June Steenkamp onseker oor Oscar se egtheid

June Steenkamp in die hof Foto: Masi Losi/Pretoria News/Pool (SAPA)

June Steenkamp in die hof Foto: Masi Losi/Pretoria News/Pool (SAPA)

June Steenkamp, Reeva se ma, het in ʼn eksklusiewe onderhoud met die Daily Mirror gesê sy is onseker of Oscar Pistorius nie net toneelspeel nie.

Steenkamp het aan die koerant gesê sy hou Pistorius fyn dop om te sien wat die waarheid is.

Pistorius staan tereg op ʼn aanklag van moord nadat hy Reeva op 14 Februarie 2013 by sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Pistorius is baie emosioneel in die hof, druk soms sy vingers in sy ore en was al naar en het braakgeluide gemaak.

Foto’s van die toneel, die vuurwapen en Reeva se kopbesering is al in die hof vertoon terwyl June die hofverrigtinge bygewoon het. “Dit is baie traumaties, maar dit is my kind. Ek moet na die grafiese besonderhede luister,” het June in die onderhoud gesê.

Sy het gesê Pistorius se openbare verskoning het haar nie geraak nie.

June (67) woon die hofverrigtinge alleen by, aangesien haar man Barry (69) te siek is om na Pretoria te reis van hul huis in Port Elizabeth. Barry het ʼn beroerte gehad en is aangeraai om nie te vlieg nie. Hy beplan egter glo om binnekort wel by June aan te sluit.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johanna ·

Ek is dalk ver in die minderheid, maar ek glo aan Oscar se egtheid en sy weergawe. As ek June se gesiguitdrukking dophou sien ek ‘n vrou met ‘n hart van klip. Ek is gewoonlik baie akuraat om mense se persoonlikheid te ontleed deur na gesiglyne te kyk, en ek sien ‘n wraakgierige trek. June sal niks anders raaksien as haar eie wraak. Sy het verlies gely en dis al wat vir haar belangrik is. Sy het nie meer ‘n beeldskone dogter waarmee sy kan spog. As die hofsaak verby is sal haar naam ook van mense se lippe vervaag. Dan sal jy iets/iemand anders soek om mee te spog. Oscar is onskuldig, sy weergawe is eg en sy spyt is baie diep. Sterkte Oscar. Ek bid vir jou June. My hart gaan uit na julle want ek het ook ‘n pragtige dogter aan die dood afgestaan.

verlig ·

So bly ander glo ook in sy opregtheid. AS hy werklik onskuldig is, hoe verskriklik traumaties moet hierdie hofsaak nie vir hom wees nie?

anne ·

Weet nie of jy blind of net pleinweg vertraag is nie. Hy is so skuldig soos 10 en ek hoop hulle laat hom dit goed kry in die tronk, mag hy soveel jaar suffer as wat hy nog lewe. Hy wil nie eers face wat hy gedoen het nie, hy is lafhartig en niemand moet hom jammer kry nie. As hy nie bekend was nie sou niemand omgegee het nie, maar nee almal het hom as n ikoon gesien en hyself het gedink hy is god.

Theresa ·

Sterkte June – Dit moet baie erg wees. As dit my kind was sou daar nie eers ‘n hofsaak gewees het nie. Soos Piet Byl sê – Kyk verby Oscar se trane………………..

George Barnard ·

Johanna nee man die man het moord gepleeg,en hy lieg so dat hy hom self glo .Ek voel niks vir hom nie hy moet boed vir sy dade net omda( hy n parapleeg is jammer kry nooit hy is n bederwe brokkie en n lieg baie

Theresa ·

Nee Johanna en Anne. Wil julle nou hê June moet vir Oscar ‘n tissue aangee, ‘n bietjie water gee en sy groen emmertjie omruil. Liewe hemel – kom by. Dis haar kind wat so wreed weggeruk is van hulle af en Oscar lieg en hy weet dit.

Anne ·

Dis nie nodig om by te kom ek glo ons is by dankie. Nee wat en hou maar die tissue’tjies

Voel Ook So... ·

Johanna en Anne…..Ek stem saam met julle, al die mense wat so oordeel en klippe gooi, wonder wat sou George Barnard se reaksie gewees het as dit sy Seun was wat sy Vriendin geskiet het??? Met die hofsaak het ek weereens gesien hoe “vieslik” en “afgryslik” ons mensdom is! mag ek nooit in Oscar se skoene staan nie, want hy is reeds skuldig bevind deur die mense in glas huise!!!

