‘Jy beter mooi praat’ sê aanvallers toe sakeman se vrou bel

Chris en Berna Verster saam met hul kleindogter, Nia. Foto: Verskaf.

Chris en Berna Verster saam met hul kleindogter, Nia. Foto: Verskaf.

“Ek kan nie nou praat nie, ek het ʼn probleem.” Dít is al woorde wat Chris Verster (52), ʼn sakeman en deeltydse boer van Groblersdal in Limpopo, Maandag vir sy vrou kon sê terwyl hy twee uur lank in Pretoria gemartel en beroof is nadat hy gekaap is.

Sy bekommerde vrou, Berna, het daarna glo vergeefs probeer om die opsporingsmaatskappy Tracker sover te kry om op haar man se hulpkrete te reageer. Verster het Woensdag aan Maroela Media gesê hy was in die noorde van die stad toe die nagmerrie omstreeks 13:00 begin het.

“Ek was in my bakkie op pad na ʼn sakeonderneming in Rosslyn en het op die N4-snelweg die Rosslyn-afrit geneem,” het Verster gesê. “By die stopstraat moes ek stilhou om vir ʼn voertuig wat my van regs af genader het, toe te gee. Toe ek wou wegtrek, het vier mans voor my gestaan. Toe ek regs kyk, kyk ek teen die loop van ʼn pistool vas. Daar was ook ʼn man aan die linkerkant van my bakkie.”

Verster het besef hy is in die moeilikheid en het sy samewerking gegee en vir die Here gebid om hom te help. “Die mans het Sotho gepraat. Ek het hulle in Sotho aangespreek en vir hulle gesê hulle moet vat wat hulle wil.”

ʼn Man het Verster uit die bakkie gepluk, sy regterarm gegryp en sy bankkaart, beursie, selfoon en bril gevat. Die man het hom terug in die bakkie geboender sodat hy teen die sitplek vasgepen is. Die groep het met Verster in die bakkie sowat ʼn kilometer verder na ʼn afgeleë beboste gebied in die Rosslyn-omgewing gery.

Daar het hulle hom uit sy bakkie geruk en sy hande agter sy rug en sy voete met draad vasgemaak.

Die groep het Verster herhaaldelik in die gesig geslaan terwyl hulle aangedring het dat hy sy bankkaart se pinkode vir hulle gee. “Ek was geskok en deurmekaar en kon nie dadelik die pinkode onthou nie. My vrou hanteer ook gewoonlik die banksake. Ek het net vir die Here gebid om my te help om die nommer te laat onthou, waarna ek dit uiteindelik vir hulle kon gee.”

Vier mans het by Verster gebly terwyl twee in die bakkie weg is. Omdat Verster baie op die pad is, het hy ʼn ooreenkoms met sy vrou om haar altyd te bel sodra hy by sy bestemming opdaag. “My vrou het omstreeks 14:00 gebel omdat ek haar nie gebel het toe ek in Rosslyn aangekom het nie. Een van die mans het die foon teen my oor gehou met die opdrag ‘you better speak nicely’. Ek het net vir Berna gesê: ‘Ek kan nie nou praat nie, ek het ʼn probleem’, toe gryp hulle my aan my hare en ruk my kop so hard dat my nek kraakgeluide gemaak het.”

Verster het gesê hy is toe eers erg aangerand en onder meer geklap, met ʼn klip teen sy kop geslaan en op sy bors en maag geskop.

“Ek het gedink dit is verby. Ek het vir die Here gebid en vir Hom gesê hy moet my sondes vergewe.”

Intussen het Berna onraad gemerk en die opsporingsmaatskappy Tracker gebel. ʼn Operateur het glo aan haar gesê dat hulle nie mag reageer alvorens ʼn vermistepersone-saak by die polisie aanhangig gemaak is nie, omdat sommige kliënte hul sisteem misbruik en hul eggenote dan by ʼn kuierplek of ʼn “skelmpie” se bed betrap word. Berna was by een van hul sakeondernemings en het nie vervoer gehad nie. Sy het die polisie gebel, maar hulle het glo verkeerdelik vir haar gesê dat ʼn vermistepersone-saak eers oor 24 uur aangemeld mag word. Sy het glo vier keer vir Tracker gebel en tevergeefs probeer pleit om hulp.

Verster het gesê sy aanvallers het hom omstreeks 15:00, toe die twee wat gery het, teruggekeer het, beveel om af te kyk, waarna hulle sy arms losgemaak en sy bakkie se sleutel vir hom teruggegee het. “Ek het gedink hulle gaan my nou skiet. Ek het afgekyk. Dit het soos ʼn ewigheid gevoel. Ek het uiteindelik gewaag om te loer of ek hulle sien, maar toe ek kyk, was hulle weg.”

Hy het verduidelik dat sy hande geswel en dood was soos wat die draad sy bloedtoevoer afgesny en in sy vleis ingesny het. “Ek het omtrent 15 minute lank gespook om my voete los te kry, want my hande kon nie saamwerk nie. Ek is daarna na my bakkie en het dadelik na ʼn sakekennis in die omgewing gery om hulp te ontbied.”

Daar is Berna dadelik gebel om te sê dat Verster gekaap is en van R850, sy horlosie, beursie, bankkaart, bril, selfoon en GPS beroof is.

Berna het dadelik die bankkaart gestop, maar die verdagtes het toe reeds R9 400 se goedere by ʼn winkel in Marabastad in die middestad aangekoop.

Verster is daarna na die Unitas-hospitaal geneem vir mediese behandeling en is dieselfde dag ontslaan. Die voorval is by die Pretoria-Noord-polisiestasie aangemeld en hulle is besig met die ondersoek.

Die Verster-gesin is glad nie tevrede met die diens wat hulle van Tracker gekry het nie en is van mening dat sy twee uur lange nagmerrie verkort kon word, en dat ses verdagtes moontlik aangekeer kon word, sou die maatskappy op hul pleidooie reageer het.

Nandi Canning, Tracker se woordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die maatskappy is bewus van die voorval en beskou dit in ’n baie ernstige lig.

“Tracker betuig sy innige meegevoel met die Verster-familie en vra onvoorwaardelik om verskoning vir wat Maandagmiddag plaasgevind het,” het Canning gesê.

Canning het verduidelik in normale omstandighede en “om goeie redes”, is Tracker se beleid om slegs ʼn opsporingseenheid van ʼn gesteelde of gekaapte voertuig te aktiveer mits daar ʼn mate van sekerheid is dat ʼn misdaad plaasgevind het.

“Dit word gedoen om ons kliënte te beskerm wat hulle moontlik in ʼn ongemaklike situasie mag bevind as Tracker-personeel en die polisie, met wie ons ʼn formele samewerking het, opdaag en verwag om deur gewapende misdadigers gekonfronteer te word. Dit is Tracker se plig om te verseker dat geen skade berokken gaan word as hulle op ʼn moontlike kaping of diefstaltoneel reageer nie. In wese, en om goeie redes, moet Tracker so seker moontlik wees dat hulle op ʼn outentieke noodgeval reageer.”

