Jy gaan jou sak moet skud vir duurder elektrisiteit

(Foto: Maroela Media)

Mense wat regstreeks elektrisiteit by Eskom koop, sal van Maandag af 12,74% meer moet betaal.

Eskom stel die prysverhoging vanaf 1 April 2024 in werking wat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) verlede jaar goedgekeur het. Dié goedgekeurde tariewe geld vir die periode 1 April 2024 tot 31 Maart 2025.

Nersa moes die tariewe weer goedkeur as deel van Eskom se aansoek vir kleinhandeltariewe en strukturele tariefaanpassings vir die 2024-’25-tariefjaar. Eskom doen hiervolgens aansoek vir elkeen van sy onderskeie kategorieë vir tariewe.

Die tarief vir munisipaliteite, wat vanaf 1 Julie geld, styg met 12,72%. Dit is die tarief waarteen munisipaliteite krag van Eskom moet aankoop vir verspreiding aan hul munisipale kliënte.

Vir sekere stedelike en nywerheidskliënte van Eskom is daar ook ʼn 25,64%-verhoging in ʼn bykomende tarief wat hulle betaal. Dit word as subsidies aangewend vir armer huishoudings wat minder vir elektrisiteit betaal.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.