Juwelier in Meadowridge beroof

Die bende het laatoggend op die winkel toegeslaan en vertoonkaste stukkend geslaan om die juwele te gryp. (Foto: SA Polisie)

ʼn Bende gewapende rowers het chaos in ʼn juwelierswinkel in Meadowridge, Kaapstad, agtergelaat nadat hulle Dinsdag op die winkel toegeslaan en die plek geplunder het.

Volgens die polisie het die groep mans kort na 11:00 by die winkel in die Meadowridge Park n Shop-winkelsentrum ingekom en hulle as klante voorgedoen. Een van die verdagtes het die personeel daarna met ʼn vuurwapen gedreig om kontant te oorhandig.

“Die ander twee verdagtes het die glasvertoonkaste begin stukkend kap en juwele in ʼn swart sak gepak. ʼn Vierde verdagte het by die ingang van die winkel wag gestaan. Onafhanklike ooggetuies beweer nóg ʼn verdagte het in die parkeerterrein en by die pad wag gehou,” het die polisie gesê.

Die bende het glo in ʼn silwer motor, waarvan die registrasienommers vervals is, gevlug.

“Geen skote is geskiet nie en geen beserings is aangemeld nie.” Dit is nie bekend wat die waarde van die gesteelde juweliersware is nie.

Die Dieprivier-polisie ondersoek die voorval, maar die bende is steeds soek.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om inligting rakende die voorval by sers. Vuyo Mqhwayi (021 710 7308) of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
piper

meer padblokades moet gedoen word om motors met valsnommerplate vas te vat

skinkbord

Kan nie glo juweliers maak steed gebruik van vertoonkaste wat eenvoudig gebreek kan word nie. Baie jammer vir hulle skade en trauma.