Sy het gesê in Verster se geval was dit nie dadelik duidelik of Verster wel gekaap is nie. “Me. Verster kon slegs bevestig dat haar man oor die telefoon gesê het dat hy ʼn probleem het. Die betrokke operateur het dus gevoel dit regverdig nie die aktivering van die opsporingseenheid nie. Dit is egter operateurs se plig om dit, in gevalle waar daar geringe onsekerheid is, dadelik na ʼn senior beampte te verwys. Ons senior beamptes het jare lange ondervinding en die besluit lê dan by hulle of daar dadelik opgetree gaan word. Ongelukkig het die betrokke operateur nie die saak versnel en verwys nie.”

Canning het gesê Tracker gaan ʼn deeglike ondersoek na die voorval van stapel stuur en dissiplinêre optrede sal volg.

Die maatskappy het onderneem om vir Verster traumaberading te reël. Tracker se bedryfsdirekteur en senior beamptes sal ook na verwagting Donderdag die gesin besoek om die saak te bespreek en persoonlik om verskoning te vra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

128 Kommentare

Winston ·

Liewe Here alweer? Ons slaan ons oë op na die berge……waar sal ons hulp vandaan kom?

moedeloos met sa ·

Gaan sommer vandag nog my tracker stop en uitvind wie vir my beter reaksie tyd kan gee.

irene ·

Gammer war gebeur ek sal nooit as tracker wil behoort kul kon gehelp het maar dink aan slegte dinge wat toegesmeer moet word ons samelewing is siek
nk

Francois le Cochon ·

Nee, DanieM, hy sal nie oor die ding kom nie. Dit het met my en my vrou gebeur in 1997. ‘n Mens kom nooit daaroor nie. Dit moet aanvaar word dat mense wat in ‘n rooftog gemartel en gedood word, se lewens en die van hul naasbestaandes, vir altyd en altyd skade sal he.

andre ·

As dit Tracker se houding is gaan ek my 3 kontrakte kanselleer

Cerise ·

Ek stem beslis saam! Mense is deesdae net te slapgat om BIETJIE “common sense” te gebruik en so klein bietjie uit hulle pad uit te gaan om ander te help! Tracker sal my nooit weer sien nie!

Skaam afrikaner ·

Tracker, ek kan nie glo dat die mense hier julle so stenig oor een personeellid wat opgemors het nie. Ek bid dat julle hierdeur sal kom en hierdie negatiewe mense julle nie te veel skade sal berokken nie. Ek het deernis met mnr. Verster en bid dat die Here julle sal seën vir die ekstra myl wat julle met mnr. Verster en sy familie geloop het. Dis ‘n skande dat mense ‘n maatskappy so in die grond wil loop.

Tiaanna Verster ·

Skaam Afrikaner, was jy al ooit in ‘n rooftog en kaping betrokke? Betaal jy ‘n premie aan ‘n maatskappy wat nie reageer terwyl jy vir 2 ure sit en wag met ‘n pistool teen jou kop, biddend vir ‘n wonderwerk?? Seker nie as jy so ‘n ondeurdenkte opmerking kan maak nie! Daai een werknemer kon my Pa ure se trauma em jare se herstel gespaar het as sy haar werk gedoen het waarvoor sy betaal word! Hoeveel mense was nie so gelukkig om te lewe na so ondervinding nie?? Hoeveel mense se lewens het sy al gekos??

Willie Brits ·

Skaam Afrikaner, ‘n mens noem Tracker se fout incompetence. Deur sulke foute kan menselewens verlore gaan. Daar is geen verskoning nie, hulle is ontoereikend.

Knersus D ·

Skaam Jou maar Afrikaner – DIs eerder ‘n skande dat Tracker inkonsekwent is.

Estell Roux ·

Trekker het so 7 jaar terug dieselfde met ons gedoen. Wou eers ‘n polisie saak nommer he, voor hulle sou reageer. On het by menige operateurs gesmeek.

Yumna ·

Sterkte aan julle, ……………Ek is n klient van Tracker en dink nou sterk aan die R 280 plus R75 per maand wat ek betaal vir sekuriteit aan Tracker indien so iets moet gebeur, volgens my het hulle die klient se kontak besonderhede en dit sou die operateur niks gemaak het om die klient te probeer skakel en indien hulle hom nie in die hande kon kry n nood voertuig uit te gestuur het nie. waarvoor is Tracker dan daar?? betaal n mens n diens wat nie gelewer word nie?

Knersus D ·

Kontak NETSTAR – jy kan nie glo hoe maklik dit was nie.

WABez ·

Bly maar gerus baie ver weg van Netstar ook. Ek wou so twee jaar gelede my (Netstar) eenheid laat toets, toe word ek vertel dit neem 48 uur. Ek het aangedring dat as my voertuig gesteel word, is hy dan mos weg (binne daai 48 uur), toe word ek wys gemaak dat hulle ‘n ander stelsel gebruik om te toets……..
Wel, na twee jaar het ek nogsteeds nie ‘n reaksie op die toest van my eenheid nie!

rieta ·

c-track…… Hul is goed Het my suster hul we kar binne 1 uur opgespoor nadat hy gesteel is en wonder n polisie no………

rieta ·

c-track…… Hul is goed Het my suster hul se kar binne 1 uur opgespoor nadat hy gesteel is en sonder n polisie no………

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Dis nie die eerste keer dat trekker opslip nie dis hoekom ek my kontrak gekanseleer het en by Netstaar aangesliut het . Daar bevestig Trekker dit self .

Sumari ·

Die van julle wat van Tracker gebruik maak kanselleer alles. Julle sien nou hoe werk hulle. Useless is nie eers die woord nie. Oom Chris ek is bitter jammer vir dit wat Oom moes deurmaak. Ons dank die Here dat Oom veilig is.

Wiebo ·

Goodbye Tracker. Hoop julle verloor baie kliente hierdeur. Mense het op julle staat gemaak in die geval van nood. Baie bly niemand is ernstig beseer nie.

Thea Robbertze ·

Dit help nie Tracker se hulle is jammer of het verkeerd verstaan nie . Ons betaal hulle vir die diens daardie man kon dood gewees het en wat het hulle dan gese en hulle kan maar jammer se net soveel hulle wil hulle moet lhulle personeel reg oplei. Nou het ek my “doubts” en sal graag wil weet welke maatskappy dit is

Carike ·

Ander – hulle gaan jou ‘n klomp geld vra om te kanselleer.
My vraag is wat is die use van ‘n Tracker he as hulle eers moet besluit of jy wel in gevaar is of nie, dan is dit mos geld mors.
As daar kliente is wat in ‘n ongemaklike posisie geplaas word – so be it – moenie laat ander lei omdat jy nie jou huweliks beloftes kan nakom nie.

