Juweeldiewe vinnig vasgetrek

Die juwele wat die verdagtes gebuit het. (Foto: SAPS)

Vier vermeende diewe is kort nadat hulle duisende rande se juweliersware by ʼn winkelsentrum in Ekurhuleni, Johannesburg, gebuit het, deur die polisie vasgetrek.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het tien mans Woensdag ʼn juwelierswinkel bestorm en mense met vuurwapens aangehou. Die verdagtes het op die vlug geslaan met waardevolle juwele en selfone.

“Die mans het glo skote afgevuur terwyl hul uit die winkelsentrum gehardloop het.”

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en was op die uitkyk vir ʼn Ford Figo, ʼn Volkswagen Polo en ʼn Toyota Fortuner. Polisiebeamptes in die Bertrams-omgewing het een van dié motors opgemerk en afgetrek.

(Foto: SAPS)

“Hulle is met twee stelle handskoene, ʼn balaklawa, selfone en juwele ter waarde van R100 000 gevind,” het Masondo gesê.

Daar is beslag gelê op die goedere en die mans is in hegtenis geneem.

“Die juwelier het van die juwele wat teruggevind is, geïdentifiseer.”

Die polisie is op die spoor van nog ses verdagtes wat na bewering ook deel van die rooftog was. Dié verdagtes het glo weggekom met van die gesteelde juwele.

“ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur om die oorblywende verdagtes vas te trek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JM ·

Dit raak waaragtig by die dag erger! Hoop die res word ook gevang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.