‘Julle is gewaarsku’, sê Nehawu oor nuwe vlaag infeksies

(Argieffoto)

Die vakbond Nehawu sê die regering het versuim om gehoor te gee aan sy waarskuwing oor ʼn toename in Covid-19-gevalle in die Nelson Mandelabaai-metrogebied, asook oor die kwesbaarheid van die gesondheidstelsel te midde van die pandemie.

Kort nadat pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand ʼn hernieude beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om hul gedrag te verander om ʼn tweede vlaag infeksies te voorkom – terwyl hy Nelson Mandelabaai terselfdertyd tot brandpunt verklaar het – het Nehawu gesê hy het die regering reeds in Junie tydens ʼn besoek aan die gebied hieroor gewaarsku.

“Ons het aan die regering en die departement van gesondheid gesê dat die Nelson Mandelabaai-gebied ʼn tydbom is en dringende ingryping benodig,” het Nehawu in ʼn verklaring gesê.

“Daar was onlangs hoofopskrifte oor oorvol hospitale, ʼn gebrek aan personeel om na pasiënte om te sien en vervalle infrastruktuur. Dis egter nie vir ons nuus nie. Ons het ons bes gedoen om die regering teen hierdie dreigende ramp te waarsku.”

Ramaphosa het Donderdag gesê die Nelson Mandelabaai-metrogebied en die Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap, asook die Tuinroete-distrik in die Wes-Kaap, is die streke waar die meeste infeksies in hierdie stadium aangemeld word.

Verskeie hospitale in die Nelson Mandelabaai-metro het boonop ʼn toename in alkoholverwante trauma ondervind.

Om die toename in infeksies in die Oos- en Wes-Kaap in bedwang te probeer hou, het die regering ʼn plan in werking gestel wat in samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ontwikkel is.

Nehawu sê die toename in nuwe infeksies moet rede tot kommer wees, asook ʼn wekroep vir Suid-Afrikaners om alle Covid-19-maatreëls getrou te volg.

“Ons kwesbare gesondheidstelsel gaan nie ʼn tweede vlaag oorleef nie, gegewe die feit dat die meeste van ons fasiliteite steeds steier onder ʼn tekort aan personeel, ongereelde verskaffing van persoonlike beskermingstoerusting en ʼn tekort aan medisyne.

“Ons doen ʼn beroep op die regering om weer na ons verslag te kyk wat oplossings voorstel vir die probleme in ons hospitale en klinieke.”

Nehawu sê die regering gaan weereens van sy lede in die gesondheidsektor verwag om die stryd teen die koronavirus aan te voer. Dít terwyl die regering Nehawu se lede “gulsig” genoem het omdat hulle gevra het dat ʼn salarisverhoging waarop vroeër reeds ooreengekom is, steeds in werking gestel word.

Die regering sê hy kan nie meer hierdie salarisverhoging bekostig nie omdat die ekonomie toenemend versleg en die situasie boonop weens die afsonderingstyd vererger is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dup ·

Hoekom iets regmaak as dit gebreek is….? gaan net aan,doen dieselfde ding oor en oor en verwag elke keer ñ ander resultaat.

Peter Pan ·

Hulle wil mos nie luister nie, doen net wat hulle wil en ons moet daaronder ly..

Anel ·

Met die WGO saamwerk? Asseblief?! Hulle sê spring en die ANC vra hoe hoog. Hulle lag ook seker lekker vir hierdie land. Gesien die res van die wêreld vertrou hulle nie meer nie, nou kry hulle ‘n ander bloedbroer. Al so moeg dat alles om’ n virus moet draai.

Sarel ·

1. Nehawu is ondersteuner van dir ANC.
2. Nehawu is deels verantwoordelik vir swak en ondoeltreffende Gesondheids dienste a.g.v swak standaarde en gedurige stakings vir hoër lone en swakker Produktiweteit.
3. So moet julle nie nou self op die skouer tik nie

Sênet ·

As ek kyk hoeveel mense nie maskers dra as hulle uit gaan is ek glad nie verbaas nie.

gehasie ·

En die plandemie sleep voort! Meer en meer medici bevraagteken die geldigheid van n pandemie status asook die toetsresultate. Herstel koers in die 90% en nou wil hulle inenting nader sleep. Maak doodeenvoudig nie sin nie.

daniel ·

Die eintlik probleem is die toevloei van mense na die see wat oorvol strande tot vervolg het, daarom moet aandag gegee word om die vloei van mense oor provinsiale grense te verhoed

Renier johannes ·

Hoekom is china stil oor covid net ons nare dwing gesag af pateties

Nico ·

Hoeveel sterf gevalle is werklik Covid19, dit word gedoen omdat daar geld aan verbonde is die WGO is besig om Suid Afrika te manupileer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.