Kaap-brande: Een dood ná helikopter noodlanding doen

Helikopters van Working on Fire help vroeër die week die brande blus. Foto: WoF/Twitter

Helikopters van Working on Fire help vroeër die week die brande blus. Foto: WoF/Twitter

Working on Fire (WoF) het bevestig dat een van sy helikopters wat gehelp het om seker te maak die brande in Kaapstad is onder beheer, ʼn noodlanding by Kaappunt moes maak.

WoF het op Twitter gesê ʼn helikopterambulans is na die toneel ontbied. Halo Aviation, wat mediese nooddienste verskaf, het bevestig dat een persoon in die ongeluk dood is. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense in die helikopter was nie.

Die reusebrand wat verlede Sondag in Muizenberg uitgebreek het, was teen Vrydag onder beheer. Brandbestryders is egter oor die naweek ingespan om seker te maak die brand vlam nie weer op nie. Die brand het in die week na Ou Kaapse Weg, Chapmanspiek, Houtbaai en Tokai versprei.

Teen Woensdag moes sowat 500 mense hul huise ontruim en ʼn brandbestryder het brandwonde opgedoen. Altesaam 52 verswakte bejaardes van die Noordhoek-aftreeoord moes vir rookinaseming behandel word. Meer as 2 000 mense het gehelp om die brand te bestry. Ongeveer 2 miljoen liter water is met 2 000 waterbomme oor die brand gestort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.