Junior Bok geskors ná kru uitlating

Tiaan van der Merwe, haker vir die Junior Springbokspan, is vir ses weke geskors weens ʼn kru seksuele opmerking teen ʼn Engelse speler tydens die onlangs voltooide Junior Wêreldkampioenskap.

Van der Merwe het die uitlating gemaak tydens die Junior Bokke se halfeindstryd teen Engeland wat hulle met 32-31 verloor het.

Wêreldrugby het ondersoek ingestel na die onderonsie tussen Van der Merwe en Engeland se Joel Kpoku.

Volgens die verslag oor die voorval het Van der Merwe erken dat hy gesê het: “That is what your mother will look like while sucking my c**k”, en dat hy ook ʼn hoogs aanstootlike gesigsgebaar gemaak het.

“Dit was ʼn ernstige en growwe verbale misbruik van ʼn hoogs aanstootlike seksuele aard rakende die speler se ma en het gepaardgegaan met ʼn hoogs aanstootlike seksuele gebaar,” het Wêreldrugby beslis.

Van der Merwe is effektief van 16 Junie tot 20 Augustus geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Corne ·

Laat dit vir jou ń les wees. Waneer jy niks goed te sê het nie bly dan eerder stil. Waarvan die hart vol is loop die mond oor. Sies !!!!

skande ·

SA Rugby behoort hom te skors vir twee jaar! Hy het nie met trots sy trui gedra nie.

Peer ·

So dan is laster mos nie verkeerd nie? Van wat die hart van vol is loop die mond van oor?

Karen ·

Wonder maar net wat anders word daar in daai skrum gesê? Die mannetjie het sekerlik nie net sommer so aanmerking uitgespoeg uit die bloute nie?

Sussie ·

Ja sies man dan speel jy in n springbok trui !!!!! geen wonder ander lande dink niks van Suid Afrika nie, Jy het geen respek vir sy ma nie.

JM ·

Vir sulke uitlatings moes hulle hom vir tenminste vir 6 maande geskors het of hulle moes hom permanent uit rugby geskors het.

PJ ·

Ag nee man – dis vieslik. As hy hom op so ‘n jong ouderdom al so gedra, hoe gaan hy later uitdraai. Wat my aan betref moet hy permanent geskors word. Dis NIE die tipe ambassadeurs wat ons nodig het nie.

JP ·

Wou ek ook sê.

Maar ek dink hy kan maar sy tokse ophang want van hier sal hy nie ver kom nie.

Maar ek sou vlieg teen die muur wou wees as hulle hom persoonlik maak verskoning vra het vir die ander speler se ma, in persoon. Wonder hoe groot die tjoppie se mond dan sou wees?

Vuilbek!!

Heidi ·

Duidelik het jy geen respek vir n vrou of selfs jou eie ma nie. Absoluut skandalig. Sy soort hoort nie op die sport veld nie.

Louis ·

Ek skaam my. Dit is ʼn skande dat ʼn speler wat sy land op so ʼn hoë vlak verteenwoordig so min van sy mede spelers en land dink om sulke uitlatings te maak. Ek wonder wat dink sy eie ma hiervan.

zoom zoom ·

Is julle kinders almal engelle. Gaan luister gerus hoe daar gepraat word ny die skole seuns en dogters. Jou mond sal oophang.

Rian Malan ·

Zoom Zoom stem saam,dit wat hy gese het is n vulletjie teenoor wat veral meisiekinders mekaar toesnou,hy het dit nie sonder n rede gese nie,hy was getart gewees,hy het dit gelukkig nie in n springbok trui gese nie maar in n Protea trui.Baie simpatie met Tiaan

Speedguard ·

Stem saam Zoom-zoom, ek bly reg oorkant ‘n skool en kan ‘n mens nie dink dat die kinders so kan vloek nie en ek praat nie van vloek nie ek praat van vieslik vloek , hulle gee nie eens om of ek hul kan sien of nie en dan moet jy die ouers hoor langes die veld, jy kan dit regtig nie glo nie, moet ook maar nie die spelers vergeet nie, hulle vloek mekaar dat die see hulle nie kan afwas nie, hierdie is maar net een geval wat geraporteer is !

Francois le Cochon ·

Ek wonder nou net waar is Tiaan se gedagtes terwyl hy rugby speel, -op die veld, of in die “gutter”

Liberaal ·

Lekker sagte straf, net lank genoeg vir n heerlike vakansie. Liberale waardes ligte strawwe.

Lou ·

Ek praat nie die man se optrede goed nie maar die tipe van goed en selfs erger word in rolprente en TV programme gesê sonder dat enige iemand ooit daaroor kla. Die jeug leer die tipe taal en opmerkings aan want dit word as aanvaarde sêgoed in Amerikaanse rolprente opgedis.

