Kaal man jaag in werkswinkel vas

Die ongelukstoneel in Otto Volekweg in Pinetown, KwaZulu-Natal Foto: Netcare911

Die ongelukstoneel in Otto Volekweg in Pinetown, KwaZulu-Natal Foto: Netcare911

ʼn Kaal man het Maandag met sy motor in ʼn werkswinkel in Pinetown in KwaZulu-Natal vasgejaag.

“Nie een van die werktuigkundiges by die motorhawe in Otto Volekweg is beseer toe die man se motor in ʼn swaargewigdomkrag en ʼn ander voertuig vasgejaag het nie,” het Chris Botha woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Die kaal man is ook nie in die ongeluk beseer nie. Die polisie het hom weggeneem.

Die polisie in KwaZulu-Natal kon nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Babs ·

Moes baie kwaad gewees het vir die werkswinkel. To gooi hy sy tools uit die kar.

PR Mackay ·

Dis wat reparasie werk aan jou motor maar deesdae kos ,eers die klere aan jou lyf , hy’t seker teruggekom omdat alles aan sy motor nog nie reg was nie ,dan’ vra hulle n arm en n been .

Grassie ·

Was hy alleen in die motor? Wat kan nou ‘n man se aandag so aftrek dat hy sommer sy kar stamp. Wonder maar net.

moegoe ·

Hy ly seker aan kaalbas sindroom,die hot flushes laat jou snaakse dinge doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.