloem ·

Viva Juliaaaaaasss. Suid Afrika se eie “Teflon Don”. Julius die Onaantasbare. Dat hierdie ou nog rondloop so vry soos die voels is ‘n duidelik bewys dat ons regstelsel een groot grap is as jy deel is van ‘n sekere deel van die bevolking. Ons wette,en die toepassing daarvan,geld deesdae maar eintlik meer vir ons Voortrekker nasate in hierdie land. Ouens wat wag vir dinge om te verander moet liewers nie hulle asem ophou nie. In hierdie SA “Animal farm,some animals are indeed more equal than others”. Soos ou Steve se “Dis hoe dit is!”

Anoniem ·

Rerig hoe dom met n mens wees as gevolg van sy aan hitsing word daar elke dag blankes in boere in hierdie land vermoor leer hom n les en stuur hom tronk toe sodat hy bietjie kan afskaal van sy weelderige lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.