Kaal man jaag meisies op strand

Argieffoto

Argieffoto

Twee tienermeisies wat aan die Suidkus van KwaZulu-Natal vakansie hou is Donderdag deur ʼn kaal man op ʼn strand gejaag.

Volgens die polisie het die meisies op Umtentweni-strand by Port Shepstone gestap toe ʼn man verby hulle geloop het. Die man het toe glo omgedraai en sy klere uitgetrek. Die meisies het begin hardloop en die man het hulle agternagesit.

Die meisies kon daarin slaag om van die man af weg te kom en het die voorval onmiddellik by die polisie aangemeld. ʼn Saak van onsedelike ontbloting is aanhangig gemaak. Adjudant-offisiere Marc Wiid en Rommel da Rosa van die Port Shepstone-polisie is onmiddellik met ʼn snuffelhond, genaamd Bear, na die strand om na die verdagte te soek.

ʼn 32-jarige man, wat voldoen aan die meisies se beskrywing, is in die bosse langs die strand gevind en in hegtenis geneem. Dit is nog nie duidelik wanneer hy in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Tant Sussa ·

Kan mens nou nie eers meer op die strand loop sonder om deur ‘n orige kaal man bekruip te word nie?

Johann ·

Nee Ant Sus, van wat ek verstaan was hy nie hande viervoet nie.

PAPPABEER ·

Skrikmaak? Maak jy dit nou af as stoutigheid? Weet jy hoe groot so knaap sal skrik as ek my nr 11 skoen in sy agterent op skop?

Yster ·

Dis n geval van : ek wys jou myne dan wys jy my joune. Maar toe hardloop joune weg en myne bly alleen agter.

Hannes ·

Hahahaha, dis so warm hulle moet die man maar vergewe vir die klere uit trek en net vervolg omdat hy doe meisies gejaag het!

meisie ·

Dit is nie n grap nie. Daardie meisies verdien dit nie en kon iets oorgekom het in n land soos S A.

Carel ·

Die berig kon anders gewees het. ” Twee meisies wreed verkrag” wat sou almal dan sê? Sal interesant wees om te weet of dit swart of wit meisies was.

Chris ·

Ja die mense moet oppas op die strande deesdae. Die plaaslike owerhede het voëlverskrikkers aangestel.

GES ·

Ek dink nie hierdie was ʼn grap nie. Die meisies kan dankbaar wees hulle het weggekom. Die feit dat hy hulle agterna gesit het, is ʼn besliste teken van onheil. Ons kon baie moontlik gelees het van ʼn verkragting en ʼn moord. Dank die Here niks het gebeur nie.

Oom Gert ·

Die kommentaar van lesers is goed vir die gemoed. Die saak kon egter baie anders verloop het.

Pietser ·

Wat van al die kaal meisies op die strand. Waar is geslagsgelykheid nou?

A.Willemse ·

Hy kan bly wees hy’t hulle nie gevang nie, twee meisies wat van aksie weghol oorskakel na selfbehoud kan ‘n man sonder beskermende drag liederlik seermaak as hulle hom bykom.

Pietser ·

Daar is niks soos ‘n bietjie boeresports op ‘n Natalse strand nie.

Albert Marais ·

Carel ek het my eie idee wie dit kon wees en ek glo nie dis verkeerd nie. Blanke mans word by die naam en kleur genoem!!

Cacophony ·

Voëlverskrilker? Ja maar dan moet sy nekkie maar afgedraai word of hoe. Vermoed dit was maar eerder geval van ‘n klein wurmpie wat wou kop uitsteek.

Grotman ·

Ja waarom praat die nuwe SA koerante nou net van man, vrou of meisies? Kom nou, noem n pen n pen en help ons om julle berig beter te verstaan. Okay ek verstaan! Dis die ras ding ne? Dis oK, ons lees so binne die lyne.

sarie van heerden ·

Iemand het pret gehad en dit was sekerlik die man wat agterna vir die niksvermoedende meisies gelag het. Hierdie was nie ‘n verkragter nie. Hy het net gewys wat hy het.

Justice ·

Wens die polisie kan almal wat so in die straat staan en urineer ook beboet aangesien dit in dieselfde katogorie val. Dit walg my!

Kaallie ·

Hardloop hy na jou toe is hy ‘n kaalnaeller en weg van jou ‘n kaalholler . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.