Kaal man op strand het polisie op hol

Argieffoto

’n 24-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo kaalbas langs die strand in Humewood in Gqeberha gehardloop het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man het na bewering met ’n blou Volkswagen Polo, wat aan sy ma behoort, in ’n heining van ’n munisipale gebou by die strand vasgery.

“Hy het toe kaal uitgetrek en in die rigting van aankomende verkeer op die M4 begin hardloop totdat ’n polisievoertuig hom in sy spore gestuit het,” sê Naidu.

“Die man het eers begin weghardloop toe hy die polisievoertuig gesien het. Met die hulp van die gemeenskap is die 24-jarige man aangekeer.”

Die man is na die polisiestasie geneem en is van roekelose en nalatige bestuur aangekla.

“Daar word beweer dat die man onder die invloed van verdowingsmiddels was en hy is daarna vir waarneming in die hospitaal opgeneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JohanR ·

Miskien was dit Jacob Zuma wat uit die hospitaal ontsnap het!

piet ·

Hoekom het hy sy klere uitgetrek, om vinniger te hardloop? LOL

Jsgroen ·

Verskil tussen ‘n kaalholler en kaalnaeler? Hang af van watter kant jy hom sien.

melaney ·

Toe hy die polisie gewaar het hy seker gedink dit is cele toe hol hy. Hy moet ook van nalatige kleredrag aangekla word.

Toy ·

Mense doen snaakse goed, verdowingsmiddels doen hom nie goed nie, ek dink hy skaam vir hom in ‘n ander bloedgroep in as hy hoor wat hy aangevang het.

miavos ·

Arme mens. Ek kry hom bitter jammer. En ek kry sy ouers net so jammer. Jammer maak niks reg nie, maar tog – tye is bitter moeilik vir veral jongmense. Slag my maar af – dit sal op dowe ore val.

Sandra ·

Wel ek hoop dat sy kaalbas tenminste die moeite werd was om te sien vir die wat in die verkeer was

LD ·

Verdowingsmiddels het vreeslike uitwerkings op party mense! Dis eintlik skreeu snaaks : ) shame hy sak sy kop in skaamte as hy hoor wat hy aangevang het!

Nella ·

Van voor sien jy hom nael (hardloop) en van agter af sien jy hom hol (ook hardloop)

Johanna ·

Oooepsie. Miskien het hy gedink hy gaan skinny dip in díé groot dam.
Sien!!!! Drugs het hom laat jeuk toe raak hy ontslae van sy klere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.