Kaap kry nog goeie waternuus

Die Theewaterskloofdam was Dinsdag reeds 56,1% vol, vergeleke met ’n maand gelede se 44,3%, toe dié foto geneem is. Foto: Tony Georgiou via Reënval in SA, Facebook

Die Stad Kaapstad sê die damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week met nog sowat 6% gestyg.

Dis ʼn “bemoedigende” toename van verlede week se sowat 70% tot 74%, oftewel amper driekwart vol.

Intussen het Kapenaars ook effens meer water as die week vantevore gebruik: 511 miljoen liter per dag vergeleke met die vorige week se 505 miljoen liter.

Die stadsraad maan inwoners om in die komende droë maande steeds water spaarsaam te gebruik terwyl die munisipaliteit die watersituasie monitor, sê Jean-Marie de Waal, woordvoerder van Stad Kaapstad.

Danksy Kapenaars se volgehoue pogings om hul waterverbruik in te perk en die verblydende verbetering in die damvlakke, word die waterbeperkings op 1 Oktober van vlak 6 na vlak 5 verlig.

Die stadsraad waarsku dié verslapping kan hersien word as inwoners nie aanhou water bespaar nie en sê die oogmerk bly steeds totale waterverbruik van 500 miljoen liter per dag.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Louise ·

En wat van die water tarief gaan dit ook darem vermin der? Moet mos nou tarief betaal op water wat amper 40 jaar terug aan gele is.

Pampoenspook ·

En wat doen die Stad Kaapstad om die Kaapse waterkrisis aan te spreek? Dit is nou benewens belaglike waterbesparingsteikens te stel en blykbaar te hoop dit reën elke winter genoeg om die damme vol te kry. Alle voorspellings dui daarop dat die Kaap in die toekoms droogtegeteisterd sal bly. Waterbeperkings en hoop op reën is nie blywende oplossings nie! Maar die Domakratiese Alliansie hou hul eerder besig met kleinlike politieke binnegevegte as om na die langtermyn waterbehoeftes van die Kaapse metropool om te sien.

Skyn ·

Die Wes-Kaap bevolking groei.
Wanneer word daar dam gebou/vergroot?
Selfde geld ook vir res van RSA.

The Wise One ·

Hulle moet meer kleiner dammetjies bou. Hulle word vinniger vol – Aldus ‘n vorige stadsraadslid van Queenstown.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.