‘Julle het die verkeerde ou’ – Malema

Julius Malema Woensdag in die getuiebank. (Foto: AfriForum/Twitter)

Julius Malema, leier van die EFF, sê hy sing nie self die “Skiet die boer”-lied nie, maar is nie gekant daarteen dat sy ondersteuners dié lied sing nie.

Mark Oppenheimer, AfriForum se regsverteenwoordiger, wou Woensdagmiddag by die politieke leier weet waarom hy nie die lied sing nie.

“Hoekom moet ek dit sing? Ek het geen rede om dit te sing nie,” was Malema se antwoord.

“Wat sal jou siening wees wanneer lede van jou party dit sing?” wou Oppenheimer toe by hom weet.

“Hulle sing ’n lied. Dit is ’n bevrydingslied.”

“So, dit sal nie verkeerd wees indien hulle dit sing nie?”

“Nee, dit sal glad nie verkeerd wees nie.”

Malema het Woensdag in die getuiebank van die Johannesburgse hooggeregshof, wat as die gelykheidshof sit, ingeskuif tydens die aanhoor van AfriForum se siviele saak oor die gewraakte lied wat reeds vantevore tot haatspraak verklaar is.

Malema hou vol daar is geen beeldmateriaal tans voor die hof waarin daar gehoor kan word dat hy die “Skiet die boer”-lied sing nie.

“Ek het dit nie gesing nie. Julle het die verkeerde ou,” het hy volgehou.

Daar is wel beeldmateriaal van die EFF se vierde verjaarsdagviering in 2016 waar Malema die woord “skiet” bloot met “soen” vervang het. “Shoot to kill. Kiss the boer. Kiss the farmer,” het Malema destyds op ’n verhoog gedreunsing.

Die EFF-leier het gesê Oppenheimer moenie net aanneem dat hy die woorde verander het bloot omdat hy nie die lied wou sing nie.

“Ek wou hê die rassis, wat verklaar het dat dit immoreel is vir ’n swart mens om ’n wit mens te soen, moet aanstoot neem. Ek het geweet wanneer ek dié lied sing, sou die rassistiese wit oppergesag aanstoot neem.

“As ek ‘Skiet die boer’ wil sing, dan sal ek. Ek het vir jou gesê ek sing dit nie. Dit beteken egter nie dat ek dit nié sal sing nie. Ek kan dit sing. Enigiemand wat dit sing, is geregtig om dit te sing. Dit is ’n struggle-lied.”

Malema het vroeër vandag tydens sy getuienis gesê die lied moet nie letterlik opgeneem word nie aangesien dit bloot op die stelsel van onderdrukking gerig is. Die boer is volgens Malema bloot die gesig van grondbesetting.

Oppenheimer het daarop gewys dat die EFF die lied verpersoonlik tot ’n spesifieke groep mense en dat die liriek uitdruklik lui dat die boer vermoor moet word.

Malema hou egter vol elke stelsel het ’n “gesig”.

“Wanneer jy praat van ’n demokrasie soos Suid-Afrika, is daardie gesig Nelson Mandela. Wanneer jy praat van ’n stelsel van onderdrukking wat eiendom by ons gesteel het, sal daardie gesig Jan van Riebeeck en die boer wees.

“Jy moet dit betekenis gee.” Volgens Malema moet mense hulle met die sogenaamde gesig van ’n stelsel kan vereenselwig, maar dat mense verstaan dat daar nie letterlik bedoel word dat die boer vermoor moet word nie.

“Hoe weet jy hulle verstaan dit so?” wou Oppenheimer toe weet.

“Hulle sou dit teen hierdie tyd al gedoen het,” was Malema se antwoord.

“Hulle het,” het Oppenheimer daarop gewys.

“Nee, hulle het nie,” het Malema volgehou.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum en skrywer van die boek Kill the Boer: Government Complicity in South Africa’s Brutal Farm Murders, het egter verlede week getuig oor die wesenlike toename in aanvalle en moorde in die maande nadat die lied by geleenthede gesing is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Pietertjie ·

Hy het mooi geleer by oom Zoompie: besmeer homself gladnie met die waarheid nie.

Perdeby ·

Malema hou hom baie slim! Hoeveel keer het hy nie al op ‘n verhoog gestaan en dit gesing nie.

JohanR ·

Ja Desire…..dis nou die ou wat ons agter die gym gebou gevat het, en toe hy daar uit kom was al sy arrogansie weg!

