‘Junior’ die gewildste naam vir SA seuntjies

Argieffoto

Argieffoto

Die naam Junior is die topgunsteling vir Suid-Afrikaanse ouers wanneer babaseuntjies geregistreer word, het die statistikus-generaal van Suid-Afrika, dr. Pali Lehohla, Donderdag bekend gemaak.

“Daar is ʼn hele paar maatskaplike en antropologiese kwessies rondom geboortes. Teen 2015 is name soos Bandile en Siyabonga nie meer gewild nie. Dit is vervang deur Prince, Blessing of Gift,” het Lehohla gesê terwyl hy verslae vrygestel het oor geboortes tussen 2013 en 2015 en nageboorte sterftes vir 2014.

“Name vir pasgebore babas soos Junior of Baby is oukei, sodat die registrasieproses kan voortgaan. Ons het so baie mense wat Baby genoem word, want die pa of ouma moet nog ingelig word dat die kind gebore is, en dit was nie voor die tyd bekend of dit ʼn seun of ʼn meisie sou wees nie en daar is geen voorskrifte vir name nie.”

Hy het gesê in sommige kulture is dit taboe om ʼn kind ʼn naam te gee voor geboorte en in sommige gevalle kry die baba eers ʼn paar dae ná geboorte ʼn naam.

Statistieke Suid-Afrika het in dieselfde opname bevind dat pasgebore babadogtertjies word hoofsaaklik Precious, Princess of Angel gedoop. Name soos Minenhle, Faith, Lesedi en Thandolwethu is ook in die toptien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Oupa ·

Seker nie snaaks dat die pa ingelig moet word want hy was nie teenwoordig by die geboorte. Jig, seker heeltemal normaal en hy gaan ook nie onderhoud betaal.

Anoniem ·

Meeste geboortename klink etnies. Hoop hulle word in ‘n normale samelewing groot waar ras nie meer wittes benadeel nie.

twakkies ·

Die nuutsre naam wat gebruik gaan word is #Fall of #Apartheid

Thea Gerber ·

Of Free? Free house, free education, free hospitals, freeDOM!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.