Justin Bieber op pad na SA

Justin Bieber. (Foto: Facebook/Justin Bieber)

Justin Bieber het pas aangekondig dat hy volgende jaar Suid-Afrika sal besoek op sy lankverwagte Justice World Tour.

Bieber beoog om vyf vastelande te besoek en na 20 lande te reis en meer as 90 vertonings te lewer, met nog konsertdatums wat in Asië en die Midde-Ooste wat binnekort aangekondig sal word.

Die internasionale toer skop in Mei 2022 in Mexiko af. Bieber sal op 28 September 2022 in die DHL-stadion in Kaapstad te sien wees.

Die Justice World Tour word deur AEG Presents aangebied en is Bieber se eerste wêreldwye konsertreeks sedert die Purpose World Tour in 2016.

Bieber het destyds voor 2,7 miljoen aanhangers opgetree en die finale konsert by die British Summer Time Hyde Park-fees in Londen, Brittanje, het 65 000 aanhangers gelok.

Bieber het in 2020 op Oujaarsaand sy eerste volledige vertoning in drie jaar uit Los Angeles regstreeks gestroom.

Die omslag van Justin Bieber se jongste album “Justice”.

“Ons het hard daaraan gewerk om die beste vertoning nóg te skep en ons kan nie wag om dit met aanhangers regoor die wêreld te deel nie. Ek sal julle binnekort sien,” het Bieber gesê.

Een dollar van elke kaartjie wat verkoop word sal geskenk word aan die Bieber-stigting, wat hom daarop toespits om kwessies na aan Bieber se hart te steun.

Die Justice World Tour is genoem na Bieber se jongste trefferalbum Justice. Dit is in Maart vanjaar uitgereik en het met die meeste stromings in 117 lande gedebuteer.

Justice is reeds meer as 9 miljard keer wêreldwyd gestroom.

Die Kanadese popster se loopbaan het begin toe hy 13 jaar oud was. Hy het reeds ses vollengte ateljeealbums uitgereik en hou 32 Guinness-wêreldrekords en het 21 Billboard-musiektoekennings, twee Brit-toekennings, 18 American Music-toekennings en 21 MTV Europe Music-toekennings gekry.

Hoewel hy vanjaar vir agt toekennings op die MTV EMA’s benoem is, is hy leë hande huis toe.

Kaartjieverkope vir Bieber se Kaapse vertoning open op Vrydag 3 Desember om 09:00 by Ticketmaster. Discovery Bank se vooraf-verkope begin op Woensdag 1 Desember om 09:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Misky ·

Hoop hy onthou om sy eie kragopwekker saam te bring – ha ha ha ha

Vicky ·

Ja Tinus…kan jy nou meer! Hy kom SA toe en verdien miljoene terwyl ek en jy maar met ons sente moet speel.
Dis verskriklik dat die ou so goed is in wat hy doen dat hy al op 13 ñ miljoener was….skokkend.
*sarkasties*
Jy hoef hom nie te like nie,miljoene ander mense BETAAL om hom te sien en hy weet nie eens van jou bestaan nie…sad but true.

Terence ·

Hy gaan nou voel hoe dit voel om met n bulletproof vest te jol..

Vicky ·

Doen julle self ñ guns en gaan kyk gerus ñ bietjie hierdie man se loopbaan. Hy kan VEERTIEN instrumente bespeel op gehoor,terwyl hy op skool en op toerbusse was,het hy sy vakke met A’s geslaag.
Kyk,julle kan van hom sè net wat julle wil,want hy het ñ wilde windgat jonger lewe gehad…maar gee hom die krediet en gun hom sy sukses,hy het GEWERK daarvoor.
Jy klim nie net op ñ wèreld stage voor 65000 mense sonder om voorbereiding te gedoen het nie. Hy WERK actually vir al daai miljoene in sy bankrekeninge.

Willempie ·

Om die geraas wat hy maak “musiek” te noem, is skokkend. Nie veel talent nodig om daardie geraas te maak nie.

SlinkseKoljander ·

Dit is as hy genoeg geld aan die ANC gee om te kan optree

Willem ·

Is daar ‘n “Justin Bieber Vaccine”? Asseblief, Pfizer, J&J maak asb n Justin Bieber Vaccine. Ek dink almal sal dit neem

Dwayne ·

Ai Tog, Eers Lockdown & Load Shedding en nou Justin Bieber….Het Suid Afrika nie genoeg probleme nie

Konrad1226 ·

Justin wie? Hierdie is heavy metal en boeremusiek wêreld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.