Sandra ·

Ek het net die opskrif gelees. Hulle het beslis die regte ou. Hy is die leier van die EFF. Die engelse se you lead by example. So hoe gaan sy mense weet om nie die lied te sing, as hy hulle nie berispe en stop nie.

piet ·

Hier gaan niks van hierdie saak kom nie. Weet julle hoe arrogant gaan hy wees as hier niks gebeur nie want dan het hy mos gewen. Dan weet hy, niemand kan iets aan hom maak nie. Hy’s ook die tipe wat dan juis sy volgelinge sal aanpor om nog meer die lied te sing.

Jr ·

This thing thinks he is so clever. His answers are the answers of a person??? who has no respect for the law. His crossed arms are one of arrogance. It’s time we protested with our own songs and refuse to sing nKosi, sit while it is being sung and then sing the old anthem while standing. They don’t like it they can take us to court. Let’s stand together

Samuel ·

Malema is arrogant, maar wat daarvan die media gee minder aandag aan hom? Hy hou, net soos NDZ van die kollig.

Sê maar net ·

Malema se hele liggaamshouding skree arrogansie en minagting :(

Deon ·

Met alle respek, wat wil met hierdie hofsaak bereik word? Hy gaan soos gewoonlik, soos wat n stuk seep uit n mens se hande gly, uit hierdie situasie glip, en wat is dan eintlik bereik? Ons weet almal wat sy intensie met hierdie lied is. Waarom kan hy se en maak soos wat hy lus voel sonder om enige gevolge te dra? Polisie manne aanrand, vuurwapens in die openbaar, met n menigte mense rondom hom, afvuur. Winkels afbreek wat nie doen waarvan hy en sy gevolg hou nie en so gaan die lys aan. Waarom?

Duck ·

Aag kom nou, die mannetjie is onskuldig, jy het mos nou gehoor dat hy dit nog nooit gesing het nie…hoekom glo niemand hom nie? (Hoè bome, Leè blikke) daardie twee idiome kom op in my gedagtes, ja, die man is onskuldig so gee hom ‘n BELLS!!!!!!!!!

Papsak ·

Hy het daai lied net so hard gesing al nou hou hy hom slim maar laat ons wittes iets oor hulle sing dan krenk ons hulle in hulle eers en sal hy wat malemma is sorg dat ons gebraai word

Owlie ·

As hierdie in die howe, deur ons gereg, deur ons regering, deur enige politieke party aanvaar word kan dieselfde vir ENIGE ander so called resistiese woord/bewoording/uitspraak aanvaar word en hoort almal wat reeds skuldig bevind/gevonnis/beboet is ten volle kwyt skelding te kry
Met Ander Woorde as sekere woorde nie deur sekere rasse ge-uiter mag word nie en sekere rasse kry tronkstraf/boetes moet hier ook tronkstraf/boetes teenwoordig wees

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Nou dan sal dit seker ook maar reg wees as ons sing Shoot the Black man, kill the Black man, ek meen ons bedoel dit darem nie regtig nie en hulle moenie dink dit is letterlik nie.

henndrik ·

As ‘Die Stem’ ongewens is dan is ‘kill the boer’ ook ongewens

Miskien ·

Sal hy steeds sy redenasie he as iemand se “Skiet die Zulu”, dit is tog mos net “metafories”?

Chris ·

Om ‘n argument met ‘n wyse/slim ou te wen is ‘n moeilike takie. Om ‘n argument/bekgeveg met ‘n dwaas te wen is ‘n onbegonne taak. Wanneer jy met ‘n dwaas redeneer en ‘n verbyganger sien dit, dink hy daar is twee dwase. Die vent kry onbeperkte media dekking. Hy word as die messias van die onderdrukte/mishandelde massas voorgehou deur die media dekking wat deur sy ewe gekniehalterde agterryers en meelopers as waarheid opgeslurp word.

Di ·

Hierdie idioot soek net aandag! Media moet hom begin ignoreer, hy kry hopeloos te veel aandag daarom is hy so arrogant

Maritza ·

Maar laat ons nou so iets sing dan sit jy met jou gat in die tronk

Hannelie ·

Vervolg en sluit elkeen toe sonder die opsie vir parool wat hom skuldig maak aan die tipe aanhitsing.

Genis ·

Ons regs sisteem is so toksies, en teen wittes, hier gaan niks van kom nie… Hoor maar net hoe lag mense in die hof, dink dis n grap… Moord op die mindere is n grap… En die Nar is in die parlement ook…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.