Barry ·

Ek stem ten volle saam,as jy of jou lewensmaat onkuis is en op so ñ manier opgespoor word,moet jy maar vir jou kry..indien dit dan die geval is dat die tracking maatskapy verkeerdelik of vir die verkeerde redes uitgestuur word,moet die tracking maatskapy sorg dat die party betaal vir dienste gelewer..Waarvoor betaal ons dan?Watse diens ontvang ons dan vir ons premie aan hul elke maand?Vir n slap verskoning??Ek kanseleer my tracker so gou moontlik..Pateties tracker,PATETIES..!Raak net soos die res van die land..

Arizona ·

Liewe Mnr / Mev Canning, wat jy ookal is. Wat die hel help dit om die oom nou vir trauma behandeling te stuur. Die skade is klaar gedoen. Ek het my tracker stelsel gekanseleer toe hulle my voertuig steel en ek tracker bel om dit laat op spoor, hulle het so verdomp lank gevat om te reageer dat die skelms die tracker kon uithaal uit die voertuig en is vort met my kar. Hulle is baie baie vining om jou geld te debiteer maar vra hulle vir hulp dan kry jy 10 000 verskonings. Jammer Tracker julle is totaal useless ek wonder hoeveel onskuldige mense se bloed het julle op julle hande oor julle “policy”.

Eddie ·

Ek het ook n Tracker in my voertuig en dink daaraan om te kanselleer. Dit is so dat baie mense dit misbruik maar nou moet die wat dit regtig nodig het amper met hul lewens daarvoor betaal. Dit is n diens wat n mens voor betaal en hoop dat as so iets met jou gebeur jy gerus sal wees dat iemand jou sal kom soek. Hoop van harte dat die wat werk by Trecker dit nooit eendag sal oorkom om gelos te word vir die wolwe nie.

Piet Pompies ·

Toe my twee voertuie se Trackers ingesit is was die motivering van die agent dat jou geliefdes opgespoor kan work gedurende ‘n kaping, ek het een laat toets na installasie, hy het nie gewerk. Ek het my diens gestaak en toe later verneem dat die een Citi Golf wat ek het alreeds 3 van dieselfde toetstelle in het wat die motor se energie dreineer. Daar is meer fokus op die verkoop van die produk as wat daar naverkope diens is, slagte nadeel, jy is afhandlik van die maatskappy se beleid vir iets wat jy self betaal.

Tammy ·

Kanselleer sommer vandag nog my 4 kontrakte!!! Het nie tyd om te mors nie en soek waarde vir my geld. Dis n blatante skande dat Tracker so opgetree het. Sies…. Geen verskoning kan aanvaar word nie, hier was n lewe op die spel. Ek wil nie die volgende klient wees wat die rug gekeer word nie.

Willie ·

Hi almal.
Ek is by C track met my voertuie se opsporing stelsel. Ek hanteer ook ons besogheid se hele vloot se c-track opsporng stelsels. Ek kan aan julle se dat jy vanaf jou eie selfoon jou voertuig se posisie kan “poll” om te sien waar dit is.
Ek word soms vies van elke oproep wat ek kry ad een van die voertuie “illegal movement of batterytamper” alarms gee, en as jy nie reageer op die “sutomated alarm notification” nie dan skakel die operateur in die beheersentrum dadelik. Ek het nog elke keer as daar ‘n vermoede was dat dat daar ‘n probleem met ‘n voertuig was dadelik hulp gekry,en hulle hou nie op voor dit bevestig is dat alles in orde is nie. So ‘n paar jaar gelede was een van ons mpy voertuie gesteel in ‘n gewapende roof by ons perseel, en die diefstal was dadelik ge rapporteer, binne enkele minute was die voertuig ge allokeer en die SAPs het onmiddelik geweet waar die voertuig is. Ek kan duisende gevalle noem waar ons iets vermoed het met ‘n voertuig en C track het onmiddelik gereageer.
Ek het in die afgelope vyf jaar nog geen klagtes oor C track gehad nie,behalwe dat my telefoon my soms mal maak met al die sms’e en oproepe ivm ons voertuie. Ek wil geen ander opsporings mpy slegmaak of kwaadpraat nie,want ek het nie ondervinding met hulle nie, wat ek wel sal doen is om C track goed te praat want hulle is soms ‘n pyn die gat so reageer hulle..ha ha ha ..jammer vir die uitdrukking.
C track baie baie dankie…julle doen jul werk goed en ek is baie tevrede….Baie dankie daarvoor.
Groete en sterkte aan die Versters…ek bid vir julle

Willie Els

Dewald ·

Die gemors kom weg met als,hulle het meer regte as ons,Sterkte Oom Chris

Winston ·

Al wat ek uit al hierdie kommentaar aflei:
1. Polisie het gefaal. Betaalde diens
2. Tracker het gefaal. Betaalde diens
3. Dank God jy is nie vermoor nie Chris,sterkte. Jy sal fisies herstel maar die emosionele letsel sal bly. Jammer rassehaat word op hierdie wyse aangeblaas.

Lorraine du Plessis ·

Tracker is PATETIES en net uit om jou geld te vat! Dis geld en tyd mors. Hulle is useless verby!

Knersus D ·

Ek het my Tracker rekening om 11:00 gekanselleer en is nou by Netstar… dit het nie eers ‘n half-uur geneem nie.

henk ·

Cheers! Daar gaan my kontrak met Tracker. ‘n trauma berader gaan my glad nie help as ek geskiet is omdat Tracker (wat betaal word deur my) nie sy werk doen en bereid is om die ooreengekome diens te lewer nie. En ook nie “sorry” na die voorval nie.

Tiaanna ·

Presies ons punt! Swakste diens ooit van hulle af ontvang!

Willem du Toit ·

Ek is nou by Netstar – goedkoper en klieente diens is gewaarborg

Barry ·

Is netstar reig so betroubaar??Of gaan hulle ook met so ñ verskoning te voorskyn kom??

Moeks ·

Niks stop Tracker om byvoorbeeld ‘n fooi te vra vir wanneer hulle na iemand soek nie. So as mense hulle dan misbruik dan hef hulle die fooi. In die geval waar ‘n persoon dan regtig in nood verkeer hoef hulle nie die fooi te hef nie. (Ons huis alarm werk so). Moenie met mense se lewens speel nie.

Sterkte vir Chris en sy familie.

Trotse boervrou!! ·

Ek stem saam met jou hulle moet net iets inbring bv R5000 boete as die klient hulle wil gebruik vir n cheaters storie….

danie ·

Wat as jy die diens wil gebruik om jou vrou of man op te spoor, jy betaal mos vir die diens. As hulle dan beberkings plaas op dienste moet hulle maar liewer iets anders doen. Mens reageer mos eers dan berispe ofbeboet jy iemand as dit misbruik word.

