Juwelierswarewinkel in Grahamstad beroof

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Die polisie stel ondersoek in ná twee gewapende mans Vrydag op ʼn juwelierswarewinkel in Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap toegeslaan het.

“Twee mans het omstreeks 13:20 by die winkel in Highstraat ingestorm en die twee personeellede met vuurwapens gedreig,” sê ao. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie. “Die twee werknemers is daarna in die stoorkamer ingeboender.”

Die verdagtes het selfone, skootrekenaars en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit. Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Jurgens Gouws te kontak by 082 442 3658.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.