Ansie ·

Ek hoop tiaan vd merwe lees hierdie kommentare en kom tot ander insigte.

Hester ·

Zoom Zoom
Daar is geen verskoning om so te praat nie.
Hy verteenwoordig SA Rugby. Op daardie standaard van rugby weet jy al jy antwoord of praat nie so nie .Wat uit ander kinders e monde uitkom is nie nou tersprake nie.

Albaster ·

@Rian Malan, ek en meeste mense wat ek hen het nog nooit sulke krutaal gebruik nie.

Mich ·

Liewe ouers!
Ek het gehoop dis net nóg ‘n slegte van der Merwe -grappie,maar toe nou nie…
Watse vieslike woorde! Waaraan dink hy dan as hy veronderstel is om Rugby te speel? Skors hom!

Koos ·

Al is enige speler, jonk of oud, hoe belowend ookal in sy betrokke sport en hy/sy openbaar sulke swak gedrag terwyl ons land verteenwoordig word, behoort so ‘n speler permanent geskors te word en NOOIT weer die geleentheid kry om sy land te verteenwoordig nie.

Die tipe van gedrag sal baie vinnig tot ‘n einde kom as daar streng straf maatreëls, sonder aansiens des persoon, toegepas word.

Wat ‘n skande vir ‘n jong sportman om so in die openbaar te kere te gaan!

Denise ·

Niks snaaks dit is hoe hulle praat hulle speel rugby doen nie balet nie moet tog nie so gou oordeel nie ja dit is lelik maar hy het dit nie die hele wedstryd deur herhaal nie net n eenkeer asseblief !!!

Balet?? ·

Denise; niks snaaks, se jy?? Jy is reg, daar is beslis niks snaaks aan sulke vieslike woorde en gebare nie. Sulke walglike gedrag is totaal en al onbetaamlik vir iemand wie sy land verteenwoordig. Hy behoort permanent geskors te word!!

Gerda ·

Kry sy ouers bitterlik jammer. Doodseker hulle hom nie so grootgemaak nie. Blote arrogansie. Sies!

Adam ·

Natuurlik is dit vieslike gedrag en ongelukkig kom dit hopeloos te veel onder ons Afrikaners voor. Die Amerikaanse president beklee homself ook nie met glorie op die gebied nie en hy gaan sekerlik nie geskors word nie. Maak dus net seker dat die straf by die oortreding pas. Dit is nie nodig om ‘n lastige vleig met ‘n G6 kanon te skiet nie; gebruik eerder die vlieeplak.

Afrikaanse Knaap ·

Die adrenalien pomp hard in so spel. Manne raak simpel goed kwyt. Ek dink die knapie het nou sy les geleer. Vergeef en vergewe. En hou jou ma weg van hom :-)

Mooi man ·

Ek stem. Hy het dit nie gesê om aan die outjie se ma te dink nie. Hy het dit gesê uit woede en om die outjie seer te maak. Dit word vandag in PG 13 flieks gebruik. Niks meer snaaks vir n rolprent nie. Die outjie het dit persoonlik opgevat en dis nie hoe dit was nie. En die een wat nog nooit n bj gehad het of gegee het kan klippe gooi hier.

Cg ·

Verstommend dat daar veskonings gesoek word vir sulke gedrag. Dan doen hy dit boonop waar hy beskerm word deur reëls en ‘n skeidsregter, nie daar waar die ander ou hom kan kortvat nie. Hoop nie ons sien of hoor hierdie outjie ooit weer op ‘n rugbyveld nie!

Mrs H ·

Laat veel te wense van sy karakter. Sy ouers skaam hulle seker dood. Dis nie die soort man wat ek my meisies voor groot maak nie! Skade En skaamte oor ons span en volk wat ons nie nodig het nie. Hoop om hom nie weer te sien nie.

Denise ·

Ai tog almal wat so klippe gooi vir my is moord , verkragting . kindermishandeling .en so kan ek aan gan dit is walglik !!!

Mrs H ·

Ja tog Denise… Daai aksies waarvan jy praat kom en begin van die soort gedrag en karakters skattie. Alles ewe walglik hoor en nie eers een van my klippies werd nie. Ek maak net seker my opgevoede jong meisies weet hulle moet weg bly van sulke onder ontwikkelde manne wat meer muise is. Dis nie n klip nie, dis n opinnie, en dis waardes.

Heidi ·

War begin moord en verkragting? Deur so disrespekvol op te tree. Wat sou jy doen as jou dogter of seun aan die ontvang kant moes staan? Hou op vir die vent vure doodslaan. Seker hy is hans genoeg om dit self te doen.

rollie ·

Van waar in die land is die knaap? Sekerlik nie van die Kaap nie, ons kinders is almal goed opgevoed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.