M ·

Wou ook sê prober crisis on call. Hulle sal dadelik werk maak daarvan teen ‘n baie billike tarief.

GES ·

Skokkend, skokkend, skokkend !!! Ek dink hierdie voorval moet in die pers met Tracker opgeneem word. ‘n Mens wil so ver gaan en sommer ‘n protesaksie op sosiale media begin soos #TrackerMustFall Dit is wragtig die mees skandaligste storie wat ek ooit gelees het. Wat is die doel van Tracker ????? Ek wil baie graag hê dat die operateur wat die oproep geneem het ook verantwoording doen ivm hierdie saak. Maroela nou is die tyd wat ons julle en Afriforum baie nodig het. Dryf hierdie saak tot die uiterste.

Jaco Diederiks ·

Stem volkome saam. Hierdie swak diens van Tracker moet in die Media uitgebasuin word!!

Knersus D ·

Ek is nou by Netstar – goedkoper en klieente diens is gewaarborg ook

WABez ·

Moenie te gou en te groot staatmaak op daai “waarborg” nie. Ek praat van ondervinding, al hierdie maatskappye is uiters pateties en is in die ding saam met versekeraars – net om geld te maak!

Waarprater ·

Neewat ou knersus! Netsterretjie se ster blink ook nie. Dit het my maande geneem, en 3x moes ek my motor terugneem , voordat die toestelletjie eers gewerk het. En bel is tevergeerfs – jy moet fisies soontoe ry vir diens.

Petra ·

Ek het ook my kontrak gekanselleer vir ‘n ander rede en hulle het my nie teegestaan nie. Ek het ook ‘n telefoniese gesprek probleem gehad en net daar en dan besluit weg met hulle!!

Charmaine ·

In SA was dit altyd n beter opsie en n veilige opsie om aan hierdie instansie te behoort, maar duidelik nie. Met ander woorde hulle sal eerder iemand wat rond kafoefel beskerm as om n lewe te red.

Sou Tracker vanoggend P&P toegegaan het vir die vrou n ander man gaan koop het? Jammer te se? Dink aan die vrees waardeur hulle moes gaan?

My tracker is in die vorm van Peperspray in my kar en n knoppie kierie en by die huis my varkhonde, jy kan beter op n hond vertrou as mense in die samelewing.

Die ergste is Rosslyn is n hoe risiko omgewing hoekom gaan sit tracker nie daar onder die bome saam met die metro en kyk wie snork eerste nie.

Ruby ·

Tracker het hierdie een opgekoffie!

Dit is NIE hulle besluit of ‘n saak ‘n noodgeval is of nie.

In so ‘n geval is ‘n mens so gestres, so nou moet jy eers jou storie vertel en hoop hulle byt……..nee wat Tracker, GEEN berading, dissiplinêre verhoor of onverskoning kan gedane sake omkeer, hierdie man kon dood gewees het.

Ta-ta Tracker.

Charl Coetzee ·

Word wakker SA. Ons is onder ‘n aanslag. Sluit aan by of stig ‘n buurtwag. Ons beweeg na ‘n tyd waar ons weer sal moet laer trek, God smeek vir genade en dapper, wakker, saam deur die akker van die dood te stap. Die 16de Desember kom nader. Buig die knie. Herdenk.

Lees Raath se boek oor Siener wat juis oor hierdie tye skruif.

En dit beteken nie dat ons ons naaste moet tenakom nie, net dat ons ons self moet beskerm.

Jan maak n Plan ·

Dis hoekom ek Tracker al seker vyf jaar terug weg gejaag het – absoluut useless. Bly om te hoor Chris is veilig. Ry net volgende keer die vier wat voor die bakkie staan onderste bo. Sterkte met die genesing.

Erno ·

Tracker se dat hulle beleid is om mense wat rondneuk te probeer beskerm? Regtig? Hoe pateties is dit? Genade, as iemand rondneuk dan moet hulle die gevolge en die skaamte eerder meer publisiteit gee sodat daai pateet twee keer dink voordat hy weer rondneuk. Mens se lewe is beslis meer werd as die reputasie van iemand wat agteraf is. SWAK TRACKER BAIE SWAK!! Verwag maar ‘n kansellasie van my kant af ook. Ek is gereeld op die pad en sal liewerste om verskoning vra as ek iets verkeerds gedoen het as om met my lewe daarvoor te moet betaal!

Tiaanna Verster ·

Die familie waaroor hier berig word is my eie. Dankie Maroela Media vir akurate beriggewing. Dankie dat julle die publiek se oë kon oopmaak. En bo alles, dank die Liewe Vader dat my Pappa lewe om die storie te vertel! Ons kon vandag besig gewees het met begrafnis reëlings. Tracker se Hoofbestuur het ons kom sien vandag. Hulle het onderneem om al ons finansiële onkostes aangegaan in die tyd, aan ons terug te betaal. Wees asb versigtig mense, die tipe dinge gebeur in ‘n oogwink!

Griki ·

Liewe Tiaanna, ek is saam met julle dankbaar dat jou pa nou veilig is en nie ernstig beseer nie. Ek voel egter dat julle Tracker nie met ‘n verskoning en ‘n paar rand moet laat wegkom nie. Agv hulle (patetiese en belaglike) beleid, kon jou pa nou dood gewees het en al die verskonings en geld in die wêreld sou hom nie teruggebring het nie. Dalk het iemand reeds agv hierdie “beleid” met hulle lewe geboet?

Johanna ·

Ek lei af dat Tracker jou liewer in die hande van rowers/moordenaars/kapers sal los uit vrees dat hulle jou dalk net in ‘n buite-egtelike verhouding kan betrap. Pateties! Sulke mense verdien ook om betrap te word.
Die Versters se lewens het klaar verander. Hulle sal nou by ‘n nuwe soort “normaal” moet aanpas. Mens is nooit weer dieselfde na so ‘n trauma nie.
Sterkte vir hierdie gesin en ek hoop Netstar gee vir julle beter diens.

Blommie ·

Ek dink Tracker moet verantwoordelikheid aanvaar, en begin deur die R850+R9400, horlosie, beursie, bril, selfoon, en GPS te vervang. Hulle kan nou niks doen aan die emosionele skade nie, daarvoor is dit nou te laat.

MM ·

Tracker is die grootste gemors ons hele groep het ‘n kontrak by hulle met ‘n hele paar duidend voertuie. Die diens is pateties verby. Netstar is baaaaaie beter as hulle.
Ek neem nie een van julle kwalik as julle kanselleer nie.

Ek hoop die Verster familie dagvaar hulle, want trauma berading is al wat hulle gaan kry en dit gaan seker nog by ‘n staats instelling wees.

