Justice Project SA se voorsitter oorlede

Howard Dembovsky (Foto: Howard Dembovsky/Facebook)

Howard Dembovsky, voorsitter van die nieregeringsorganisasie Justice Project South Africa (JPSA), is Vrydag in die vroeë oggendure oorlede.

Tony Beamish, senior joernalis by Carte Blanch, het die nuus op Twitter bekendgemaak. “Hy het ongeveer 10 dae gelede ʼn beroerte gehad en was in ʼn koma in ʼn privaat hospitaal. Hy was ʼn onverskrokke vegter vir waarheid en geregtigheid,” het Beamish gesê.

Ali Gule, woordvoerder van Outa, het gesê Dembovsky se skielike afsterwe laat ʼn groot vakuum in die vervoerbedryf. “Aangesien sy entiteit [JPSA] ons vennootskap-organisasie was, is ons platgeslaan deur sy skielike heengaan op die vooraand van ʼn moontlike groot oorwinning oor e-tol. Ons verwag dat die minister van vervoer binnekort ʼn aankondiging gaan maak en ons bly positief oor goeie nuus vir die kansellasie van dié onregverdige stelsel.”

Gule sê Dembovsky was ook op die voorgrond van verskeie kwessies van ongeregtigheid in “vervoerpolitiek” en het in ʼn stadium ʼn groot oorwinning behaal in die stryd teen die regering. “In die voortgesette stryd teen AARTO-veranderinge het ons hom nou meer nodig as ooit tevore tot voordeel van alle motoriste,” het Gule bygevoeg.

“Ons het sy aan sy baklei, veral in die sloerbetogings op Gauteng se hoofweë en die unieke verbranding van e-tolrekeninge by Sanral se hoofkantoor in Pretoria. Mag hy in vrede rus.”

Die teenmisdaad-aktivis Yusuf Abramjee het ook sy meegevoel betuig met die afsterwe van Dembovsky. “Ons gaan Howard mis. Hy was ʼn ware aktivis vir die regte van motoriste. Ons dink aan en bid vir sy familie en vriende.”

Justice Project South Africa (JPSA) is in Junie 2008 op die been gebring as ʼn niewinsgewende organisasie om magsmisbruik in wetstoepassing uit te roei – deur alle moontlike wettige maniere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Korrelkop ·

Nou hier het ons ‘n goeie man verloor. Hoop daar’s ‘n opvolger vir hom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.