Zelna Cilliers ·

Ek stem 100% saam met Johanna, ek glo Oscar is onskuldig. Hy is ‘n atleet nie ‘n akteur nie. Sterkte Oscar ek staan agter jou. Dit moet erg vir jou ook wees om deur alles weer te gaan. Mens kan nie alles perfek onthou wat op so ‘n aand gebeur het nie, jy is al deur so baie. Hoop jy het ‘n goeie persoon wat na alles vir jou berading kan gee. Jou familie staan agter jou en hulle glo in jou, want hulle ken jou. Jesus moet jou hand vat en ek glo jy sal hier uitkom.

Nadine ·

Ek kry die Steenkamps sowel as Oscar-hulle almal baie jammer. Daar is groot verlies hier betrokke, maar ek wonder net hoekom ek altyd vir Reeva se pa sien huil (net soos Oscar) maar nooit vir June nie? Ek weet nie of sy altyd so koud en emosieloos is soos sy voorkom nie. Ek kan myself indink hoe sy haar emosies in die hof moet bedwing, maar sy lyk kil en nie soos ek dink my ma sou gelyk het as sy in June se skoene moes staan nie

Martin ·

Johanna, jy is glad nie akkuraat nie, anders sou jy nie sulke twak kwytgeraak het nie.

Mariaan ·

Let op in die klas Johanna! Kyk na die feite van die saak. Oscar het al hoeveel verskillende weergawes gehad en sy storie aangepas en jy noem dit eg? En wat betref jou opinie oor Reeva se ma, of ontleding soos jy dit noem, kan mens net jou kop skud. Natuurlik sal die vrou vol wraak en bitterheid wees. SY het ‘n dogter verloor! En hoe uiters onsensitief van jou om te beweer al waaroor sy hartseer is, is omdat sy nie meer ‘n dogter het om mee te spog nie en dat sy na die hofsaak iemand anders gaan kry om mee te spog!!!! En dit lees jy nou alles in haar gesigsuitdrukking! O ja wag, jy het mos Oscar se gesigsuitdrukking ook ontleed en net onskuld gesien! Dalk moet jy bietjie gaan oplees oor Dr. Denise Björkman, ‘n PROFESSIONELE lyftaalkenner,se bevinding en hoe akkuraat SY is en nog elke keer was. Terloops, sy is ook internasionaal bekend! Dink dus volgende keer voor jy praat!

Alta ·

Johanna & kie, Nadine…hoe presies moet June volgens julle optree? Kan ek julle klompie reghelp? Daar is verskillende tipe persoonlikhede, m.a.w, almal reageer nie dieselfde nie. So is daar mense wat baie privaat is en verkies om, wanneer hulle alleen is, uiting aan hulle gevoelens te gee. Wat Oscar betref…. glo julle nou regtig al sy verskillende weergawes?

Colleen Randall-Newham ·

Johanna, ek stem volkome saam met jou. Ek het twee volwasse, beeldskone dogters wat ek baie diep liefhet en ek dink dit moet ongelooflik swaar wees om ‘n kind te verloor, maar dit sal goed wees
as mev Steenkamp nou ‘n slag ‘uit die kollig wil bly. Om so bitter te voel dat sy openlik twyfel of Oscar se om-verskoning-vra en apologie eg is, is baie lelik. Het June Steenkamp ooit gewonder wat die Pistorius-gesin deurmaak? Hulle toon klas en lede van hul familie het al blykbaar vir haar stil net omhels. Dis eintlik tragies dat duisende mense elke dag voor hul televisie stelle sit om die verrigtinge in die hof soos sponse sit en absorbeer. Dis baie hartseer om te sien en te hoor hoe Oscar huil en siek word, en dan word daar gese dat hy tooneelspeel. Ai…! Almal wat so glad is met die tong en sulke vurige uitlatings kwyt raak, kan gerus ‘n slag opstaan en iets anders gaan soek om te doen. Bly tog stil, want nie een van ons was daar toe Reeva geskiet is nie. Ek persoonlik glo nie dat Oscar dit vooraf beplan het nie, maar wat weet ek? Die finale opsomming is tog die regter se besluit, en die duisende “slim” regters tuis se kommentaar raak nou vervelig. Die daaglike gebeurtenis in die hof moet al klaar erg straf wees – Oscar weet dat die wereld die saak volg, en elke dag is daar dosyne kameras onder sy neus! in gestop.. Ek wens dit wil nou end kry want dit is wreed. Mrs Steenkamp, no amount of sympathy and kind, well-intentioned words can bring your lovely daughter back to you, but you will only start finding inner peace when you can one
day say “Lord God, please help us to understand and feel some forgiveness growing in our hearts, and help us to live with this sad thing which has happened in our lives” – let us remember only all the beautiful qualities in our daughter, and what she will always mean to us and those who knew and loved her”.

