Juwelierswarewinkels by KZN-sentrum beroof

Skermgreep uit die kringtelevisiebeeldmateriaal (Rusa/Facebook)

ʼn Veiligheidsbeampte is in ʼn kritieke toestand ná hy Woensdag tydens ʼn rooftog by die Gateway-winkelsentrum in KwaZulu-Natal geskiet is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) se beheerkamer het sedert omstreeks 14:30 verskeie oproepe ontvang van inkopiegangers wat inligting oor die rooftog verskaf het. Die beampte aan diens het gehoor ‘n groot groep verdagtes het op Damjee Jewellers en NWJ toegeslaan, het Rusa in ʼn verklaring gesê.

Alle beskikbare reaksiebeamptes en Rusa-paramedici is na die toneel ontbied. “Met hul aankoms by die toneel het hulle ʼn veiligheidsbeampte in die parkeerterrein aangetref wat geskiet is.”

Hy was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel deur paramedici van Netcare 911 gestabiliseer.

Die rowers het verskeie skote gevuur, aldus inkopiegangers. Verskeie 9 mm en aanvalsgeweer-doppies is in die sentrum gevind.

“Die rowers het na bewering met ʼn wit Toyota Corolla en ʼn wit Mazda-bakkie gevlug.”

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die veiligheidsbeampte is in die maag geskiet. Hy het bevestig die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir dringende behandeling.

Ooggetuies het aan Netcare 911 gesê daar was tussen 10 en 15 verdagtes wat op die juwelierswarewinkels toegeslaan het.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval is beskikbaar in die kommentaargedeelte op hierdie Facebook-plasing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hoekom ·

KZN raak rof. Dalk moet Cele daar gaan rondloop instede van die Wes-Kaap se strande…

Persheks Adri ·

Hel! Nogals aanvalsgewere en 9mm hulle vat werklik nie snert nie! Ek is seker dis gelisensieerd…

Sterkte aan die veiligheidsbeampte!

Hennie J ·

Welkom in die mak wildeweste waar die sherrif n groot hoed dra!!

Danie ·

En is dit my verbeelding of het die winkels (een ten minste) nie sekuriteitshekke by hul ingang gehad nie?
Die rowers kon net instap so hoe stupid is dit in die nuwe sa.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.