‘Jy gaan Hollywood toe’ hoor SA sanger op ‘American Idol’

Stefan Benz tydens sy oudisie op ‘American Idol’. (Foto: American Idol)

Die Suid-Afrikaans-gebore sanger, Stefan Bezuidenhout (nou bekend as Stefan Benz), is een van ʼn handjievol belowende sangers wat deurgedring het na die eerste rondte van die 21ste seisoen van die gewilde sangkompetisiereeks, American Idol.

Dié 16-jarige het sy begin op die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste (Sacopa) se verhoog gehad, en ook asems weggeslaan met sy destydse optredes by Classics is Groot waar hy as negejarige die verhoog met die room van Afrikaanse sangers soos Corlea Botha en Ruhan du Toit gedeel het.

Hy het in 2020 Centurion vir Kalifornië verruil om sy droom van ʼn internasionale sangloopbaan na te jaag, en hy het onlangs ook sy eie musiek begin uitreik.

Deesdae skuur hy skouers met bekendes soos Justin Bieber. (Foto: Stefan Benz/Facebook)

Die jong sanger het die American Idols-beoordelaarspaneel, wat uit die sangers Lionel Richie, Katy Perry en Luke Bryan bestaan, met sy weergawe van Brian McKnight se lied “One Last Cry” betower en vir homself die sogenaamde “golden ticket” na American Idol se Hollywood-week verseker.

“Is hierdie nou ‘Wêreld Idol’ want dit lyk my hulle [sangers] kom nou uit alle uithoeke van die wêreld,” het Perry tergend vir Benz tydens sy oudisie gesê.

Die “Teenage Dream”-sanger het selfs vir Benz nageboots en in Afrikaans gesê “Jy gaan Hollywood toe”.

Tussen 50 en 60 deelnemers van regoor die VSA dring jaarliks deur na American Idol se Hollywood-week, waar die koring van die kaf geskei word om te sien wie uiteindelik weekliks regstreeks op dié program sal deelneem.

Benz het aan ABC7 News gesê dat hy niks kan verklap oor sy reis op dié program tot dusver nie, maar erken dat die oudisie senutergend was en dat hy reeds vriende op die program gemaak het.

Bykomende bronne: ABC7 News, Facebook.

Kyk die video waar Katy Perry Afrikaans praat hier:

@imstefanbenz

Never thought I’d be teaching @katyperry and @lukebryan Afrikaans. ???????? Crazy!! can’t wait to show em what I can do ???? @americanidol #americanidol #idolonabc #21yearsofidol #katyperry #lukebryan #lionelrichie #ryanseacrest

♬ original sound – Stefan Benz

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wielspore ·

Baie geluk, nog ‘n talentvolle Suid Afrikaner van internasionale gehalte, sterke en leef jou drome uit.

George ·

Hy moes toe hy afrikaans praat, gese het dis die taal van die 44 mense

Fran ·

net jammer hy gaan nie naastenby soveel publisiteit hier kry omdat hy wit is nie. Onthou nog hoe die plaaslike media flou geval het toe die Rustenburgse swart koor oorsee gesing het. Hoop vir hom hy maak naam oorsee.

Amelia ·

Nie waar nie. Hier word tog ‘n groot ophef gemaak oor Charlize Theron en prinses Charlene van Monaco

Vonny ·

Sterkte jy!!
Hou afrikaans hoog.

Jy gaan dit maak.
Hou jou dop!!!

Love American idol.

Sa Idol sy alie gesien. LOL!!
En ons almal weet hoekom……..

Louise ·

Hoop hy gaan ‘n afrikaanse nommertjie doen, dit sal darem cool wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.