‘K-woord-kaptein’ ontken skuld

Argieffoto

ʼn Polisiekaptein wat daarvan beskuldig word dat hy swart polisiebeamptes mishandel deur die K-woord te gebruik het Woensdag in die Pretoria-landdroshof onskuldig gepleit op ʼn aanklag van crimen injuria.

Kapt. James Henrico, verbonde aan die Pretoria-Sentraal-polisiestasie, word daarvan beskuldig dat hy van so ver terug as 2016 rasgelaaide opmerkings teenoor sy kollegas maak en hulle verbaal teister.

Die verhoor sal na verwagting oor twee dae plaasvind.

Henrico sal glo ses getuies na die getuiebank roep, terwyl die staat aangedui het dat hulle vier getuies sal roep.

Die saak duur vandag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Rêrig!! ·

Hulle hou nou aan witmense voor die hof daag oor ‘n woord!!
Daar is so baie meer sake van moord, korrupsie ens wat eerder voor die hof hoort.
Ons verstaan nie almal al die swart tale nie, maar ek is seker hulle gebruik ook rasistiese uitlatings en daar kom niks van net omdat meeste wittes nie die taal wat gebruik word verstaan nie.

Dom ·

Ag dis bull. Dit is nou weer n nuwe guur… Nou huil hulle wolf. Fooitog

Willie ·

Ai dis so ongevraagd… Klink vir my soos meer soos suur druiwe…

Grassie ·

‘n Man wat genoeg verstand het om die rang van kaptein te verwerf sal beslis nie so dom wees om “ander” polisiemanne te “teister” met die k-woord nie. Miskien is hy maar net streng en nou wil hulle van hom ontslae raak.

Renate Barnard ·

James Henrico is verseker NIE die “K-woord Kaptein” nie.

Ek hoop die media neem kennis dat Kaptein Henrico nog nie skuldig bevind is aan enige misdryf nie.

Die BEWERING word gemaak dat hy die k-woord sou gebruik het – daardie bewering moet getoets word alvorens hy gebrandmerk kan word as die “k-woord kaptein.

James Henrico is ‘n uitstekende polisie offisier. Dit is hartseer dat hy so in die media beswadder word.

Johan ·

As jy in Suid-Afrika is en jy is ongelukkig oor iemand wat aandring dat jy jou werk moet doen… dan gebruik jy die rassekaart en kry maters wat saam jok. Dit werk ELKE keer!

Johan ·

Daar is blykbaar ook in die Swart tale skeldwoorde vir die Wit mense. Kan iemand wat swart tale verstaan, dit bevestig? As dit so is, sal hierdie woorde as rassisme kan deurgaan ????

Irene ·

Erg maar hulle kan se kill the boer of maak alle witmense dood wie doen iets

Liz ·

‘n Kolonel. in die Polisie noem die blankes “wit honde” en dit is deur kollegas bevestig, maar dit is nie rassisties nie

Stuiwer ·

Hoe kan jy iemand mishandel deur dit wat jy sê? Interessant…..

Hertzog ·

As ‘n word so baie krag oor jou hou sê dit nogal baie .

Jolla ·

Ek peroonlik dink die “K” woord moet vir almal (alle rasse) geban word. Die probleem is dat, as hulle “mekaar” so noem is dit geen probleem nie, maar as iemand anders dit gebruik is dit rassisme. Die woord moet verban word vir ieder en elkeen……maak nie saak watter ras of kleur!

Koos de Meyer. ·

Dis so siek. Elke dag kom hulle met nuwe snert uit. Pleks dat hulle hulle werk doen. Wat is makliker as daar meer as een is om te sê die k woord is gebruik. Belaglik en mors in elke geval die land se geld en tyd in die howe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.