‘K-woord-man’ sielkundig geëvalueer

‘n Skermskoot van die gewraakte video.

Die man wat pres. Cyril Ramaphosa die k-woord in ʼn Facebook-video toegesnou het, moet sielkundige evaluering ondergaan.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, wat die ondersoek by die polisie in Phoenix in Durban oorgeneem het kort nadat Kessie Nair op 19 September in hegtenis geneem is, het Dinsdagmiddag gesê Nair het vanoggend vlugtig in die Verulam-gesinshof voorgekom.

Mulaudzi het gesê Nair word aangehou in afwagting op sy borgtogaansoek.

Die Durbanse sakeman, wat vroeër ʼn stadsraadslid van die Minority Front en daarna van die IVP was, het voorheen ses jaar tronkstraf vir bedrog uitgedien.

Nair se broer Krishnan het Maandag tydens die staat se aansoek om Nair vir psigiatriese evaluering te stuur, getuig sy broer het psigiatriese behandeling ontvang terwyl hy tronkstraf uitgedien het.

Landdros Ncumisa Gcolotela het Dinsdag gelas Nair moet in Pietermaritzburg sielkundig geëvalueer word, het EWN berig.

Nair staan tereg op ses aanklagte van crimen injuria en twee van die aanhitsing van openbare geweld.

Dit het gekom nadat hy ʼn video op Facebook geplaas het waarin hy Ramaphosa verskeie kere beledig het. Maroela Media het vroeër berig Nair sê in die video onder meer dat hy ʼn beroep doen “vir daai (k-woord)-staatspresident mnr. Cyril Ramaphosa, ja, ek bedoel, daai (k-woord)-staatspresident Cyril Ramaphosa om aangekla te word omdat hy dié nasie bedrieg, omdat hy die nasie verdruk en hoogverraad pleeg … omdat hy misluk het en die bron is van alle misdaad, geweld, swak gesondheidsorg, armoede wat bestaan in hierdie sogenaamde ware demokrasie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Iemand beledig die staatspresident en word vir sielkundige evaluering gestuur… Waar het ek al daarvan gelees, was dit miskien iets wat Aleksandr Solzhenitsyn oor die destydse Sowjet Unie geskryf het? Gegewe hoe beroerd dinge vandag in die land gaan is dit heeltemal moontlik dat iemand anders dalk nog dieselfde van die staatspresident sal sê terwyl daardie persoon koel en berekend en ten volle by hul positiewe is.

Alhoewel ek wel ter besigtiging van Nair se video gewonder het of die ou dalk sy kluts kwyt is.

Marius ·

Seker as dit een van ons was het ons nie daai opsie gehad en hulle al ons huise gebrand.

Piet ·

Is jy nie dalk die ou wat grondwerke doen nie? Jy weet natuurlik ons het nog nie Kessie se beste gehoor nie, dit spaar hy dalk vir kersfees wanneer hy steeds op verlof is by die polsmoos vakansie chalets.

apie ·

Ek gee nie om as iemand my slegse of vloek nie, miskien omdat ek dit nie self doen nie, kom ek nie juis sulke mense tee nie en dalk omdat ek dit nie persoonlik opneem nie

Jaco Olckers ·

Wat van die man wat se. ” ek se nie ons gaan wit mense dood maak nie, nie nou al nie”. En dan moet ons saam n nasie bou.

Nel ·

Ek dink nie ‘n geharde tronkvoël gee juis veel om oor wat hy van wie sê nie – dit maak hom in elk geval nie ‘n ‘nut case’ nie.

Ore ·

Nee kyk,ons moed dit toegee.Indiers verstaan hoe mekaar uit die moeilikheid te kry en te hou.Verwys ook na agbare Shaik,’n man wat op sterwe is,word huistoe gestuur om waardig te sterf en siedaar,hy leef! Hier is weereens ‘n kulkuns toertjie uitgehaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.