Ek het nou ‘n verslag aangevra van ‘n voertuig van ons wat ‘n tracker in het en hulle het die verkeerde registrasie nommer op die internet. Ons het dringend die verslag gesoek en die call centre se antwoord aan ons was dat dit omtrent 30 min of meer gaan neem om die verslag te kry, en my vraag aan die persoon was …. . . . . . . .” en as ek jou nou geskakel het en gese het hulle is besig om my te hijack so dit ook 30 min geneem het om die verslag te kry”
Sy kon my nie antwoord nie. Ek het hulle bestuurder geskakel en hy het my dadelik gehelp.

Die verskoning dat hulle iemand ” op die job vang” is die klient se problem hy of sy moet leer om die broekies bo te hou!

Elmien ·

Eerstens wil ek se my gebede is met julle. Dis is on aanvaarbaar hoe Tracker dit gehanteer het. Ek is nie iemand wat glo mens dagvaar ander nie maar in die geval dink ek so. Waarvoor betaal mens as dit die houding is. In elk geval maak as dit nou was dat hy by n jol was betaal hulle hul fooie. Die menss wat dan nou die stelsel misbruik se fooie moet dan maar op gestoot word. Maar ek dink nog dat hul verantwoordelik was om uit te gaan. Sterkte aan hierdie gesin en ook aan die wat in dieselfde position was.

Deon Botha ·

My eie ondervindinge al met die bogenoemde klomp gehad. Hulle sien my nie al gee hulle hulle dienste verniet weg.

Beatrice ·

Ek was by Tracker vir ‘n 2 jr kontrak. Toe ek van versekering verander en moes die ou Unit uithaal het ek uitgevind my Tracker was nooit aktief in die 2 jr wat ek betaal het nie. Natuurlik het ek die volle bedrag terrug gekry maar dit was nie die issue nie.

Ek was onder die indruk met 2 klein babas dat ek ‘n bietjie “veiligheid” het.

Mense maak seker dat julle Tracker werk en nie net aanvaar dat dit so is nie.

Gideon ·

My vriend het ook Tracker sisteem en het 2 weke gelede ook ‘n probleem ondervind. Sy vrou het die motor geneem en vir ‘n week net verdwyn. Hy bel Tracker om te vra waar is die motor. Hulle bel sy vrou want haar nr is ook op die terugbel en sê haar man wil weet waar loop sy rond, en hulle bel die vriend van my terug en sê- ” jy wil op jou vrou spioeneer”. Hy weet nou nog nie waar sy vrou was nie.

Karien Bekker ·

Gaan oor na BANDIT, baie beter as Tracker!!!
Tracker kan jou lewe kos!!!!!

Johan ·

As Chris iets moes oorkom sou die “jammer “van tracker hom seker ook weer in die lewe gebring het. S A regering julle moet wakker word!!!

Martin Venter ·

Ek stem 100% saam dat kliente hul kontrakte kanselleer. Ek myself gaan dit ook doen. My vraag is wat gaan Tracker doen in die toekoms, indien so iets weer gebeur. Ek dink dit is hoogtyd dat Tracker hul beleid aanpas. Ek sidder om te dink dat so iets met een van my geliefdes moet gebeur. Die magteloosheid wat die dame deur moes gegaan het gedurende daardie twee ure is ondenkbaar. Tracker dis tyd om jul sokkies op te trek. My slimfoon is beter gevorderd om iemand op te spoor.

Maryna ·

Dog ek toets gou my tracker nou-werk WRAGGIES nie!! Ek kanselleer nou dadelik!

H BOTES ·

NET NADAT ONS ONS TRACKER GEKANSELEER HET IS ONS GEKAAP REGVOOR ONS HUIS, ONS VERMOED DAT DAAR MENSE BY TRACKER WERK EN DIE KAPERS INLIG SODRA IEMAND KANSELEER, EN DAN GEE HULLE JOU INLIGTING UIT.

Koala ·

Dis vreesluke aantygings daardie. Nou ondersoek en kyk of dit hulle is wat die inligting uit gee

Willem du TOit ·

Ernstige ‘aantyging’, maar dit laat my nogal wonder. En, waarom is dit so maklik om dir Tracker device te ‘jam’ en op te spoor? In my geval was die device binne minute verwyder en langs die pad gelos…

Ronell Wilken ·

Het nou net myne gekanseleer. Betaal nie vir oordeelsfoute van ander nie. Sorry is net nie goed genoeg nie.

pop ·

Bull Bars op jou voertuig. En as hulle jou weg versper, ry hulle om. Sit in rat en trap die petrol. Hulle gaan beslis nie bly staan nie.

Theresa ·

Soms is jammer net eenvoudig te min. Dagvaar Tracker sommer vir pyn en lyding ook.
Sterkte Mnr Verster – wat ‘n aaklige ondervinding.

rene ·

Ek het 104 maatskappy voertuige en 45 privaat voertuie met TRACKER as dit dit geval is,
kanseleer ek dit onmiddelik, ek dink dit is tyd daqt die saak ook op media uitgelig word.
Tracker se deure sal vinniger toemaak as wat hulle oopgemaak het, hulle verkies jy word doodgemaak, verkrag, ens alvorens hulle aksie neem.
Dit is die einde van my kontrakte met hulle

Willem van der Gryp ·

Toe ek my Tracker panic knoppie drk om dit te toets gebeur niks. Ek bel hulle toe om dit te rapporteur, net om te hoor dat dit nie regtig ‘n “Panic” knoppie is nie. Jy gebruik dit net as jou motor onklaar raak, dan sal hulle jou pad bystand agentskap laat weet dat jy probleme het, en waar jy is.

Harry Du Randt ·

So gaan Tracker nog baie bloed op hulle hande kry.
Ek gaan nou uitvind wanneer my kontrak met hulle verval Sal iets ander probeer want duidelik gee hulle nie om nie.
Net flou verskonings. Seker weer iemand wat haar man soek. Hoe gaan julle weet dit is nood ? Vat maar eerde n kans met mens se lewe. As dit vals is laat die mense betaal, dan kry julle mos geld. Dit is seker al waaroor dit vir julle dan gaan.
Hierdie is SA, is die kans grooter dat iemand se lewe daarvan afhang. Julle moet julle mense oplei, anders gaan mense begin dink julle is deel van al die goed.

Net my opinie

Genis ·

Dit is goed om te weet wat Tracker se beleid is wanneer daar lewens op die spel is.

Abigail Davis ·

Tracker het grys areas ivm optrede! Hoe moet personeel gaan op gevoel as daar nie duidelike riglyne is nie. Ek dink alle sake moet as nood beskou word en dat die klient bewus gemaak moet word dat sou dit ‘n geval wees van “skelmpies uitvang” dat hulle n “fine” sal ontvang of dat Tracker hulle nie meer sal diens nie.

