Juweeldiewe hou bejaardes, kleuter aan

Rusa is omsteeks 12:03 ontbied na die huis [Foto: Rusa]

ʼn Bejaarde egpaar en hul kleindogter ly aan skok ná drie rowers hulle Maandagmiddag in hul huis in Parkgate, KwaZulu-Natal, aangehou het. Die rowers het onder meer juwele wat sowat 54 jaar oud was, gebuit.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), het inwoners in Cambridge-straat in Parkgate Rusa-beamptes omstreeks 12:03 in kennis gestel van geweerskote wat in ʼn huis in die straat afgevuur is.

“Daar is vasgestel dat drie rowers ʼn huis betree het en ʼn 89-jarige man, sy 74-jarige vrou en hul driejarige kleindogter aangehou het,” sê Balram.

Die rowers het glo juwele geëis.

“Een van die verdagtes het die bejaarde vrou in ʼn buitegebou gedwing waar hulle haar seun oorval het. Hy het haar oorbelle en ring gebuit en daarna haar en haar seun in die buitegebou toegesluit.

“Die verdagte het daarna by sy makkers in die hoofhuis aangesluit waar hulle glo die bejaarde man beveel het om uit te wys waar die juweliersware versteek is.”

Die rowers het glo die huis se kamers geplunder en verskeie juweliersware gesteel. Van die juweliersware is 54 jaar gelede deur die bejaarde man as geskenk vir sy vrou gekoop.

“Die verdagtes het minstens drie skote in die teenwoordigheid van die kleuter afgevuur voordat hulle in ʼn silwer Nissan Qashqai weggejaag het. Die registrasienommer van die motor is in dié stadium nie bekend nie.”

Balram sê dit was duidelik dat die kleuter deur die voorval geruk was. Rusa-beamptes moes haar troos.

Volgens bure was van die verdagtes na bewering in amptelike drag van die Ethekwini-munisipaliteit geklee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mieke ·

..dat ‘n paar uitgegroeide mans só selfsugtig en wreedaardig kan optree teenoor hulpelose ou mense en ’n klein kind gaan my verstand te bowe. Hulle is vir seker die ondergang van SA…

Mariana ·

Hulle moes geweet het van die juwele. Hoekom ner die juwele eis en nie ander goed ook nie. Hulle moes ook weet dat daar net 2 bejaardes en ‘n kind in die huis was. Iets klink nie reg aan die storie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.