petru ·

Ek het baie simpatie met Oscar die persoon wat sy eie dogtertjie dood geskied het, het wat haar vir inbreker aangesien het, het net geskiet, die oud rugby speler het ook net geskiet nadat hy sy dogter vir n dief aangesien het. Net die Here sal weet of hy nie die waarheid praat of nie. Ek bid vir Oscar dit kan met enige een gebeur

Ilse VIljoen ·

Goeiste, die mense se kommentaar is om die minste te se, skokkend. Iemand is vermoor en julle ondersteun die person wat haar doodgemaak het?
Julle is reg, niemand was daar nie, dis hoekom hy nou die kans kry om te vertel wat gebeur het, dan sal die regter besluit watter van sy baie weergawes die mees geloofwaardige is. Die “wreedheid” teenoor hom, het hy self veroorsaak en hy rek dit self uit deur nie die waarheid te vertel nie.
Colleen, duisende mense volg die hofsaak, waarvan jy een is. Hoe kan jy mev Steenkamp beskuldig van bitterheid? Dis om die minste te se, vermetel om jouself so te verhef om te besluit watter emosies sy in die openbaar moet wys om mense te beindruk. Wil jou ook net reghelp, die hofsaak is nie “kollig” nie hoor. En vertel sommer die res van ons wat jy as klas beskou. Hoe verskil die Pistorius familie se optrede van die van Reeva se ma in die hof? Die hof is ‘n waardige plek en verwag van mense om dit te eerbiedig en dis presies wat Reeva se ma doen. En ja, as die Pistorius familie Reeva se ma omhels het, wat verander dit aan haar verlies en hartseer? Verwag jy ook dat sy toenadering by hulle moet soek?

Petra Brummer ·

My hart skeur vir albei families – so-ook vir Oscar. Ek is ook ‘n ma met dogters en ‘n seuns en ja ook kleinkinders en ek bid net dat die Here hulle sal bewaar……… want slegte goed gebeur nie net met slegte mense nie.

Wanneer ek stil word en dink -skuldig of onskuldig wil ek soos Dawid sê –
“ek is ‘n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want Sy genade is groot. Ek wil nie in die hand van ‘n mens val nie.” 2 Samuel 24:14 (1983 vert)

“ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die Here, want Sy barmhartigheid is groot, maar laat my nie in die hand van mense val nie. (1933/53 vert)

Bid liewer dat die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, ek betrokkene se harte en hul sinne sal bewaar in Christus Jesus en ook dat die regspan wysheid en insig sal kry in die saak en dat geregtigheid sal geskied.

Petra Brummer ·

My hart skeur vir albei families – so-ook vir Oscar. Ek is ook ‘n ma met dogters en seuns en ja ook kleinkinders en ek bid net dat die Here hulle sal bewaar……… want slegte goed gebeur nie net met slegte mense nie.

Wanneer ek stil word en dink -skuldig of onskuldig wil ek soos Dawid sê –
“ek is ‘n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want Sy genade is groot. Ek wil nie in die hand van ‘n mens val nie.” 2 Samuel 24:14 (1983 vert)

“ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die Here, want Sy barmhartigheid is groot, maar laat my nie in die hand van mense val nie. (1933/53 vert)

Bid liewer dat die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, ek betrokkene se harte en hul sinne sal bewaar in Christus Jesus en ook dat die regspan wysheid en insig sal kry in die saak en dat geregtigheid sal geskied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.