Personeel word te vinning blameer as die reels nie duidelik is nie.

Franje van Spanje ·

Shame… is dit nou regtig nodig om Tracker so te verwens oor een vertraagde operateur?

antoinette ·

Ja dit is erg! En dit is een te veel!!! Dit is n man se lewe!!En de hel met skelmpie!!Die man en vrou kan dit later onder mekaar uitsorteer as dit wel die situasie was!..Hulle werk (Tracker) is om die voertuig op te spoor en damm vinnig ook!

Griki ·

JA – een lewe geneem deur kriminele (agv hulle beleid wat absolute “rubbish” is) is een te veel. Wat sou jy gedoen het het as dit een van jou geliefdes was?

MM ·

Nee dis nie net een vertraagde operateur nie! Dit is hoe hulle werk!!
Een van die meisie wat saam met my werk het presies dieselfde ondervinding 5 maande terug gehad.
Haar verloof se voertuig het ‘n tracker ingehad en was in vir herstelwerk by ‘n man met wie hy al baie jare besigheid mee doen. Hy het verdwyn met die voertuig en sy vrou het hulle geskakel en gese hy het die voertuig gaan toets en hy het nog glad nie terug gekom nie.
Sy was bang dat hy gehijack was. Hulle het 3 dae gesukkel met TRACKER om dit te aktiveer, want hulle moes eers Polisie toe gaan om dit as gesteel aan te meld en dan kan hulle dit eers aktiveer.
Hulle het na week die voertuig gekry, maar die ergste is die vriend wat aan die voertuig gewerk het, het dit gesteel en sy verloofde wat so aanhoudend geskakel het en bekommerd was oor haar verloofde wat net verdwyn het met die voertuig was in met die hele komplot.

As TRACKER hulle werk gedoen het was die man dadelik gevang. Daar is niks van die voertuig oor meer nie so hulle het hul voertuig verloor agv TRACKER!!!!!!

Delta Mike ·

Net nog n bietjie advies, bly weg van Tracker, Netstar, C-Track, Mixtelematics(Matrix). Hulle is te groot en jy is net n nommer by hulle, n bron van wins. By al die maatskappye waar ek ingeroep word vir beveiliging is die eerste ding wat ek doen om ontslae te raak van bogenoemde maatskappye se “tracking units” Ek gebruik verskeie kleiner diens verskaffers wat n baie beter diens bied as die grotes. Ek doen gereeld toetse met maatskappy motors wat van die bogenoemde groot verskaffers se toerusting in het en glo my dit is nie die tipe maatskappy wat ek wil he in geval van nood nie.

Paul ·

Vertel wat vandag met my gebeur het ek het aflewering geneem van nuwe voertuig Tracker ge kontak gevra ek wil Tracker oorplaas na nuwe voertuig op foon gewees van tien oor twaalf tot kwart voor een net om te hoor hulle kan dit eers op 16 Nov doen ek se toe vir persoon wat gebeur as hulle die voertuig intussen steel deel my toe mee “we must just pray that it does not happen ” uiteindelik oortuig dit gaan nie werk nie hulle darem oortuig hulle gaan dit darem nou vandag 5 uur kom doen wag nog darem nog 1 minuut om te gaan as ek berig vroeèr gelees het was ek ook nou by and er maatskappy

Charmaine ·

Discovery insure se dq track uitstekend! Selfs as ons n pothole slaan bel hulle my en vra is als ok.

frik ·

Baie mense versteen in sulke gevalle hulle kan bly wees dit was nie ek nie ek sou net gaan le het na links en die petrol diep ingetrap het ek gaan eers in skok na die tyd het dit al uit ondervindings wat ek gehad het agtergekom

Ina ·

Regtig Tracker. SWAK. Is iemand wat hom-/haarself in ongemaklike situasies bevind, belangriker as iemand wat se lewe in gevaar is? Ek sou dink julle moet op ALLE versoeke vir opsporing reageer – ongeag wat dit is. Betaal mens nie ten duurste vir jul diens nie? As iemand ‘n Tracker in het, en hy/sy bevind hul in “ongemaklike” situasies, moet hulle die gevolge dra. Miskien moet julle dit in die ooreenkoms met jul kliente inskryf. Dan weet hulle hulle sal opgespoor kan word – ongeag die situasie. Regtig ‘n lamlendige rede, en ‘n lewe meer werd as ‘n voertuig.

Ben ·

Die operateur was natuurlik goedkoop arbeid
Sluit aan by jou eie mense en gee aan hulle werk want daar word teen ons gediskrimineer

Johann ·

En 99% van die “kommin”-taar gaan oor Tracker en hoe swak hulle diens nie? Wat van “In ‘n beskaafde land gebeur sulke “hi-jackings” nie!!” Maar daaroor sê niemand ‘n woord nie??? Swak diens is nie aanvaarbaar nie……..maar hi-jackings is?? Dis ‘n skande….

B ·

Dis juis waar jy die punt mis Johann..In die land..waar daar wel hi-jackings gebeur..betaal ons vir ñ maatskapy wat kwansys adverteer en “streef daarna” om jou voertuig en insittendes te beskerm/veilig terug te kry.EN HULLE DOEN NIE WAARVOOR HULLE BETAAL WORD NIE!

SNEL ·

Johann, wat help dit om oor hi-jackings te praat, dit gebeur elke dag e selfs inbrake en moord, maar die punt is as die stelsels wat ons as gewone mense instel om ons te beveilig nie werk nie en ons lewens nog verder in gevaar is as gevolg daarvan , is dit rede om dit bo alles uit te skreeu en jou mede burgers te waarsku. Wat hier gebeur het was erg en dit kon nog slegter gewees het. Prys die Here hy lewe nog, maar dis skokkend dat n diens waarvoor mens betaal so opgetree het. Ek sal sê, of iemand rondloop of wat, maak nie saak, Tracker is daar om n voertuig op te spoor en dis wat hulle moet doen met geen uirsonderings. As jy oor die draad wil spring met n Tracker of Netstar aan jou alie, moet jy weet jou kuiertjies gaan kortgeknip word. Tracker moet n diens lewer en nie net staan en sakke laai met geld nie. Wat hier gebeur het is absoluut onaanvaarbaar, as mens geskiet is is daar geen tweede kans om n fout reg te maak nie en jammer en n paar sente wat hulle in n hand stop being nie n lewe terug nie. Tracker het EEN kans om met n oproep op te tree en n lewe te red, as iets gebeur en die persoon sterf, moet mens weet alles moontlik was gedoen, maar hier het hulle net mooi niks gedoen om te help nie.

Jorrie ·

As Chris vermoor was, sou Tracker seker ook die begrafnis betaal het, ek is klaar , nog een minder klient vir Tracker

Deon ·

Dit wys net wat Tracker se Etiese waardes is as hulle voel buite egtelike verhoudings moet nie ontbloot word nie.

