Kaap kry R550 miljoen vir droogtehulp

Die waterdraer onder die Kaapse Vlakte is een van drie in die Kaapse Metropool wat aangevul sal word met geldelike hulp van die nasionale regering. Foto: Wikipedia

Die Stad Kaapstad gaan droogtehulp van meer as R550 miljoen van die nasionale regering ontvang.

Die burgemeester, Patricia de Lille, het Maandag gesê die munisipaliteit sal hul dank in ʼn brief aan die nasionale regering betuig.

Kaapstad het aansoek om droogtehulp gedoen en sal die geld gebruik om die Kaapse Vlakte-, Atlantis- en Tafelberggroep-waterdraer aan te vul ingevolge die bepalings van toelae vir munisipale rampherstel. Nadat die bystand in Oktober geproklameer is, sal dit weergegee word in die afdeling vir informele nedersettings, afval en waterdienste se begroting om bestee te word ingevolge die projek se leweringsplan.

De Lille sê Kapenaars het die uitwerking van klimaatsverandering aan hul lyf ervaar met drie jaar van uiters lae reënval. “As stad het ons almal saamgespan om dié moeilike tyd te oorleef. Die afgelope winter het ons goeie reën gekry, maar noudat ons die somer nader, moet ons gedurig ons nuwe verhouding met water in gedagte hou en dit steeds so spaarsamig moontlik gebruik.”

Dié goeie reën, wat nog nie verby is nie, het meegehelp om die Kaapse damvlakke tot bo die driekwartmerk te laat styg. Volgens die stadsraad se jongste syfers staan dit nou op 75,9%, wat 2,5% meer is as ʼn week gelede.

Kapenaars se waterverbruik het egter terselfdertyd met 1,8% toegeneem van 511 miljoen tot 520 miljoen L per dag.

Die waterbeperkings is Maandag van vlak 6b na vlak 5 verslap danksy die bemoedigende herstel in die damvlakke en Kapenaars se bewaringspogings, sê die stadsraad.

Hulle sê in ʼn mediaverklaring die nasionale regering doen gewoonlik in Desember ʼn aankondiging oor die moontlikheid om beperkings te verslap, maar die munisipaliteit meen dis te lank om tot dan op sodanige aankondiging te wag omdat verbruikers dan soveel langer die hoogs moontlike watertarief sal moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willem ·

Jip, die damme is nou amper vol, so is dit reg dat die geld aangewend word vir die informele nedersettings. Seker. Dit laat my dink aan NMB munisipaliteit waar die nuwe burgemeester die betalers se maandelikse geld vir dienste gelewer, aan die informele nedersettings wou bestee. Maar in dié geval het die regering die geld bewillig ná die droogte gebreek is. Ek sou ook die geld aanwend om infrastruktuur te herstel/op te knap en instandhouding te doen en om die druk wat met die verhoogde tariewe op die verbruikers geplaas is te verlig.

Kennis ·

Die Kaapse Vlakte-waterdraer het niks met informele nedersettings te doen nie; dis ‘n “akwifeer” onder daai deel van die Skiereiland.

jaco ·

eers se n ANC-raadslid van iewers uit die binneland so 2 jaar gelede die droogte is die Here se straf op die Wes-Kaapse kiesers omdat hulle meestal DA stem, en nou gee dieselfde ANC-regering droogtehulpgeld vir die DA-beheerde Wes-Kaap. Iets maak nie sin nie.

Paul ·

Ons wat “kan” betaal is tot oor ons ore aangeslaan vir water, maar die geld word spandeer op informele nedersettings en die Kaapse vlakte. Wanneer word ons ook gesien as normale belastingbetalers en nie melkkoeie nie

Bernie ·

Vra vir die DA partyleier, die provinsie se leier en die Kaap se burgemeester.

Staak saam ·

Paul, daai skoon stad met alles wat werk kom teen n prys, betaal sal julle betaal vir skoon strate.
Jy is net die DA se oop beursie, jy betaal vir die stem wat hulle op die vlaktes koop.

Toe Nou ·

Waar in die berig word melding gemaak van informele nedersettings? Die waterdraers is toevallig onder Atlantis en die Kaapse Vlakte.

Ellisras ·

Droogtehulp vir Boere. Dit is ‘n skande dat alle droogtehulp SUID gaan. Noem die plekke in Limpopo op. Droogtehulp kom nooit NOORD nie. Hier is plekke waar ons al die derde jaar van droogte het. Hoe meer jy vra en smeek, hoe meer gaan voer Suid.

Staak saam ·

Hoeveel van die geld gaan na die boere toe wat weer weiding moet vestig, wingerde en boorde herstel?
Seker niks, iemand gaan weer geld maak hier want die droogte is mos gebreek.

Willem ·

Genade, hulle het nie eens geld om boere te beveilig nie, wat nog te sê die res van die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.