Kaal man op snelweg doodgery

Die motor wat die man getref het. Foto: Crisis Medical

Die motor wat die man getref het. Foto: Crisis Medical

ʼn Man, vermoedelik in sy laat twintigs, is Donderdag op ʼn besige snelweg in Durban doodgery toe hy glo kaal op die snelweg gehardloop het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het Vrydag aan Maroela Media gesê die voorval het op die N2-suid in die Asherville-omgewing plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is die man se liggaam in die pad aangetref. Hy het ʼn noodlottige kopbesering opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Van Reenen gesê.

Volgens ooggetuies het die man glo kaal op die snelweg gehardloop toe ʼn motor hom getref het. Die omstandighede rondom die man se dood is onduidelik en word deur die polisie ondersoek.

Die motor het erge skade opgedoen, maar die bestuurder is nie beseer nie.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoer, het aan Maroela Media gesê die Sydenham-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die man se identiteit is nog nie bekend nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

m ·

Liewe hel , nou het ek ook alles gehoor. het die ou se kop so bietjie geraas om kaal op die hoofweg te hardloop of wat?

Gesiggie ·

Ag nee regtig? hoekom sou hy nou so iets wou doen? het iemand hom nie dalk aangeval? of het hy nie dalk iets gedoen wat hy nie moes? om sonder klere te wees” dit n baie snaakse voorval? jammer om meskien wreed te klink, maar ek dink die bestuurder van die voertuig wat hom getref het… het homself seker dood geskrik… hy kon ook nie betyds uitswaai.. jammer dat so iets moes gebeur… maar iewers is iets fout?

Hettie ·

Ja stem saam Gessie. Dalk aangeval of iets! Sterkte aan sy familie! Sterkte ook vir bestuurder!

Leon ·

Nouja….MOET iemand in hegtenis geneem word??
Het die kaal ou nie dalk voor die motor ingehardloop nie en voetgangers is onwettig op snelweë!!!

Jan maak n plan ·

Die ou het seker probeer om te oefen vir n krysing tussen n ou Griekse olimpiese spele en die Comrades marathon.

jc ·

Ja en toe word die kaal persoon deur ‘n motor getik omdat hy getik was met tik!

Maggie van Zyl ·

Niemand ken die omstandighede nie…. Daar is altyd ‘n storie agter die storie..

Charlotte ·

My seun vra nou is dit blank of nie blank……..hoe sal mens nou weet???

Net ek ·

Dit maak saak. Dalk kan dit toe geskryf word aan rituele wat sekere kultuur groepe doen. Niks teen enige ras nie. Hy moes dalk ʼn lantern naak bekruip toe sien hy die voertuig ligte .

Bertie ·

Ai die berig; kop besering? Strafbare manslag, genade hy het voor die voertuig ingehol. Nou moet die staat seker ook ‘n “suit” aankoop om hom in te begrawe.

Johann ·

Ek hoop nie hierdie ongeluk ontaard in ‘n “opstoot” soos die een waar die grypdief geskiet is. Jy verdedig jouself en staar regstappe in die gesig, of iemand hardloop voor jou in en jy bots met die gereg. Wat mag bestuurders deesdae doen in noodgevalle? Jouself op die toneel doodskiet om regstappe te vermy? Ek vra maar net…

Anoniem ·

Net gister was daar ‘n artikel oor ‘n man wat gehijack was en hul hom gedwing het om geld te trek en sy klere uit te trek om hom te verkleineer. Sy vrou het hom ook naak gevind later toe sy hom gaan soek het. Wie weet kon dalk met die ou ook gebeur het?

KarenG ·

Hy was nie kaal nie. Die rowers het hom sy klere laat aantrek.

Leeukuil ·

Die kaalnaeler was seker op pad na die nudiste strand naby San Lameer ten suide van Margate.

Veritas ·

Hy was seker maar moeg vir die lewe en het besluit om vir oulaas te spog met sy atonomie of hy was ‘n belastingbetaler wat wou wys dat die regering hom kaal uitgetrek het.

Rooiman ·

Ja nee, die snelweg is nie die beste plek om uit te hang nie, ne?

Sputnik ·

Rooiman, van al die “junk kommentaar” hier bo is joune die beste. Dit span die kroon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.