Pasop egter om nie Netstar te veel op te hemel nie. As ek nie toevallig my belasting ritstate moes trek nie, het hulle nie eers geweet dat my Netstar device al 3
maande nie meer werk nie… Bygesê, vat dit as ‘n les om gereeld jou toestel te toets.

Lin ·

As Dit die geval is met Tracker kanselleer Ons dadelik!!! ONS het ons besigheids ‘fleet’ OOK by HULLE. Die vrou het herhaaldelik OOR eñ oor gebel , Hoekom het Tracker Nie hul personeel ordentlik opgelei NIE ? WAT sou Hulle GESE het as Chris vermoor was ? Tracker het ons nie JULLE vertrou OM ons lewens TE beskerm nie? Of tree julle DAN net op indien die voertuig KLAAR gesteel is met iemand vermoor ??? Nee jammer dis nie Waarvoor ons julle maatskappy gekies het nie ? Ek Gaan ons Fleet skuif NA mense wat weet wat aangaan, mense wat OPGELEIDE mense aanstel .En DIT lyk my as Berna 4x gebel het, was Daar sekerlik nie net 1 operateur waarmee SY gepraat het nie? Wat is Aan haar 4x gese nadat Sy gesmeek het Om hulp ? Eñ julle Tracker Kom uit met stories oor skelmpies en ‘n saaknr ? GLO my Berna het GEWEET HAAR man is in die moeilikheid,SY is JARE met HOM getroud , sy Sal Weet !!! Totsiens Tracker , o Ja EK was ook ingelig oor my kamstige ‘panic’ knoppie.Ekt Hom gereeld getoets,en het ook gehoor by EEN van julle operateurs dat dit nie ‘n panieknoppie is nie . Waarvoor word Dit DAN eintlik gebruik? Ek Gaan ook in my PROFIEL in , om ons trokke Te monitor . Nie MEER nie , EKT my besluit KLAAR gemaak. Dalk moet julle ook die advertensie op T.V onttrek wat wys dat jy gemoedsrus met TRACKER Sal he. Dis duidelik dat dit nou ‘n valse boodskap uitstuur. Met MEER as 50 kontrakte op ons fleet, Sal ons ook iemand anders soek…..

Daleen ·

‘n Paar jaar gelede het ek ook in ‘n noodtoestand verkeer. My man het Tracker gebel om my te gaan help en hulle het toe ook een of ander reël opgedis waarvolgens hulle nie kon help nie. Gelukkig het ‘n polisievoertuig toevallig by die toneel opgedaag en my gered.

Alida Woityczka ·

Ek het ook ‘n slegte ervaring met Trecker gehad. Hulle telesales afdeling het my vir maande getreiter op die foon waar hulle my soms tot 5 keer op ‘n dag gebel het, in my oor asemgehaal het en dan afgelui het. Trecker self was van geen hulp by die oplossing van die saak nie en het my net verwys na ‘n eksterne bemarkingsfirma. Die probleem is nou opgelos, maar nie asgevolg van enige hulp van die kant van Trecker af nie.

Streicher ·

Beslis moet daar opgetree word teen die operateur, hy het geweet hy kon n senior gekry het om die besluit te neem. Ek persoonlik weet van 4 afsonderlike gevalle waar eggenote Tracker skakel om te probeer uitvind waar hulle mans is, omrede hulle vermoed het dat die rondloop. Sou Tracker daai sein opspoor in so n geval, sal hulle, hulle vasloop in n stewige siviele eis. En om daai helikopter vir n uur of hoe lank dit ookal vat om hom op te spoor,in die lug te hou, kos duisende. Hulle sukses syfer is baie hoog. Om te kanseller oor twee of drie gevalle, is om jou neus af te sny om jou gesig te spite.

Rooijan ·

Nee wat stem nie saam nie dit is duidelik nie een of twee gevalle nie maar n tendens. En hulle kan n klousule in hul kontrak sit ter beskerming teen beide die onkoste van n onnodige uitroep sowel as n siviele eis. Sekuriteits maatskappeie (weliswaar nie almal maar meeste) het in n gemaksone verval dit gaan oor die wins nie die diens nie kort en klaar.

LeRoy Paterson ·

So… Tracker is meer besorgd om nie hul kliente by skelmpies te betrap as om na hul veiligheid om te sien nie… Discovery kan maar my voertuie se trackers kom uithaal dankie. Hierdie terugvoer van Canning werk nie vir my nie.

Monica ·

Skaam Afrikaner, Kom by – Catch a wake up……. ons lewe in Afrika. Tracker, en die hele ander lot is vinnig om ‘n mens se geld elke maand te vat, maar as jy om hulp vra wat jou REG is dan word jy geweier. Solank jy betaal is dit jou reg om gehelp te word en hulle mag jou nie weier nie, hulle word immers betaal om hul werk te doen, maar weereens, een slapgat wat nie eens kan dink om iets aan die saak te probeer doen nie. Ek het die afgelope 4 jaar nie meer tracker nie, ek mors nie my geld nie, want hulle kry in elk geval nooit jou voertuig nie, altyd ‘n verskoning van dis onder ‘n brug of kelder parkering waar hulle dit nie kan op tel nie. Daardie arme man was hulpeloos en sy lewe het van Tracker af gehang. So skaam afrikaner moet asb tog net so ‘n draadsitterjie wees nie….. dis deur mense soos jy wat ons nooit sal kan saam staan as een nie.

MJ ·

Wat se snert is dit?! Tracker is meer besorgd oor ‘n person wat ontrou is aan sy eggenoot as oor ‘n onskuldige mens se lewe! Dis uiters skokkend! Ek sou ook gekanselleer het as ek by hulle was. Ek is tans by Cartrack en het in die afgelope 4 maande 3 keer ‘n kennisgewing-sms ontvang wat bevestig dat hulle my toestel getoets het en dat dit werk. Hulle is ook baie goedkoper as Tracker en het ‘n 94% suksesvolle opsporing syfer. Ek gaan sommer nou uitvind wat is hulle beleid en vir hulle ‘n epos stuur waarin ek hulle magtig om onmiddelik aan my man en/of ouers bevestig waar my motor is indien hulle Cartrack sou bel.

Meisiekind ·

ek stel voor omdat tracker geweier het om die sein te gee aan sy vrou dat hul die R10000,00 aan die verster’s moet gee want dit kon verhoed gewees het as hul hul samewerking gegee het ek ag dit net regverdig en wat sou tracker gedoen of gese het as mnr verster dood aangetref was seker net skouers op getrek het en net mooi niks gedoen hen nie die so onregverdig. ek sal nie na die strorie vir my n tracker in sit nie want hulle gee duidelik nie om of jy in lewensgevaar verkeer nie wat nog te se as jy dood is

neelsie ·

Koebaai Tracker!!
24 uur vir vermiste persoon, !! hoe oningelig die polisie is. Ons is MOEG vir die slap houding van die staat.
Die geluide van n belastingboikot klink al hoe meer aanvaarbaar- boewe word befonds met ons belastinggeld. So, ons betaal vir ons eie ondergang! Hoe dom kan mens nou eintlik wees?
Dis tyd vir aksie.
Sterkte aan die gesin, dankbaar jy het nog n kans.

Andre Roos ·

Ek kanseleer dadelik al my tracker kontrakte.
So kan n mens nie werk nie..

Mel ·

Ons het ook tracker in my kind se kar gesit,moet sê TRACKER is patetsies, ek het al 4 keer gevra dat hulle moet kom kyk hoekom sy hijack knoppie nou en dan probleme gee, en wel…. geen reaksie al vir 2 maande nie, ek dink nie die bg geval is die enigste een nie, sodra ek hierdie eenheid klaar betaal het gaan ons verseker terug Netstar toe geen probleme ooit met hulle gehaad nie

Jan ·

Ag Irene, lees tog eers jou kommentaar deur vir tikfoute, sodat ‘n mens kan verstaan wat jy wou sê!

pietie ·

wie kyk agter jou in die lewe? ……. net jou ma en jou pa. ons het net mekaar suid afrikaners, en ek het gesien ons kan agter mekaar kyk. sluit aan by jou buurtwag, as jy hul bel met ‘n probleem gaan hul jou bystaan asof jy familie is. ons het buurtwag, en dis hoendervleis as jy sien hoeveel mense daag op as ‘n oproep vir nood inkom. dorpe wat buurtwag het sien dit werk, misdaad is minimum regtig.

Vicki ·

Wel wat help dit n mens om tracker in jou kar te he? Ek sal se liewer die persoon net skaam maak as hy/sy wel besig is met n skelmpie as wat jy later n dooie mens kry. Skaam julle tracker dat julle nie die vrou se helps kreed gehoor het nie. As mens gewoond is jou man of vrou bel jou sekere tyd en die persoon antwoord “ek het n problem” dan is dit n problem en die ander persoon weet mos dan. Nee wat ek sal nie tracker gebruik nie, en so ook sal ek seker maak my familie weet hiervan en om hulle ook nie te gebruik nie. Want as dit is wat hulle doen en sien om eerder jou skelmgeid stil te hou as wat n lewe vir hulle iets beteken wil ek beslis nie een van hulle kliente wees nie. Eks bly die man is darem nie dood gemaak nie. Sterkte vir hom en sy familie.

Petro ·

Kyk ne ek wil nou nie tracker se kant kies nie maar verstaan hul punt ook jy kry dalk n lewens gevaarlike situasie soos die en dan kry jy N MAL VROU SOOS WAT HUL SE WAT HAAR MAN WIL OPSPOOR WAT SIT EN DRINK mense is koekoes so verstaan ook maar hul punt aan die anderkant.Ek dink tracker moet ook n ding inbring wat as dit n vals alarm was charge hul dubbel prys vir dit,

Se maar net! ·

Lewe die oom nog?Vra maar net!Se eerder Dankie hy lewe nog want daar is boere daarbuite wat vermoor word so hys net n slagoffer van misdaad nie n statistiek nie Mense moet bietjie agter daai fone gaan sit en die nare werk doen wat daai mense doen dan sal hul verstaan waaroor dit gaan ook en ja tracker moes gereageer het toe daar vir hul gevra is maar het hul geweet daar was n geweer teen die oom se kop!

Sarie ·

Hierdie is alles net’n money making scam . Hoekom ek so sê – dit begin by die assuransie mense -“Jou kar moet ‘n tracking device hê anders sal ons nie uitbetaal nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid as jy nie ‘n tracking sisteem in jou kar het nie en ons sal dus ook nie uitbetaal nie”. Metdie gevolge is – jy sit een in want anders gaan jy nooit jou kar terug kry of vergoed word vir die voertuig wat jy elke maand met n swaar paaiement met ‘n karige salaris betaal nie. Bo dit – is die assuransie paaiement asook die opsporings maatksappy se maandelikse premie. Die staat weetook maar hoe lekker om geld te maak uit die arme belasting betales. Wens ons kon ‘n staat gehad het wat hulle burgers se belange op die hart gedra het en omgesien het na hulle, maar hier is dit eerder hoeveel kan huille voor melk. Ander lande soos bv Israel se mense sorg so vir hulle mense. As jou kar gesteel word, en dit word oor die grens geneem, dan sal die mense wat jou kar gesteel het vra vir ‘n “Ransom” om dit terug ter kry. Die assuransie sê uitdruklik hulle sal eerder virjou geld gee om ‘n nuwe kar te koop omrede hulle onderhandel nie met kriminele nie. Wat sê dit vir jou?

Se eerder niks ·

tracker is pateties, dit het met ons ook oorgekom. Hul personeel is glad nie opgelei nie, en as hulle hul geld aftrek, en maak self ‘n fout. Lys hul jou op die kredietburo.

Hulle het 101 stories hoekom hul nie intree nie.

Ek dink dit is een van die swakste “tracking: organisasies wat daar is.

EMK ·

Ek stem saam met Willie Els heelwat boontoe. C-track Secure is tops! Hulle regaeer onmiddellik en verder as jou voertuig net beweeg weet jy.

Dora ·

Eis AL jou Tracker-premies terug meneer! Ek weet dit gaan nie nou help na alles nie, maar hulle het nie gelewer waarvoor jy betaal het nie. Shame on you, Tracker!!!!

Ian Jonker ·

‘n mens kan sommer op jou selfoon ‘n app aflaai wat jou instaatstel om self te kyk wat aangaan.
Dan kan jy ook ‘n klein toestel koop teen so R 1000 wat jou instaatstel om self op jou foon, tablet, rekenaar, te gebruik en te kyk waar is voertuig. Jy kan selfs die toestel skakel sonder dat dit lui en luister wat aangaan. daar is ook selfs ‘n sos knoppie daarop en as jy dit druk skakel sms dit die vooraf ingeprogrameerde nommer en se dat jy die sos geaktiveer het. Baie goedkoper en jy kan sommer jouself kyk waar is voertuig en hoef nie te waag vir een of ander “operateur” nie. Google gerus net die woord electromannsa en jy sal van die eenhede daar sien. Daar is ‘n jaarlikse fooi van iets soos R 200 of se tersprake. Ek het een en gooi dit in my rugsak as ek met motorfiets ry of sommer net iewers in die voertuig as ek met my kar ry. My vrou kan enige tyd sien waar die voertuig beweeg. Ek het dit een tyd ook in my kinders se scooters se bagasie trommel gesit en dit het steeds gewerk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.